Een ekonomiese kwessie wat vandeesweek ʼn groot rol op finansiële markte sal speel, is rentekoersbesluite plaaslik en in Amerika.
Alles vir die sleutelwoord "VSA"
Trump se kanse op herverkiesing raak beter
Baie dinge kan voor November 2020 gebeur. Amerika kan byvoorbeeld nuwe ekonomiese probleme ontwikkel of in ’n rampspoedige oorlog met Iran betrokke raak, maar tans lyk dit asof daar genoeg rede is om te glo dat Trump tot ’n tweede termyn verkies gaan word.
Rand nou uiters kwesbaar vir negatiewe nuus
Die rand is onder druk weens verskeie faktore en die kanse is goed dat die geldeenheid verder ontwrig kan word.
VSA, Rusland beskuldig mekaar ná oorlogskepe byna bots
Die Verenigde State van Amerika (VSA) en Rusland het mekaar Vrydag van onveilige optrede beskuldig nadat twee oorlogskepe van dié twee lande ongeveer 50 m verby mekaar gevaar het in die Oos-Chinese See.
Word aborsie die nuwe vraagstuk van die kultuuroorloë?
Die VSA, wat ʼn fyn balans tussen sy deelstate en sy federale regering handhaaf, is ʼn land met sterk debatte oor morele en etiese vraagstukke, soos aborsie.
Handelsoorloë kan Mexikaanse peso, SA rand pootjie
Trump sal vanaf 10 Junie tariewe op Amerikaanse goedere verhoog totdat dit met 25% in Oktober gestyg het.
Polisie skiet werker wat 12 om die lewe bring
“Dat mense op so manier weggeruk word, is die ergste tragedie.”
Om ’n Huawei te hê of nie
Dis seker wat Shakespeare se Hamlet vandag sou vra indien hy geleef het en ook vasgevang was in die handelsoorlog tussen Amerika en China. Amerika bestempel Huawei as ’n sekuriteitsbedreiging en het sy eie maatskappye onlangs verbied om met Huawei sake te doen.
Ma skenk nier aan brandbestryder wat haar 1-jarige red
“Sy is my engel. Sy het my lewe gered.”
Die politieke turksvy – onwettige immigrasie
As aansoeke vir wettige immigrasie werklik so streng en tydrowend is, waarom word onwettige immigrasie deur die suidelike grens met Meksiko dan so roekeloos gehanteer en toegelaat? Wat is die doel van wettige immigrasie as onwettige immigrasie met ’n soort gelate onverskilligheid deur die vingers gesien word?
’n Les uit Australië vir Trump en ander Westerse leiers
Indien Trump volgende jaar wil wen, moet hy eenvoudig die Amerikaners laat verstaan dat daar ’n ekonomiese risiko bestaan, sou hulle hom uitstem.
Vertellinge van Viëtnam
As jy ooit in Washington in die VSA kom, besoek gerus die Viëtnam-oorlogsgedenkteken. Op ’n reuse-swart marmermuur is daar digby 60 000 name uitgegraveer.
Vliegtuig beland in rivier
ʼn Boeing 737-vliegtuig met 143 mense aan boord het Vrydagaand in ʼn rivier beland nadat dit van ʼn aanloopbaan gegly het.
Nóg twee gesogte pryse vir plaaslike renosterdokumentêr
Die Suid-Afrikaanse dokumentêr STROOP – Journey into the Rhino Horn War, is onlangs as die beste rolprent van die International Wildlife-rolprentfees (IWFF) in die VSA aangewys.
Hoe lyk dinge tussen die Demokrate en sy kiesers?
In die wêreld se mees gevorderde supermoondheid sien ons Amerikaanse politiekery byna as iets om te beny. Die verskil? Terwyl staatskaping in Suid-Afrika die land tot bankrotskap geruïneer het, funksioneer en vaar die VSA heel goed. En juis daarom verstom die Demokratiese Party se geflikflooiery met sosialisme my.
Ouers swaar gestraf oor ‘gruwelhuis’
“Ek kry soms steeds nagmerries oor die dinge wat gebeur het, soos om te sien hoe my broers en susters vasgeketting is en geslaan word.”
Mueller-verslag oor Trump binnekort vrygestel
Die spesiale ondersoeker Robert Mueller het 10 gevalle van moontlike inmenging tydens Amerikaanse pres. Donald Trump se verkiesingsveldtog ondersoek, het prokureur-generaal William Barr Donderdag gesê.
Mick Jagger stel konserttoer uit vir hartoperasie
Die sanger is Sondag gesien waar hy met sy tweejarige seun, Devereaux, sy dogter Georgia May en sy vriendin, Melanie Hamrick, op ʼn strand in Miami uitspan voordat hy eersdaags die operasie moet ondergaan.
Trump-besluit oor Golan-hoogtes ’n fout
Die Trump-administrasie dra met sy besluit oor die Golan-hoogtes eerder by tot groter langtermynkonflik in die Midde-Ooste as om ’n volhoubare vredesoplossing daar te stel.
Demokrate se makabere dans in Trump-skouspel
Hieruit is beslis ’n les te leer: As jy nie jou teenstanders by die stembus kan klop nie, moenie vuilspel gebruik om jou politieke mededinger te uitoorlê nie. Hierdie soort speletjies het al deel geword van die sosiale struktuur van ’n nasie en sal vir altyd met ons wees.