Die hospitaal het Doret Steyn ivermektien geweier aangesien dié middel nog nie goedgekeur is vir die behandeling van Covid-19 nie.
Video: Berede-patrollies saal op in Kaapstad
Die plaaslike metropolisie in Kaapstad span veral die berede-eenheid in om wet en orde te handhaaf en almal is dit eens dat hulle dit geniet om meer van dié perdepatrollies te sien.
Dodelike skietery toe twee glo in tou wou indruk
Inwoners het die verdagte aangekeer en aangerand.
Mabuza ‘onbevoeg, onbetroubaar’ om entstofprogram te bestuur
Die kabinet het Dinsdag die daarstelling van die entstofkomitee oor inenting goedgekeur om te help met “vinnige besluitneming van alle betrokke departemente wat bydra tot die gladde inwerkingstelling van die entstofprogram”.
‘Ondenkbaar’ om werkers vir entstof te belas – Saptu
“Ons vertrou nie die regering om te verseker geen korrupsie vind plaas in die proses nie. Ons het te veel voorbeelde wat die teendeel bewys.”
Covid-19-statistieke: Minder as 10 000 nuwe gevalle
Meer as 830 nuwe sterfgevalle is egter bevestig.
LUR veroordeel rooftog by gesondheidsentrum
Volgens berigte is dit die tweede gewapende roof binne ʼn maand by dié sentrum.
Lisensiehouers gemaan om vir afsprake op te daag
Die Gautengse departement van paaie en vervoer stel ʼn reeks innoverende maatreëls in om die beskikbaarheid van tydgleuwe vir lisensiehouers te verseker.
Polisie sê oor ‘gebrek aan voertuig’ ná plaasaanval
Volgens die polisie is daar voertuie wat om verskillende redes meganiese aandag nodig het.
Nasionale Beplanningskommissie sê SA boer agteruit
Die Nasionale Beplanningskommissie sê in sy jongste ekonomiese verslag dat Suid-Afrika in ʼn giftige afwaartse spiraal vasgevang is.
Margot Luyt sterf
Huldeblyke vir Luyt het op sosiale media ingestroom.
Vermeende renosterhoringsmokkelaar in hof
Die man wou die horings in ʼn krat hoendervoer uit die land uitsmokkel.
Namibiese damvlakke styg steeds, Neckartal-dam loop oor
Die dam is Sondag en Dinsdag oopgestel vir besoekers om dié besonderse gebeurtenis te beleef.
Geen verband tussen entstof en sterftes in Noorweë
Dokters beveel wel aan dat die algemene gesondheid van bejaardes of verswakte mense oorweeg moet word voordat die entstof toegedien word.
RGB-hoof toets positief vir Covid-19
Prof. Simon Nemutandani het onlangs nog gesê hy kan nie die belang van die dra van maskers, die was van hande en die handhaaf van sosiale afstand genoeg beklemtoon nie.
Tiener ontkom ternouernood ná aanval met gholfstok, panga
Keagan Visagie en sy neefs het voor die huis gesit toe hulle drie gewapende mans in die pad sien afstap.
Vrystaatse motoris glo deur verkeersbeamptes aangerand
’n Vuurwapen is glo teen Philip Viljoen se kop gehou. Die verkeersbeamptes beweer egter hý was die een wat handgemeen geraak het.
Werker verloor hand in ongeluk aan diens
Lede van die gemeenskap wil nou ʼn saak van poging tot moord teen die eienaars van die fabriek aanhangig maak.
Deurbraak jare ná jong man se moord
“Niks sal ooit my kind terugbring nie.”
Aanvallers probeer plaasvoorman in septiese tenk verdrink
Ná die voorval kon die polisie glo ook nie by die misdaadtoneel uitkom nie – na bewering omdat daar nie ʼn voertuig beskikbaar was nie.