ʼn Tekort aan nuwe rekrute wat in die weermag opgeneem word, het nou gelei tot ʼn verouderde mag, veral by die reserwemag, met ʼn gemiddelde ouderdom van 45 jaar.
Alles vir die sleutelwoord "Weermag"
‘Onttrek ons manne uit DRK’
“Ons primêre verantwoordelikheid is eindelik om ons land se grense te beskerm en die veiligheid van ons mense binne Suid-Afrika te verseker.”
SA soldaat in DRK dood na skietery op helikopter
ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) dood en nog een beseer nadat daar op die Oryx-helikopter waarin hulle gevlieg het, geskiet is.
Vorentoe, op gister se spore van ’n oudsoldaat
As ek nou terugkyk, sien ek Namibië was goed vir my. Ek kon uiteindelik antwoorde kry en vrede maak met dié pragtige land wat ek van 1971 tot die einde van 1979 nét in ʼn weermaguniform en met ʼn geweer in die hand besoek het, soos duisende makkers.
Soldate ondersoek ná video van ‘brandstapel’
In die video kan gesien word hoe ʼn soldaat met ʼn Suid-Afrikaanse vlag op sy mou doodluiters die voorval op sy selfoon staan en afneem.
Ondersoek na brand by weermag-opleidingskollege
Die omvang van die skade moet nog bepaal word nadat ʼn brand Dinsdag by die weermag se opleidingskollege in Thaba Tshwane (Voortrekkerhoogte) uitgebreek het.
SANW-lid sterf in skietery; twee gewond
Die skietery het Vrydagaand in Atteridgeville plaasgevind.
‘Onaanvaarbare werkstoestande’ vir weermaglede
Die weermag se verdedigingshoofkwartier in Erasmusrand, Pretoria, asook die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) in die Pretoriase middestad was reeds aan die begin van die jaar buite werking.
Weermaglid by lugskou-oefening beseer
Die beseerde weermaglid is per helikopter na die Montana-hospitaal geneem vir gespesialiseerde behandeling deur neuroloë.
Verbrande liggaam dalk dié van vermiste in weermagsaak
’n Erg verbrande liggaam sal moontlik nou antwoorde kan verskaf oor die ontvoering van twee mans by Salvokop in Pretoria.
Vyf weermaglede sterf in ongeluk
Vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is die naweek in ʼn ongeluk in Mpumalanga dood.
Weermaggeneraals by moord betrek
Antwoorde word geëis oor waarom twee senior weermaggeneraals nie in hegtenis geneem is nie nadat ’n ooggetuie hulle direk met ʼn moord verbind het.
Omstrede weermag-onderhoudskontrakte met Kuba hersien
Die regering het vantevore reeds onder skoot gekom oor sy besluit om verdedigingskontrakte aan Kubaanse maatskappye toe te ken ten koste van plaaslike verdedigingskontrakteurs.
Weermag slaan vure dood oor Ramaphosa se duur DRK-vlug
Die departement van verdediging het teruggekap ná berigte die afgelope naweek dat hy die Suid-Afrikaanse Lugdiens sowat R2,6 miljoen betaal het om ʼn Boeing vir pres. Cyril Ramaphosa se vlug na die DRK te huur.
Foto’s: Nog ʼn reusekonvooi vat pad na Pretoria
Die troepedraers ry van De Brug in Bloemfontein na die weermagbasis op Wallmansthall nadat dit die afgelope paar maande omvattende instandhoudingswerk ondergaan het.
SANW werp lig op gerugte van ontplooiing
ʼn Interne kennisgewing van die weermag voer aan dat die situasie in die land geleidelik versleg en dat soldate gereed moet wees “in afwagting op ontplooiing”.
Opgeknapte voertuie sal glo weermag se paraatheid versterk
Altesaam 60 Mamba-pantservoertuie het Vrydag van die militêre basis De Brug in Bloemfontein na Pretoria vertrek.
Amerikaanse soldate nié hier om ministers te beskerm
Foto’s van ʼn vliegtuig van die Amerikaanse lugmag wat in Bloemfontein geland het, het gerugte laat ontstaan oor die doel van Amerikaanse soldate in Suid-Afrika.
Oorskot van gevalle soldaat op Waterkloof ontvang
Stafsersant Johan Andries van Rooyen (51) is Saterdag in ’n hospitaal in Pemba, Mosambiek, oorlede.
SA soldaat sterf in Mosambiek
Stafsersant Johan Andries van Rooyen (51) was as deel van Operasie Vikela in Mosambiek ontplooi en was lid van die 2 Veldgenieregiment in Kroonstad.