“Herstel kan nie gebaseer wees op ’n voortsetting van die ramptoestand, meer belasting, staatsbesteding en staatsinmenging nie.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Partye nié beïndruk met Ramaphosa se ekonomiese plan
Die DA, die VF Plus én die EFF het weinig vertroue in Ramaphosa se ekonomiese herstelplan.
Só lyk Ramaphosa se ekonomiese plan
Pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan verteenwoordig ʼn groot skuif weg van die ANC se diepgesetelde konsep van ʼn ontwikkelingstaat en ʼn staatgesentreerde ekonomie na ʼn baie groter rol vir die private sektor.
Ramaphosa aangeraai om twee regters te skors
Die regterlike dienskommissie (RDK) het pres. Cyril Ramaphosa aangeraai om twee hooggeregshofregters te skors.
Ramaphosa se standpunt oor landelike misdaad verwelkom
“Die handhawing van wet en orde in die land moet geprioritiseer word en daarom word die praktiese stappe wat deur die president in sy nuusbrief vanoggend voorgestel is, verwelkom.”
Ramaphosa moenie Senekal-oproer tot ‘raskwessie’ verhef
“Is die honderde diensleweringproteste, beskadiging en vandalisme van munisipale infrastruktuur en die afbrand van skole dan ook ʼn vorm van rassisme, of is dit net protes?”
Ramaphosa oor Brendin Horner: Sy dood ‘moet almal raak’
Ramaphosa sê diegene wat dink dat plaasaanvalle net ʼn klein gedeelte van die samelewing raak, is verkeerd.
Ramaphosa oor grond: ‘1913-wet se skadelike gevolge steeds te sien’
“Met grondeienaarskap wat steeds net in die hande van ʼn paar mense gekonsentreer is, en die primêre produksie- en waardekettings vir landbou wat hoofsaaklik in wit kommersiële boere se besit is, bly die gevolge van ons verlede vandag nog by ons.”
Ramaphosa sê dié monumente, standbeelde moet skuif
Volgens Ramaphosa is hy daarvan bewus dat die voorstel dat standbeelde en monumente geskuif en hervestig word tot omstredenheid gelei het en dat gesê word daar is ʼn poging om die land se geskiedenis uit te vee.
SA beweeg waarskynlik gou na vlak 1
“Die afsonderingsregulasies moet heeltemal en onmiddellik beëindig word, met die uitsondering van massabyeenkomste in beperkte ruimtes.”
Nedlac kom ooreen oor ekonomiese herstelplan
“Die maatskaplike vennote se aksieplan is gegrond op beduidende ooreenstemming oor wat gedoen moet word om die ekonomie op ’n nuwe, versnelde, inklusiewe en transformerende groeitrajek te plaas.”
ANC-bekentenis oor Zim-vlug plaas verdere druk op Ramaphosa
Ramaphosa word in ʼn hoek gedruk om Mapisa-Nqakula uit haar pos te verwyder.
Asem opgehou oor Zim-vlug se verslag
Die verwagting in politieke kringe is dat Ramaphosa binne die volgende dag of twee sal optree, en dat Mapisa-Nqakula afgedank sal word.
Hoekom het Ramaphosa nog nie opgetree teen De Lille?
“Haar optrede bewys dat sy nie haar amp waardig is nie. Dit is tyd dat sy moet gaan.”
ANC se Zim-vlug: Cyril eis antwoorde binne 48 uur
Talle partye en organisasies eis dat Ramaphosa, as opperbevelvoerder van die weermag, moet verduidelik waarom die ANC-afvaardiging op die vlug was.
Ramaphosa stel vier prioriteite
Ramaphosa meen die regering het die beste moontlike mediese advies gekry tydens die grendelstaat.
BBP-ineenstorting: Ramaphosa moedig nasionale samewerking aan
“Nadat die regering vinnig en beslissend opgetree het om lewens te red en die pandemie onder beheer te bring, is die regering se fokus nou op ekonomiese herstel.”
Die NUK-vergadering en die pad vorentoe
Hierdie was een ronde in ʼn groter politieke geveg of oorlog, skryf prof. André Duvenhage.
Tekortkominge in staatsdiens kry aandag, sê Ramaphosa
ʼn Beroep in die staatsdiens moet gesien word as ʼn loopbaanbestemming vir diegene wat ʼn verskil wil maak in hul land, en nie net as ʼn gemaklike nege-tot-vyf werk of ʼn plek om met minimale inspanning ʼn salaris te verdien nie.
Zuma vaar uit teen Ramaphosa se brief oor korrupsie
Die oudpresident beskuldig Ramaphosa in ’n brief daarvan dat hy geld van “wit monopoliekapitaal” ontvang het.