Die vulkaniese uitbarsting was “van ʼn ernstige aard”.
Alles vir Maandag 9 Desember 2019
Man eet toe piesang-kunswerk van R1,7 miljoen
ʼn Piesang wat met kleeflint teen ʼn muur vasgeplak is en as ʼn kunswerk vir $120 000 (ongeveer R1,7 miljoen) verkoop is, is Saterdag verorber.
Oorleef beurtkrag só
Skakel jou toestelle af, toets jou alarm en volg hierdie wenke.
Kaapse sjarme in Pretoria
Alles aan dié eeueoue Kleinkaap-boetiekhotel getuig van die handewerk van doenende dromers – van die statige Kaaps-Hollandse huis wat in 1920 gebou is met boogvensters, gewels en houtvloere, tot die heerlike restaurant, die swanedammetjie en die stokou eikebome besprinkel met feetjieligte.
Bekende blondekop verloof
“Ek sien uit na die feit dat ons God kan eer in ons huwelik. Ons het van die begin af geweet ons wil dit laat werk – en om getroud te wees is óók werk.”
Terugblik: Die Afrikaanse Taalgenootskap word gestig
Dié week word die stigting van die Afrikaanse Taalgenootskap in 1905 herdenk, bekendes soos Lizz Meiring en Ivan Botha vier hul verjaarsdae en die dood van legendes soos Willem Postma en Henriette Grové word gedenk.
Nuuskommentaar: Die onverdunde waarheid, die (vals) narratief en die Mandela-effek
Vandag se nuuskommentaar bekyk baie kortliks iets wat al hoe meer kommer wek – naamlik die Mandela-effek.
Resep: Geroosterde mielies
Want hierdie vakansie gaan jy beslis die een of ander tyd mielies wil braai!
SAL: Sakeredding enigste opsie – Ramaphosa
Ramaphosa benadruk die regering sal in beheer bly van staatsbeheerde entiteite.
Bendegeweld eis 10-jarige
“Albei verdagtes het sterk bande met plaaslike bendes.”
Parlement skuld ook geld aan Eskom
“Staatsinstellings moet hul skuld betaal.”
‘Survivor SA’ is terug!
Volgens M-Net sal Survivor SA se agtste seisoen Immunity Island genoem word en in 2020 op die kassie te sien wees.
Fase 4-beurtkrag weer toegepas
Fase 4-beurtkrag weer toegepas.
2 in hof ná Sasolburg-sakeroof
Een van die verdagtes is gedurende die voorval by ‘n supermark doodgeskiet.
Christopher Panayiotou se pa tydens roof doodgeskiet
Costa Panayiotou (67) is in die vroeë oggendure Maandag in Uitenhage in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Na verre hawens
Met ‘Na verre hawens’ kan die leser deel word van die opgetekende verhale van ’n meesterverteller wat besonder bedrewe is om soos ’n goeie verslaggewer te kan waarneem, en dan met goue letters met die vingers te kan praat.
Vloedwaarskuwings met reën wat voortduur
Moontlike oorstromings word Maandag in Gauteng, asook dele van Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga verwag.
Lesersbrief: Skaapribbetjies en samesyn
Met dié wat ons in die feesseisoen is, besef ek nog ‘n kardinale waarheid. Ons hét mekaar nodig – nou praat ek nie van aalmoese nie, ek praat van samesyn.
Video: Mej. Suid-Afrika is die nuwe Mej. Heelal
Die nuwe Mej. Heelal is Maandagoggend (SA tyd) in die VSA gekroon.
Beurtkrag duur voort: Só lyk vooruitsig
Beurtkrag duur voort: Só lyk vooruitsig