Drie mans wat betrek word by ʼn transitorooftog in Klerksdorp in Noordwes het Maandag vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn, waar die saak teen hulle uitgestel is.
Alles vir die sleutelwoord "transitorooftog"
Skote klap toe polisie ‘rowers’ agternasit
Twee mense het in die spervuur beland, ʼn veiligheidsbeampte en ʼn vrou wat slegs ʼn omstander op die toneel was.
Talle vuurwapens by ‘transitorowers’ gevind
“Daar is vasgestel een van die verdagtes het glo in 2014 uit die Palm Ridge-landdroshof ontsnap nadat hy skuldig bevind is aan moord, gewapende roof met verswarende omstandighede en verkragting.”
10 rowers maak spore met kontant
Die polisie sê ʼn 72-uur-plan is in werking gestel nadat die mans Saterdag met ʼn onbekende bedrag kontant weggekom het.
Transitorooftogte: 230 verdagtes agter tralies, talle rooftogte gestuit
Meer as 230 vermeende transitorowers het sedert Junie vanjaar agter tralies beland en talle beplande transitorooftogte is deur wetstoepassers gestuit voordat dit uitgevoer kon word, maar die minister van polisie sê dié stryd is nog nie gewonne nie.
Polisie trek groep vermeende transitorowers vas
Die polisie het beslag gelê op ses vuurwapens en vier luukse voertuie.
Drie wagte onder tien in hof vir transitorooftog
Die Valke het ook gesê dat drie van dié wat in hegtenis geneem is, die drie veiligheidswagte is wat tydens die transitorooftog glo van hul vuurwapens beroof is.
Nog vyf vas ná vrou tydens transitorooftog sterf
“Die voertuig is deursoek en ʼn fopkompartement is daarin gevind waarin ʼn onbevestigde bedrag kontant was. Daar is ook beslag gelê op twee AK47-aanvalsgewere, nog ʼn vuurwapen, magasyne en patrone.”
Vrou sterf toe rowers op geldwa toeslaan
Die rowers het vanuit ʼn bakkie op die transitovoertuig geskiet en dit só tot stilstand gedwing.
Drie motoriste tydens transitorooftog geskiet
Volgens die polisie was die motoriste net toevallig naby die transitovoertuig toe die rowers toegeslaan het.
Rower wat dreig om geldwa én wagte aan die brand te steek hoor sy lot
“Hulle het skote afgevuur op die voertuig totdat dit tot stilstand gekom het en toe petrol oor die voertuig uitgegooi en gedreig om dit af te brand.”
‘ANC-transitorower’ hoor oor borgtog
Landdros John Baloyi het verlede week die staat se saak as swak bestempel nadat hulle volgens hom nie daarin kon slaag om te bewys dat die beskuldigdes wel verantwoordelik was vir dié transitoroof nie.
‘Transitorowers’ met beskadigde kontant in voertuig betrap
Vier verdagtes in ’n transitorooftog is betrap toe hulle nie ’n verduideliking kon gee waarom daar geld in hul voertuig weggesteek is nie.
Hof hoor man is gemartel om skuld te beken
Die vermeende transitorower het aangevoer dat hy met ʼn vuurwapen op sy bors geslaan is en dat sy kop met ʼn plastieksak bedek is op die dag waarop hy in hegtenis geneem is.
4 vas ná polisie transitorooftog fnuik
“Ek moet die dapperheid van ons lede loof wat nie teruggestaan het tydens die skietery nie en daarin kon slaag om die verdagtes in hegtenis te neem voordat hulle met hul plan kon voortgaan.”
Nog ʼn transitorooftog gefnuik
Die geldwa het stompe in die pad gewaar en moes spoed verminder.
R1 000 000 vir inligting oor transitoroof aangebied
Twee van die transitomaatskappy se wagte is doodgeskiet tydens ʼn rooftog in die Oos-Kaap.
Aansienlike afname in transitorooftogte, sê minister
Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het gesê veiligheidsbeamptes plaas daagliks hul lewe in gevaar om die waardevolle vrag wat hulle vervoer te beskerm en “hulle moet geloof word vir hul pogings”.
Rowers vlug sonder geldsakke ná transitorooftog
Vinnige reaksie van beamptes van die polisie se nasionale ingrypingseenheid het daartoe gelei dat die rowers wat Maandagoggend op ʼn transitovoertuig in Kaapstad toegeslaan het, sonder die sakke kontant in die voertuig op die vlug moes slaan.
Video: Skote klap toe transitorowers toeslaan
Daar kan gehoor word hoe ʼn omstander sê: “Daar laai hulle die geld!” voordat die skote klap.