“Dit is duidelik dat die grensdraad nie onderhou word nie en dat vee dus in aanraking kom met wilde diere, soos buffels wat bekend is as draers van die bek-en-klouseervirus en sodoende ander diere daarmee kan besmet.”
KZN-boere ly groot skade tydens oorstromings
Die oorstromings het groot skade aan infrastruktuur, suikerrietlande, plaasdamme, paaie, brûe, elektrisiteitstoevoer en internetdienste aangerig.
Dié boere is klimaatslim
“Die projek het ten doel om veeprodusente te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke op hul plase implementeer en passievol is oor die bewaring van hul omgewing en hulpbronne.
VL-Jongboer staan sy medemens by
Oop kommunikasiekanale en respek vir mekaar is volgens hom die kernfaktor.
Swartsee-konflik krap graanpryse om
Daar is berigte van kommersiële skepe wat al in die harwar van die oorlog beskadig en gesink is.
Meer as 50 uitbrekings van bek-en-klouseer in SA
Die gevreesde veesiekte het ná ’n onlangse uitbreking tussen Potchefstroom en Ventersdorp na aangrensende plase binne ʼn radius van tien kilometer versprei.
‘Loop lig vir verdagte vee!’
Koop slegs by eienaars met bekende, gesonde diere, verkieslik van verkopers wat ʼn gesondheidsertifikaat van ʼn veearts kan verskaf.
Registrateur kniehalter gewasbedryf
“Ons kan eenvoudig nie meer drie tot vier jaar wag vir ʼn nuwe plaagbeheermiddel om goedgekeur te word nie. Dan het dit maklik reeds sy relevansie verloor of heeltemal verouderd geraak.”
Jongste verslag oor sprinkaanplaag
Die grondspanne gaan voort om in alle gebiede van die drie provinsies beheer toe te pas, aangesien voetgangersprinkane in verskeie stadia, asook vlieënde swerms steeds voorkom.
Organisasie gestig teen bek-en-klouseer
Die besmette beeste word nou onder kwarantyn geplaas, maar dan gee ʼn boer vir alle praktiese doeleindes sy boerdery aan die staat oor.
Verkope in landboumasjiene behou opwaartse koers
Die jaarsyfers vir 2020 en 2021 lyk ook uitstekend. Tussen 2019 en 2020 het trekkerverkope met 9% gestyg, terwyl stroperverkope met 29% toegeneem het.
Landboutoerusting kry eie onlusversekering
Tariewe op hierdie voertuie is voorgestel om met 1 736% te verhoog – van R326,78 tot R6 000,98 vir ’n versekerde bedrag van R2 miljoen.
Paaie lewensare wat samelewing verbind
Benewens die lewensverlies wat die land se swak padinfrastruktuur op die platteland veroorsaak, is die kommersiële verliese enorm. Agri SA het Dinsdag omvattende navorsing oor die verslegtende padnetwerk bekend gemaak.
‘Verspreiding van bek-en-klouseer kan voorkom word’
Met die vorige uitbreking in 2019 het Suid-Afrika sy internasionale status by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid verloor wat ’n swaar slag vir landbou en die veebedryf in besonder was.
Miljarde se landbouprodukte in gedrang weens power paaie
Die reuseverliese wat die swak padnetwerk vir produsente en ander diensverskaffers veroorsaak, maak volhoubare produksie – en dus voedselsekerheid – al hoe moeiliker.
Wes-Kaap maak deurbraak teen sprinkane
Swerms word steeds naby die grense van die omliggende provinsies opgemerk en daar heers kommer dat hulle op pad is om skade in die Oos-Kaap aan te rig.
Bek-en-klouseer in Gauteng: China weier SA wol
Saayman sê hy vermoed wel dat die Chinese hierdie keer bekommerd is oor die skaal van die uitbreking.
Boer met sappigste lamsvleis aangewys
Skaapboere van reg oor Suid-Afrika het elk ‘n lam ingeskryf om aan die Lamb Champs-kompetisie deel te neem, wat deur Saai en Buffelsfontein Brandewyn aangebied is.
VL ontevrede met departementele begroting
“Alle boere is uitgelewer; nie net aan misdadigers nie, maar ook aan die uitbreek van moontlike dieresiektes onder hul kuddes.”
Wes-Kaap wil R1 miljard aan landbou bestee
“Ons maatstaf is nie om slegs beter as die ander provinsies te wees nie, ons wil uitsonderlik wees.”