Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole sê gemeenskapsdeelname is vanjaar aansienlik groter.
Alles vir die sleutelwoord "Bela-konsepwet"
Bela gaan werkende skole breek, hoor NRP
“As ouers hul regmatige seggenskap by hul kind se skool ontneem word, sal hulle heel moontlik van die skool onttrek – kind, geld en ál.”
Bela-wet ‘dalk begin van totale staatsbeheer oor skole’
“Ons keer terug na ʼn staatsmodel waar skole maar net die begin van totale beheer is. Daar sal dalk ʼn tyd kom waar die staat sal besluit waar ons bly, met wie ʼn mens mag trou, waar jy mag werk en as jy dit nie doen nie, sal die staat jou verbied om jou eie besluit uit te oefen.”
Regstreeks: Kry hier antwoorde op Bela-vrae
Skakel hier in vir ʼn regstreekse gesprek oor die beoogde Bela-wetgewing en die uitwerking daarvan op die onderwysstelsel, kinders, ouers en skole.
Duisende ouers, onderwysers registreer vir Bela-beraad
Ouers en onderwysers word genooi en aangemoedig om die beraad by te woon. Die doel van die beraad is om die beoogde wetgewing en die impak daarvan op die onderwysstelsel, kinders, ouers en skole te bespreek.
Chaos op Upington waar Bela-wet bespreek word
Inwoners wat dié vergadering in die Noord-Kaap bygewoon het, is van die geleentheid ontneem om vir of teen die omstrede wetgewing te stem. Plaaslike politieke partye glo dis omdat die meerderheid nie ten gunste van die wet is nie.
Motshekga erken belang van skoolbeheerliggame
Die minister was Maandag vol lof vir skoolbeheerliggame. Tog sal hierdie einste skoolbeheerliggame van hul magte gestroop word sou die omstrede Bela-wetgewing deurgevoer word.
Bela-wetgewing ‘gevaarlike wegholtrein’
Die vakbond Solidariteit is uiters bekommerd oor die wyse waarop die Bela-wetgewingsproses “doelbewus deur die regering afgerammel” word.
Bela-wet gaan ‘ouers se sê steel’
Die organisasie eis dat die wetsontwerp in sy geheel teruggetrek moet word en na die departement van basiese onderwys vir deeglike heroorweging verwys word.
‘Bela gaan openbare skole in staatskole laat ontaard’
“Sonder die gesag van beheerliggame by openbare skole in Suid-Afrika gaan dié skole in staatskole verander en gaan die gehalte van onderwys en die toestand van infrastruktuur straks dramaties kwyn.”
ActionSA kap ook Bela-wet
Gehalteonderwys bly een van die maniere om iemand in staat te stel om hul lewe te verbeter, maar die Bela-wet gaan na alle waarskynlikheid nie daardie doelwit bereik nie, sê ActionSA.
Skoolplasingfiasko: ‘Blik op skole onder Bela-wetgewing’
Solidariteit sê die uitdagings met die plasing van Gautengse leerders is maar ʼn voorsmakie van wat kom, sou pres. Cyril Ramaphosa die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) afteken.
Insette oor Bela-wet steeds met ‘minagting’ bejeën
“Dit is eksamentyd en die hooffokus van ouers, voogde en onderwysers is tans op leerders, soos dit hoort. Soos met die eerste openbare konsultasies vroeër vanjaar, wek die regering se hantering van hierdie sessies die indruk dat daar geen waarde daaraan geheg word nie.”
Besliste ‘nee’ vir Bela-wet van Afrikaanse ouers
Meer as ’n 1 000 Afrikaanse ouers het in ’n onlangse meningspeiling hul afkeur met die regering se planne te kenne gegee. Dié ouers is bekommerd oor die impak wat die wysigingswetsontwerp op hul kind én Afrikaans gaan hê.
Bela-wetsontwerp: Minister kap na kritici
“Die feit dat taal- en toelatingsbeleid uitsluitlik bepaal en beoordeel word deur skoolbeheerliggame met vetoregte sonder kontrole en teenwigte het gelei tot die misbruik van sulke magte.”
Bela-wet: ‘Grootste hofaksie kom teen ANC oor kaping van skole’
Talle organisasies en politieke partye beplan om die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) tot in die hoogste hof teen te staan nadat dit nog een stap nader daaraan is om wet te word.
Bela-wetsontwerp in parlement aanvaar
Tans kan beheerliggame finaal oor skole se taal- en toelatingsbeleid besluit, maar hierdie wetsontwerp stel voor dat dié mag voortaan by die provinsiale hoofde van onderwys moet berus, met ander woorde by politieke aanstellings.
Dís hoekom DA Bela-wet verwerp
Verskeie partye en organisasies sal Donderdag buite die parlement opruk wanneer die wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word.
SAOU gaan stappe doen oor Bela
Die SAOU beplan om stappe te doen om die “gebrekkige aandag aan die etlike duisende voorleggings” wat teen die wetsontwerp ingedien is, bloot te lê.
Motshekga flous niemand oor Bela-wetgewing – AfriForum
Die minister het Sondag gesê die regering is “verby die stadium” van toegewings maak aan beheerliggame “ter wille van vrede in die land” en dat “’n selfrespekterende regering” nie kan toelaat dat ’n skoolbeheerliggaam voorskryf wat ʼn skool se taal- of toelatingsbeleid mag wees nie.