Die verpleegster wat die voorval op kamera vasgevang het, is ook voorlopig geskors.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Skote klap toe rowers op koeriervoertuig toeslaan
’n Sekuriteitswag wat ʼn passasier in die begeleidingsvoertuig was, is in die proses skrams teen die kop getref.
Man in motor by bank doodgeskiet
Die slagoffer het verskeie skietwonde aan sy bolyf opgedoen.
Foto’s: Bus ploeg in huis in
Die bus het dwarsdeur die grensmuur tot binne-in die voorkant van die huis gery.
Man beseer ná trok rol
In ʼn afsonderlike voorval in KwaZulu-Natal is altesaam vyf mense beseer toe twee voertuie gebots het.
Man ernstig beseer ná bankroof
“ʼn Voertuig het voor die ingang van die bank stilgehou, waarna twee onbekende mans uitgeklim en ʼn man wat in ʼn ry by die bank gestaan het, geskiet het.”
Polisiehond uit en tuis ná skietery
“Ons sal hom nog fyn dophou en as buitepasiënt behandel sodat hy ten volle kan genees.”
Trokdrywer brand erg ná ongeluk
Een van die vragmotors het na die ongeluk aan die brand geslaan.
Branderplankryer (30) sterf in Richardsbaai
Die voorval het Saterdagoggend by Alkantstrand in Richardsbaai in KwaZulu-Natal plaasgevind.
Polisiehond vorder goed na skietery in KZN
Duke is een van drie polisiehonde wat tydens die skietgeveg raakgeskiet is en die enigste een wat oorleef het.
Jong fietsryer sterf ná taxi hom glo tref
Die 26-jarige fietsryer is op die toneel dood verklaar.
Aardskudding het Durbaniete aan die gons
“In die doodse stilte was daar skielik ʼn dreungeluid wat soos ʼn trein in die verte geklink het. My huis het geskud en my plafon het gekraak.”
2 vroue, hond sterf in gru-ongeluk
Die vroue se motor het teen ’n vragmotor wat perde vervoer gebots.
KZN-inwoners glo steeds ‘diamante’ is hul uitkoms
“Ek gaan ʼn kar en ʼn huis koop en my kinders na ʼn privaat skool stuur.”
Drie doodgeskiet ná moord op polisiehoë in KZN
“Die verdagtes het tydens die skietgeveg hul voertuig van die pad af getrek en te voet in ’n suikerrietplantasie ingevlug.”
‘Diamante’ lok talle na KZN
Foto’s en video’s van kristalstene wat lyk soos diamante word op sosiale media versprei. Talle mense stroom intussen na KwaZulu-Natal op soek na skatte.
Mans vas wat hulle as dokters voordoen
Twee mans is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem wat hulle as dokters voorgedoen en vervalste doktersbriewe uitgereik het.
Durban-gyselaarsdrama: Verdagte het ‘pensioengeld’ geëis
“Sy vuurwapen was sigbaar, maar hy het dit nooit gebruik nie. Hy het net mondelinge dreigemente gemaak.”
Polisieman se vrou lank tronk toe vir sy moord
AO Thulani Ngwabe se liggaam is in 2019 op die spoorlyn digby Port Shepstone se strand gevind. Hy het verskeie meswonde opgedoen.
Dogters vlug uit vlammehel
Vier minderjarige dogters, wat alleen by ʼn huis gelaat is, het betyds gevlug ná ʼn brand in die huis uitgebreek het.