Die eerste week in November is altyd ʼn groot week vir motorfietsentoesiaste. Dit is wanneer EICMA, een van die grootste motorfietsskoue, in Milaan aangebied word.
Ford vier 100 jaar met groot belegging, rits nuwe modelle
Daar is ʼn hele rits verbeterde en nuwe modelle na plaaslike Ford-handelaars op pad oor die volgende paar maande.
Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse – die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin.
BMW M1000R – As jy ernstig is oor verrigting
Die M1000R is ’n fenomenale fiets, maar beslis nie vir beginners nie. As jy ’n ryer is wat ernstig is oor verrigting, sal die M jou nie teleurstel nie.
Motorverkope daal, uitvoere staan sterk
Daar is verlede maand effens minder voertuie as in die vorige maand verkoop terwyl uitvoere fluks vorder.
VW begin aandskool vir veiliger nagry
Suid-Afrika se jaarlikse padsterftesyfer is een van die hoogstes in die wêreld, met derduisende mense wat jaarliks op die land se paaie sterf. Meer as 55% van noodlottige motorongelukke vind boonop snags plaas.
Wiele2Wiele geniet vet duinepret
In hierdie week se episode vertel die Wiele2Wiele-span meer oor hul duinepret met ’n Toyota Hilux Legend tydens die Atlantis 4×4-pretdag.
Triumph Tiger 900 opgekikker vir 2024
Triumph het verder die bakpanele herontwerp om die Tiger ’n meer vloeiende ontwerp te gee. Daar is nou ook drie nuwe verfskemas om uit te kies.
Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef
In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Hulle gaan rits ook rond met die perfekte paneelwaentjie vir ’n klein besigheid – die Suzuki Eeco Van.
Ducati DesertX – enige plek, enige pad, enige terrein
Dit is net weer eens ʼn bewys dat jy maar jou vinger enige plek op die kaart kan neersit, en die kanse is goed dat die DesertX jou soontoe sal kan vat.
Meer as net vervoer; só lyk ‘Chery-leefstyl’
By die eerste Chery-gebruikersberaad in Wuhu, China, het die voertuigvervaardiger honderde gebruikers uit meer as 40 lande genooi om terugvoer oor hul ervaring met die voertuie te gee en die allernuutste Chery-tegnologie – en toekomsplanne – bekend te stel. Maroela Media het die beraad op uitnodiging van Chery bygewoon.
Ford vier 100 jaar in SA!
Vandag is Ford ʼn trots Suid-Afrikaanse handelsmerk met modelle wat diep wortels in die harte van hul aanhangers geskiet het.
‘Wiele2Wiele’ toetsbestuur ’n Hyundai Tuscon, Mercedes Benz se elektriese nommer
Die pragtige Hyundai Tuscon 2.0 D N-Line met sy unieke lyne gooi flikkers tydens vandeesweek se “Wiele2Wiele” en Mercedes-Benz se elektriese EQA beïndruk die span ook.
Ineos vind sy SA wortels
Ineos het groot planne, en as die afgelope vyf jaar ʼn aanduiding is van hoe hulle dinge doen, sien ek uit na hul toekoms.
Honda Goldwing is steeds een van die bestes
Die Honda Goldwing het min gelyke en bly een van my gunstelingtoerfietse.
Nuwe era breek aan vir AMG
Al ses oë in die kar is amper so groot soos die 22”-wiele onder die kar. Manne, dié ding is dêm vinnig!
Groot toename in elektriese motors in SA
Met ʼn 127% toename in mense wat elektriese voertuie verlede jaar aangekoop het, is Suid-Afrika sewende op die wêreldranglys.
Gesinsportnuts: Opel Grandland vs. Tiggo 8 Pro Max
Die Opel Grandland 1.6T Ultimate sal jou R720 900 uit die sak jaag, terwyl die Chery Tiggo 8 Pro Max 2.0T Executive ʼn raps goedkoper is teen R669 000.
Wiele2Wiele ry GR Supra en Suzuki Fronx
Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderse geleentheid saam met GWM/Haval.
BMW R 1250 GS – die hoofstuk sluit af
Ek wil graag die R 1250 GS groet met die befaamde woorde van die rugbykenner, wyle Zandberg Jansen: “Nag, ou grote!”