ʼn Stelsel van kabels en platforms hoog in die berge (sowat 1 000 m bo seespieël) laat jou toe om soos ʼn wafferse arend tussen die kranse te baljaar.
Foto’s: Kaapstadse middestad het eie betowering
As jy mooi luister, sal jy dalk selfs vir Lisa hoor klavier speel.
Grafstene is deel van ons erfenis
ʼn Besoek aan Victoria-Wes se begraafplase en ʼn paar grafte in die omgewing lei jou op die spoor van die dorp se ryke geskiedenis.
Breek weg met die gesin na Waenhuiskrans
Met die ou, unieke vissersdorp Kassiesbaai net langsaan en omring deur ongerepte strande en natuurreservate, is Waenhuiskrans jou antwoord vir ʼn baie spesiale gesinswegbreek.
Sendelingsdrift-grenspos, pont weer heropen
Ná die uitbreking van die Covid-19-pandemie was die grenspos drie jaar lank gesluit. Nou kan besoekers weer met die pont die grens na Namibië oorsteek.
Geskiedkundige terugkeer van olifante na Bellevue-bosreservaat
“Die reservaat se oorspronklike naam is Olifantskop, en olifante het eens op ʼn tyd vrylik deur die groen berge en valleie vol ryk uiteenlopende Albany-ruigtes rondgeloop.”
Kyk rugby saam met oud-Springbok Hennie le Roux op sy wildsplaas
Kom jag, vang vis, lag en kyk rugby saam met oud-Springbok-Wêreldbekerwenner Hennie le Roux op sy wildsplaas.
Sit die ‘bonjour’ in jou Wêreldbeker
Dié 10 Franse frases sal dit makliker maak om met plaaslike inwoners te kommunikeer, aanwysings te vra, kos te bestel en selfs vir die Bokke in Frans te skree!
Rugbywêreldbeker: ʼn Skatkis vol vakansiepret by ATKV-Oorde
Deur ‘n ATKV-Oord as jou rugbywegbreekbestemming te kies, skep jy blywende herinneringe saam met jou geliefdes. Of jy nou trots in jou groen en goud pronk of bloot die opwindende atmosfeer geniet, hierdie oorde beloof om behoorlik gees te vang.
Die Baviaans Camino getuig van God se goedheid
Hoewel daar geen kerke of plekke van aanbidding langs die Baviaanskloof-staproete is nie, is die Baviaans Camino tog ook ʼn soort pelgrimstog vir enigiemand wat dit onderneem.
Die lekker én die sleg: Dít moet jy weet voor jy emigreer
’n Terapeut sê dit is uiters belangrik dat Suid-Afrikaanse emigrante én hul geliefdes hulle emosioneel voorberei op die emosies wat voor én na daardie vlug na elders soms die oorhand kan kry.
Met dapper en stapper deur Darling se strate
Daar is ʼn skatkis opgesluit in dié dorpie aan die Weskus. Kom stap saam deur Darling se strate.
Foto’s: Namakwa-blommeprag ‘soos nog nooit tevore’
“Wat vanjaar veral uitsonderlik maak is dat dit die eerste jaar in ʼn baie lang tyd is wat die hele streek, met ander woorde die hele Richtersveld en die hele Namakwaland, met blomme bedek is.”
Hier’s jou stadiongids vir die Wêreldbeker
Hier is ʼn paar interessante feite oor die nege stadions wat vir die 2023‑Rugbywêreldbekertoernooi ingespan word.
ATKV-oorde – ʼn gunsteling vir gesinsvakansies
Geleë in sommige van die mooiste dele van ons land, en omring deur kulturele juwele, erfenisterreine en ander opwindende toeristeaantreklikhede, vind jy sewe oorde waar gaste verwelkom word met ongeëwenaarde gasvryheid.
Sakelui reis minder, betaal meer
“Eerder as om vlugte in ekonomiese klas of standaard hotelkamers te bespreek, kies sakelui vlugte in besigheidsklas of luukse akkommodasie.”
Wes-Kaapse wegbreek bied Groot Vyf, wyn en jenewer
Wildkyk is een van die groot plesiere wat ons in Afrika kan geniet en as jy boonop in die Kaapprovinsie tussen leeus en jagluiperds ook nog ʼn hele gros olifante en buffels sien, voor jy aan ʼn jenewer teen sononder teug, is die lewe mooi, skryf Maryke Roberts.
Karoo-kultuur in die halfwoestyn: Victoria-Wes
Victoria-Wes is ʼn sjarmante Noord-Kaapse dorpie tussen twee heuwels.
Die Moot is anders
Die realiteit van die honderde stadsliggies tref my elke keer. By een van daardie liggies is daar iemand wat lag. Êrens is daar iemand wat huil. Dood. Siekte. En ek besef: ek is maar nét ʼn liggie in hierdie groot stad. ʼn Liggie uit iemand anders se venster. ʼn Liggie van die Moot. Die goeie ou Moot.
Foto’s: ʼn Landjie vol lekkerte
Wanneer laas het jy in Eswatini gaan kuier? Hierdie koninkryk mag nou wel piepklein wees, maar dié buurland loop oor van avontuur en is verseker een van die sub-kontinent se vriendelikste bestemmings.