Eskom hou egter vol dat ʼn algehele ineenstorting van die netwerk ‘onwaarskynlik’ is.
Alles vir die sleutelwoord "beurtkrag"
Karpowership: ‘Kontrak vir twee dekades mos nie noodkrag’
Sommige kenners sê dit lyk of die regering reeds besluit het om die kragkrisis as verskoning te gebruik om ʼn peperduur Karpowership-kontrak van 20 jaar op Suid-Afrikaners af te dwing.
Eskom ontken ‘dreigende’ ineenstorting van kragnetwerk
Volgens die kragvoorsiener het hy met kommer kennis geneem van verskeie sosialemediaplasings wat beweer dat die land binnekort in algehele donkerte gehul kan word.
Beurtkrag dalk laaste strooi vir waterkrisis
“As die waterstelsel heeltemal ineenstort, sal dit die einde van die lewe wees soos ons dit ken.”
‘Rusland, China moet Eskom help’ – Malema
Julius Malema het opnuut uitgevaar oor die kragkrisis en pres. Cyril Ramaphosa se “mislukkings as staatspresident”. Hy het ook stem dik gemaak oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, asook die VSA en die Internasionale Strafhof se betrokkenheid by die kwessie.
Gevaar van fase 7-beurtkrag bly
“Dit gaan ʼn rowwe week wees as gevolg van lae windopwekking en ʼn groter vraag as gevolg van die koue.”
Fase 6-beurtkrag weer Sondagmiddag ingestel
Fase 4- en fase 6-beurtkrag sal dan om die beurt deur die week geld.
Fase 3-beurtkrag vir Sondag ingestel
Beurtkrag is Sondagoggend om 07:45 weer ingestel op fase 3 (vroeër aangekondig as fase 4).
Só lyk beurtkrag oor die naweek
Weens ʼn laer aanvraag oor die naweek sal beurtkrag Saterdagoggend van 05:00 tot 16:00 na fase 3 afgeskaal word.
Beurtkrag: ‘Regering het nie misluk,’ sê Ramaphosa
As dit van hom afgehang het sou pres. Cyril Ramaphosa kragskepe na Suid-Afrika laat kom het vir die opwekking van noodkrag terwyl ander alternatiewe ingestel word.
Ramokgopa praat vandag met parlement oor energie-aksieplan
Kgosientsho Ramokgopa sal fokus op die verlammende ekonomiese uitwerking van beurtkrag, die werkverrigting van die geïnstalleerde Eskom-kapasiteit en ingrypings rakende die nasionale energiekrisis.
Beurtkrag-uitspraak: ‘Prakties onmoontlik’ om al dié ligte aan te hou
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê om hierdie uitspraak te laat realiseer ʼn duur proses sal wees wat dalk daartoe kan lei dat ander gebiede strenger beurtkrag kry om voorsiening te maak vir die bykomende kragtoevoer na basiese dienste.
Meer as helfte van steenkoolopwekkings-kapasiteit tans kapoet
Sprake van fase 7-beurtkrag laat Suid-Afrikaners moedeloos en gerugte dat protokolle gefinaliseer word vir fase 9-beurtkrag, skets ’n pikdonker prentjie.
Beurtkrag: Eskom-stelsel onder ‘ongelooflike druk’
Die kragnetwerk is onder ongelooflike druk en hoewel die kanse vir fase 7-beurtkrag hierdie week wesenlik is, lyk fase 6-beurtkrag in hierdie stadium vir die hele week meer realisties.
Fase 6 geld weer
Dié hoë fase sal na verwagting heelweek geld, waarsku Eskom.
En SA is terug op fase 5
Die aankondiging volg minder as 24 uur nadat daar aan Suid-Afrikaners gesê is dat fases 3 en 4 die naweek sou geld.
Hospitale, skole, polisie se ligte bly aan, gelas hof
Die Pretoriase hooggeregshof het ten gunste van 19 politieke partye, organisasies en vakbonde beslis wie se regskoste die regering nou almal moet betaal.
Naweek se beurtkrag aangekondig
Soos sake nou staan, geld fase 5 Vrydag oornag tot Saterdag om 05:00.
Rural gooi sy sonkrag weg soos Eskom vra
ʼn Dag ná die hofbevel het Rural die “voiding”-proses opgeskort en die ongebruikte sonkrag wat hy opwek begin weggooi sodat hy – soos Eskom vereis – beurtkrag kon toepas.
Jongste oor beurtkrag: Só staan sake nou
Wisselende fases van beurtkrag sal dié week weer voortduur.