Dit is wat ouers en leerders moet weet van die eksamentyd waarin ons, onsself nou bevind.
Vryspraak: Naskoolse opleiding met die oog op ’n selfstandige gemeenskap
Betekenisvolle naskoolse opleiding is dalk die belangrikste bymekaarkompunt van al ons ander inisiatiewe en ondernemings. Dit is ‘n uitdaging waarvoor ons nie durf terugdeins nie, ‘n roeping waarvoor ons nie durf doof wees nie.
#JongStemme: Kuberboelies maak my lam!
Van die kommentaar op sosialemediaplasings oor die nuwe Mej. Suid-Afrika het my aan my oggendkoffie laat verstik, skryf Danielle Kleyn.
Onverdraagsaamheid, die vlymskerp wapen
’n Derde land waar onverdraagsaamheid in sekere kringe botvier, is Suid-Afrika. Aan die uiterstes van die politieke spektrum bekyk die mense mekaar met ongelooflike wantroue, haat en minagting, skryf Leopold Scholtz.
Chili, die Grondwet en die kwessie van gelykheid
In ’n sekere sin word Pinochet (wat reeds in 2006 oorlede is) en sy Grondwet, nou die sondebok gemaak vir alles wat in Chili verkeerd loop, 30 jaar ná sy uittrede as president.
Die Senekal-storie: Van vrese na vrede
Een van Barend la Grange se persoonlike doelwitte is dat Suid-Afrika tien jaar van nou af ’n soveel beter plek moet wees, dat sy kleinkinders dit as ’n opsie moet kan hê om hier te bly. Dit verg net ’n wil. Hy glo elkeen behoort die vraag aan hom of haar te stel: Wat kan ek doen om Suid-Afrika ’n beter plek te maak?
Hou VSA-verkiesingsuitslae só dop
Met byna 100 miljoen Amerikaners wat vanjaar vroeg gestem het deur by hul distrikskantore te gaan stem of om van ’n posstem gebruik te maak, heers daar wel onsekerheid oor hoe vinnig die stemme vanjaar getel sal word.
Kom ons skep ’n taaltweeling
Afrikaans sal oorleef in ʼn veeltalige Suid-Afrika, mits dié van ons wat Afrikaans is, ons ophou skaam vir ʼn kultuurtaal wat oor eeue heen taalprodukte van wêreldgehalte kon lewer. En as ons tog net wil ophou hoop dat iemand anders dit vir ons sal doen!
Vir ’n oomblik is ek tuis
Ek het my op ’n gedenkbankie gaan tuismaak waar vars blomme getuig van die gemis. ’n Heilige sitplek met ’n asemrowende uitsig oor die strand. En so, net voor ek my selfoon aanskakel om gou op e-posse in te haal, merk ek die buitengewone groot deining op die see op – skaars ’n 100 meter voor my. Dit kan net een ding beteken, want dis mos walvistyd!
Ja, Trump is steeds die nie-gunsteling, maar…
Hoe het Donald Trump die Amerikaanse verkiesing in 2016 gewen? Daar het hoofsaaklik vyf dinge gebeur.
Internasionale oorsig: Min rede om vir vrede in Nagorno-Karabach te hoop
Terwyl lewensverlies en skade aan infrastruktuur aan die toeneem is, raak dit steeds al hoe duideliker dat slegs een land, naamlik Rusland, die vermoë het om ten minste ʼn korttermynoplossing vir die geskil te vind.
Tweede inperking: SA se eie goederekultus vergroot versameling van onbesonne rituele
Teen die agtergrond van die ekonomiese verwoesting wat Suid-Afrika in 2020 getref het, word die president se retoriese strategie duidelik, skryf Ernst van Zyl.
Die impak van veldbrande
Die impak van die brande stop dus nie by die plaashek nie en kan die vlak van werkloosheid en armoede in die betrokke gebiede vererger, skryf dr. WA Lombard.
Lesersbrief: Die Gelofte: Mijne broeders en medelandgenoten…
Dit lyk of daar deesdae onder Afrikaners ’n nuwe waardering is vir die Gelofte wat Die Voortrekkers in 1838 voor die slag van Bloedrivier afgelê het, skryf Van Rooy van den Berg.
Podlitiek: Mmusi se brief en mense wat oor rassisme lieg
In dié week se episode van Podlitiek kom Mmusi Maimane se brief aan wit Suid-Afrikaners onder die loep. Die span bespreek ook die saak waar twee polisiebeamptes onlangs gevonnis is vir vals klagte van rassisme en die boemerang-tema van grondonteiening sonder vergoeding tree weer na vore.
ʼn Kern-gewapende Iran: oordrewe gevaar of eksistensiële krisis?
Vrese oor die moontlikheid van ʼn kern-gewapende Iran kring uit.
#JongStemme: Leuens, verdomde leuens en statistieke
In die moderne wêreld waar daar meer data as ooit vantevore is, was dit nog nooit so maklik gewees om ’n situasie te laat lyk soos wat jy wil hê dit moet nie, skryf Frederik Andersen, ’n derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria.
Verbruikersake: Hier kom Swart Vrydag – vir ’n hele maand lank
Swart Vrydag gaan vanjaar heeltemal anders lyk as vorige jare, toe verbruikers mekaar sommer met die vuis bygedam het oor toiletpapier wat teen goeie pryse verkoop is. Maar maak nie saak hoe jy jou inkopies gaan doen nie, lees eers wat Ina Opperman sê oor hoe jy moet voorberei op jou inkopietog.
Vryspraak: Ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag
Dit is die moeite werd om ons erfenis te bewaar – nie deur dit te museumifiseer nie, maar deur dit te léwe. Daarom dat ons instellings soos die FAK nodig het, want alleen kan elkeen eenvoudig nie vermag wat ons saam kan regkry nie. Daarom dat die Vryheidstigting Donderdagaand met dr. Danie Langner gesels oor ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag.
Lesersbrief: Ek is ʼn boeremeisie, en ek kom terug SA toe
My hart bloei vir Suid-Afrika en ek voel skuldig en soos ‘n verraaier omdat ek nie daar is nie, skryf Mari Ferreira.