MultiChoice het bekend gemaak dat hy nie meer enige inhoud sal uitsaai waarin die sanger Steve Hofmeyr verskyn nie. Dit sluit enige argiefmateriaal van die sanger in.
Politieke partye begin hul Wes-Kaapse veldtogte afsluit
Die verrassing van vanjaar se Wes-Kaapse verkiesing kan moontlik die ACDP wees. Die party het sy profiel en sy poging heelwat verskerp vergeleke met vorige veldtogte, veral na ’n reeks sterk vertonings in tussenverkiesings vanjaar.
Verkiesing op mespunt, toon IRV-peiling
Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) se jongste meningspeiling toon die verkiesing is op ’n mespunt nasionaal, in Gauteng en in die Wes-Kaap.
Skote klap in Boksburg
ʼn Skietery het vanoggend tydens twee verskillende misdaadvoorvalle in Boksburg ontstaan.
Niemand nog vas ná aanval op Vrystaatse boer
Volgens die buurman wat op Roux afgekom het, was daar baie bloed op die toneel en was dit duidelik dat hy baie seergekry het.
Nóg 5 vas ná Brits-betoging weer opvlam
Nadat die situasie in die gebied aanvanklik vroeg vanoggend onder bedwang was, het geweld intussen weer opgevlam.
Hof moet bepaal of ou landsvlag ‘verontmenslik’
Die Menseregtekommissie het aangevoer AfriForum en die FAK het die verkeerde benadering in die saak gevolg en dat dit nie slegs oor vryheid van spraak gaan nie.
Franse vrou in Bo-Kaap met mes gesteek, beroof
“[Dit was] ʼn klein man. Hy het haar iets gevra. Hy het toe ’n mes of iets skerp uitgeruk en haar herhaaldelik in die nek, skouers en bors gesteek.”
Die wêreld in foto’s – 30 April 2019
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Politieke partye pak mekaar op Maroela oor Afrikaans, taalregte
Beide die DA en die VF Plus maak aanspraak daarop dat hulle die politieke party is wat werklik omgee vir Afrikaans en hulself sal beywer vir die beskerming van jou taalregte indien jy vir hulle stem. Maar wie moet jy glo?
Potch-vrou met skoenveters gewurg; man pleeg glo selfmoord
Die paartjie het twee jong kinders. Hulle word in dié stadium glo deur ʼn ouma versorg en was klaarblyklik nie by hulle ouerhuis tydens die voorval nie.
18 beseer in spitstyd-ongeluk
“Verskeie pasiënte het verspreid oor die pad gelê waarna nóg ambulanse noodgedwonge na die toneel ontbied is.”
Ou landsvlag ‘deel van geskiedenis’
“Dit is onwaar om sonder meer aan te neem die ou landsvlag beteken vir die meerderheid Afrikaners ʼn terughunkering na apartheid. Die kernvraag is nie wat is polities korrek nie, maar eerder wat is wysheid te midde van al die emosies en politieke bagasie?”
Vermiste vrou erg aangerand gevind
ʼn 53-jarige vrou van Port Elizabeth wat sedert die begin van die maand vermis was, is Maandag met ernstige beserings by ʼn lodge in die stad aangetref.
Situasie in Brits ‘onder beheer’ ná geweld
Altesaam 45 betogers is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem en sal vandeesweek nog in die hof verskyn.
Genadedood-saak: Wie was Richard Holland?
Dit het Maandag in die landdroshof in Kaapstad aan die lig gekom dat prof. Sean Davison, stigter van Dignity SA, nou aangekla word van die moord op Holland nadat hy hom glo met genadedood bygestaan het.
CemAir mag weer vlieg
“Die pad wat CemAir die afgelope maande moes stap, was ongekend in die lugvaartbedryf.”
Sikloon Kenneth: Dodetal styg steeds, nóg reën voorspel
Vrywilligers het “algehele verwoesting” beskryf wat sowat 60 km vanaf die kuslyn tot nabygeleë eilande strek.
Gesteelde fiets gevind, een vas ná hoewemoord
Die polisie het inligting ontvang dat ʼn fiets by ʼn sakeperseel naby die slagoffer se huis gelos is. ʼn 34-jarige Rastaman het dit glo by ʼn werker daar gelaat. Die tuinwerker het die fiets as sy eiendom uitgeken.
Wes-Kaap verklaar dispuut oor polisiëring in provinsie
“Ons het heeltemal vertroue in – en geduld met – die minister van polisie en die hele nasionale regering verloor.”