Die komitee het gevra dat leefstyloudits van alle raadslede, asook die direkteurs-generaal van staatsbeheerde ondernemings, gedoen word.
Bejaarde in huis op Cathcart vermoor
Die polisie is ontbied en die vrou se lewelose liggaam is in ʼn plas bloed gekry.
Swaar straf vir Vrystaatse plaasmoordenaars
Die egpaar was vasgebind voordat komberse oor hulle gegooi en albei in die kop geskiet is.
Petrolprys styg weer; diesel steeds goedkoper
Die brandstofprys vir Augustus is pas bekend gemaak.
Binga die gorilla veilig ná ontsnapping by Pta-dieretuin
Hy is lid van ʼn groep mannetjies wat deel vorm van die program vir Europese bedreigde spesies by die dieretuin.
SA steeds ‘veilig vir toeriste’
Daar was onlangs ook berigte van toeriste wat vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng agtervolg en beroof is.
Stropers hoor dán oor vonnis
Hulle is skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit, deurdat hulle ʼn ietermagog in hulle besit gehad en daarmee gesmokkel het.
Laaste voorleggings oor partyfinansiering afgehandel
Tlakula het uitgewys dat die wetgewing nie kan bots met die bepalings van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) nie.
DA verwelkom beslissing oor Distrik Ses
ʼn 94-jarige grondeiser is vroeër vanjaar dood sonder dat haar droom, om terug te keer na die huis waar sy grootgeword het, bewaarheid is.
Verslag oor ‘redaksionele inmenging’ by SAUK binnekort bekend
Die ondersoek na beweerde inmenging is gelei deur die afgetrede uitvoerende hoof van die Persraad en veteraanjoernalis Joe Thloloe.
ANC in Wes-Kaap ontbind
ʼn Tussentydse komitee sal aangestel word om die party in die provinsie te vernuwe en weer op te bou, asook die provinsie gereed te maak vir ʼn provinsiale verkiesingskonferensie.
Kommer oor ‘vlugtende polisiemag’ in Jhb-middestad
“Wat ons nié gaan aanvaar nie, is blatante oneerbiedigheid vir ons wette deur enigiemand. Die informele handelaars se klipgooiery en aanvalle op polisielede is ʼn aanval op Suid-Afrikaners in die stad.“Buitelanders is welkom, maar niemand mag die bietjie wat ons het, verwoes nie.”
‘Bekende’ taxibaas van Heidelberg doodgeskiet
Hy het probeer weghardloop, maar die passasier van die Toyota het weer skote op hom afgevuur en hy is noodlottig gewond.
Vakbond wil banke tot stilstand dwing weens afleggings
“Hierdie mense gaan deel vorm van die werkloosheidsyfer wat reeds op 29% staan. Wat gaan hulle doen as hulle werkloos is?”
ANC se voorstelle vir regulering van partybefondsing
Namens die ANC het Febe Potgieter gesê die ANC ontvang meestal klein donasies – honderde duisende daarvan – of skenkings soos lede wat toebroodjies maak of hul petrol bydra as hul motors gebruik word.
Stryd tussen Lichtenburg-leeuboer en NDBV woed voort
ʼn Boer van Lichtenburg in Noordwes hou vol hy sien uitstekend om na sy diere, ten spyte van herhaalde bewerings van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) dat hulle in swak toestande aangehou word.
Boere trek ‘skaapdiewe’ vas ná jaagtog
Die skaapdiewe se motor het tydens die jaagtog aan die brand geslaan nadat die onderstel ingegee het.
‘Politieke partye moet alle skenkings verklaar’
Die eerste dag van voorleggings oor die finansiering van politieke partye het net twee voorleggings ingesluit – ’n mondelinge voorlegging deur die vakbondfederasie Cosatu, en ’n skriftelike voorlegging deur die Inkatha Vryheidsparty (IVP).
Wes-Kaapse Bloeddiens bly Afrikaans
Ongeveer 41,4% van die provinsie se bloedskenkers is Afrikaanssprekend.
Tshwane-werkers beëindig staking
“Die salarisverhoging van 18% wat vir die groep- en afdelingshoofde ingestel is, gaan onmiddellik gekanselleer word.”