Dié bedrag is dadelik beskikbaar aan Transnet “ter ondersteuning van sy herstelplan, en om sy onmiddellike skuldverpligtinge na te kom”.
Alles deur die skrywer Megan Swart
Minder beurtkrag dié naweek
Vooruitsigte vir minder beurtkrag dié naweek is pas aangekondig.
Parlement vra hof om EFF-aansoek te verwerp
Julius Malema en vyf ander EFF-LP’s wil hê die hof moet die straf wat deur die parlement opgelê is nadat hulle vroeër vanjaar die staatsrede ontwrig het, omkeer.
Hittegolf laat kwik tot rekordhoogtes styg
Dit was in ʼn stadium so warm dat sommige dele van die land by 47 °C gedraai het.
SA gevaarlikste land om te bestuur
Internasionale navorsing oor padongelukke in meer as 50 lande het bevind dat Suid-Afrikaanse paaie die gevaarlikste is – juis omdat soveel motoriste onder die invloed van drank bestuur.
Aartappels eindelik goedkoper; bevrore hoender nou duurder
Die broodnodige voedselitems waarsonder die meeste Suid-Afrikaners nie kan klaarkom nie, was ondanks dalings in ʼn paar voedselpryse, steeds in November effe duurder as tevore.
Dié produkte jaag voedselinflasie
Die prys van aartappels het byvoorbeeld soveel gestyg dat dit verlede maand alleenlik verantwoordelik was vir byna die helfte van die Johannesburgse varsproduktemark se totale inkomste vir die maand.
ANC wil appelleer teen uitspraak oor verkiesingsplakkate
Die appèlhof het onlangs gelas dat die ANC meer as R100 miljoen aan ʼn KwaZulu-Natalse bemarkingsmaatskappy moet betaal vir verkiesingsbaniere wat hy in 2019 laat druk het.
Polisie se ‘tannie Karin’ is jong slagoffers se stem
Kapt. Karin Botha van die Germiston-polisiestasie is die verpersoonliking van die gesegde: “Regte helde dra nie skouermantels nie”.
Eskom ‘mislei’ oor beurtkragskedules
Dit is nie die eerste keer dat gerugte die ronde doen dat beurtkrag op veel hoër fases ingestel word as wat amptelik aangekondig word nie.
Fase 4 geld byna die hele week
Die aankondiging kom te midde van ʼn hittegolf wat tans groot dele van die land raak.
Jong mans moet oplossing vir geslagsgeweld help vorm – Ramaphosa
Vanjaar se 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders- veldtog het begin kort ná ʼn gru-misdaad waarin ʼn jong vrouestudent van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie betrokke was.
ANC moet R100 m. opdok vir 2019-verkiesingsplakkate
In ʼn eenparige besluit deur die Hoogste Hof van Appèl, het regter Trevor Gorven gesê die regerende party se weergawe dat hy geen kontrak met Ezulweni Investments gehad het nie, “heeltemal onhoudbaar” is.
Al minder ouers betaal skoolfonds
Kenners waarsku toenemende finansiële druk op ouers én skole kan ʼn bose kringloop tot gevolg hê. Party skole vind egter kreatiewe oplossings om dié probleem die hoof te bied.
‘Limonadestalletjies dalk?’ Wes-Kaap vies oor toewysing vir staatsamptenare
Die DA is gekant teen die miljard rand se besnoeiings wat die nasionale tesourie aan die Wes-Kaap se begroting wil aanbring, en meen die provinsiale regering sal slegs staatsamptenare se salarisse kan bekostig as hy langs die pad limonadestalletjies oprig om die tekorte aan te vul.
Ramaphosa by MRK verkla oor kinders wat honger ly
Volgens ʼn verslag deur die Nelson Mandela Kinderfonds ly 4,8 miljoen van die land se 20 miljoen kinders daagliks honger.
‘Diepgaande leesbegrip’ nodig vir dié Afrikaans-vraestel
“Matriekleerders se letterkundevraestel is weer gekenmerk deur ʼn ryk en diepgaande leesbegrip wat by kandidate ontwikkel moes word.”
Hittegolf gaan SA’ners nog tot naweek laat sweet
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê hoë temperature sal vir die res van die week voortduur, maar verligting is op pad.
Inflasie styg derde agtereenvolgende maand
Volgens Statistieke Suid-Afrika het inflasie in die geheel met 0,5% tot 5,9% gestyg en dit is veral die hoë prys van items soos eiers wat die syfer aanjaag.
EFF-ontwrigters skuldig aan minagting
“Die betrokke EFF-lede neem nie die staatsrede ernstig op nie en ʼn boodskap moet gestuur word dat dit ʼn konstitusionele noodsaaklikheid is wat met alle erns hanteer moet word.”