Wanneer ons voertuig die oorspronklike houthekke wat na die Kruger-wonings lei, nader, stel ek my voor hoe dit in die 1800’s moes gelyk het. Die wind wat ook so saggies en gerusstellend deur die blare fluister – welkom tuis, boer, staatsman, Afrikaner.
‘Elders’: Erns onderneem ‘pelgrimstog van hoop’ in nuwe seisoen
“Stap help my om, ironies genoeg, ʼn treetjie terug te gee van die geraas.” Só gesels Erns Grundling oor sy jongste pelgrimstog van hoop in die Kaap.
Nataniël kuier stoksielalleen op besonderse plekke in nuwe reeks
“My ouma en my tannie Gesie het altyd gesê jy moet elke dag soos ʼn koning eet, want jy is een.”
Kuier in ʼn karaktervolle kanaaldorpie
Mense braai vleis in die louwarm sonnetjie op hulle stoepe. Kleuters bou sandkastele in die strandjies voor die huise. ʼn Man vang vis van sy voorstoep af, luilekker. Elke siel by wie ons verbyvaar, waai en groet. Die atmosfeer is gemoedelik. Plesierig. ʼn Kanaaldorp wat gemaklik is in haar eie vel.
Sun City se gewilde ‘Valley of Waves’ nou weer oop vir besoekers
Ingevolge regulasies oor sosiale afstandhandhawing word dié fasiliteit teen 50% van gewone kapasiteit bedryf.
Pak jou tas, Kolkata gaan jou verras
Kolkata maak ’n blywende indruk op jou. Ek lees toevallig dié aanhaling van Vir Sanghvi raak: “… as jy ’n stad met siel soek, kom na Kolkata.”
’n Volmaan-afspraak met ’n renoster
ʼn Mens kan jou amper verbeel jy bevind jou midde-in ʼn spanningsroman as jy aanmeld vir een van Insimbi Legacy Projects se Adventure with a Cause (AWAC)-naweke. Maar as jy die Vrydagaand in die inleidende sessie sit, en die eerste bloedige tonele van renosters wie se horings met ʼn panga afgekap is terwyl hulle nog lewe flits op die skerm, besef jy: Hierdie is geen storie nie. Dis die werklikheid.
Breek tog net asseblief ordentlik weg
Kan jy vir my sê hoekom iemand ʼn strandhuis in die Tsitsikamma vir ʼn week by die see bespreek, net om die soet stem van die see met ʼn gedoef-doef te verdoof?
Brandhout vir die oudag: ’n Reisverhaal oor San Gimignano
Die eerste storie handel oor wat Marius du Plooy ervaar het in een van die pragtige Toskaanse dorpies toe hy en sy vrou net daar gesit het en die atmosfeer ingedrink het.
Tien Nederlandse dorpe en een paar skoene
Die enigste paar skoene wat ek al ooit tweedehands gekoop het, was in die Nederlandse dorpie, Tolbert. Met dié skoene het ek die wêreld – of so voel dit – verken.
Wen ’n jagnaweek vir twee in die Bosveld
Jy staan die kans om ʼn jagnaweek vir twee te wen na Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die Vaalwater-omgewing. Jou verblyf, ʼn ontbyt, ʼn aandete en die jag van een rooibok is by die prys ingesluit.
Boek: ‘Voetspore’-reisgids vir avonturiers nou beskikbaar
Johan Badenhorst en sy span is welbekend vir hul reisprogram ‘Voetspore’ wat sedert 2000 uitgesaai word. Avonturiers kan nou saamreis deur hul eie reisgids aan te koop.
Kry jou só in rat om die pad na ’n buurland te vat
Hier is ʼn paar wenke vir hoe om jouself voor te berei vir ʼn reis na oorkant Suid-Afrika se grens sodra dit weer toegelaat word.
Kan ons weer droom om te reis?
Ons kan nou, sonder ʼn toestroom van internasionale toeriste, hierdie mooi land weer ontdek. Ons kan nou plekke besoek wat ons maklik misgekyk het, omdat ons voete dikwels so graag oor die waters wil gaan, vanwaar daar duisende toeriste elke jaar juis na óns mooi land wil kom kyk.
Foto’s: Wanneer die bos roep
Wanneer die bos jou roep is Berchtesgaden dié plek om te besoek. Dié oase, geleë in die Vaalwater-omgewing in die hartjie van die Waterberge, is veel meer as net ʼn wildsplaas.
Verbruikersake: Wanneer jou vakansie van die baan is
Verbruikers wat uitgesien het na oorsese vakansies ná die afsonderingstyd sit nou met die hande in die hare. Ina Opperman het gaan kyk wat jou opsies is.
Kaapstad vir gesogte reistoekennings benoem
Die stad sê heelwat werk is gedoen om te verseker Kaapstad is ʼn voorkeurbestemming wat aan almal se behoeftes voldoen.
Die Wes-Kaap blom soos 14 jaar gelede
“Dit is ’n kaleidoskoop van kleur wat ontplof het, asof God sy saadpot oor die hele Namakwaland uitgegiet het.”
Kom vind weer jouself
Hier is nie ʼn tekort aan aktiwiteite of spasie nie, en iets vir elkeen van die gesin, wat hulle voorkeur ook al mag wees.
Bennie Fourie en broers gaan op toer
Die loodsepisode van dié nuwe reeks is Donderdagaand op kykNET te sien.