Eskom het Vrydag aangekondig dat hy verskeie opwekkingseenhede in die afgelope 24 uur weer in diens gestel het.
Alles vir die sleutelwoord "beurtkrag"
Transmissienetwerk: Eskom wíl bou, maar grondregte sukkel
Nuwe transmissielyne is dringend nodig om ʼn toename in beskikbare krag behoorlik te herlei, maar Eskom sukkel tot tien jaar lank om grondregte hiervoor te bekom.
Sputla ‘gereed vir die stryd’
Die nuutaangestelde minister van elektrisiteit beplan onder meer om elkeen van Eskom se kragstasies te besoek om hul prestasie na te gaan.
Fase 4 en 5 tot verdere kennisgewing
Fase 4-beurtkrag sal daagliks van 05:00 tot 16:00 ingestel word.
Beurtkrag: Fase 5 weer terug
Die kragvoorsiener sê hy was genoop om fase 5 in te stel nadat vyf opwekkingseenhede vandag die gees gegee het.
Eskom sê oor beurtkrag vir die week
Die kragvoorsiener het Sondag die beurtkrag-vooruitsig vir die week bekendgemaak.
Jy kan nie eis as ál die ligte afgaan
Verskeie groot versekeringsmaatskappye het reeds aangedui dat hulle geen versekeringseise in die geval van ’n algehele ineenstorting van die nasionale kragnetwerk sal aanvaar nie.
Fase 2-beurtkrag Sondag, maar net paar uur
Die kragvoorsiener het Saterdag aangedui dat Suid-Afrikaners kan uitsien na effense verligting in beurtkragfases vir Sondag.
Nog meer hospitale van beurtkrag kwytgeskeld
Die VF Plus voer aan dat alle openbare én private hospitale so gou moontlik van beurtkrag kwytgeskeld moet word.
Só lyk naweek se beurtkragskedule
Sowat 22 000 MW is tans nie beskikbaar nie.
Só lyk die beurtkragvooruitsig
“Hierdie beurtkragskedule sal tot verdere kennisgewing geld en enige veranderinge sal gekommunikeer word.”
Ramaphosa se woorde oor beurtkrag ‘verdraai’
Dís wat pres. Cyril Ramaphosa glo bedoel het toe hy gesê het die regering is nie grondwetlik verplig om Suid-Afrikaners van elektrisiteit te voorsien nie:
ANC-eise aan De Ruyter ‘kommerwekkend’
“Selfs al beskik De Ruyter oor spesifieke name van beweerde betrokkenes, kan dit moeilik wees vir hom om dit prontuit bekend te maak; veral as gekyk word na die koers waarteen fluitjieblasers in Suid-Afrika vermoor word.”
Kwytskeld van beurtkrag kan netwerk finaal knak
Die uittredende hoof van Eskom, André de Ruyter, waarsku in ʼn omvattende beëdigde verklaring wat die gevolge kan wees indien ʼn hofaansoek om duisende instellings van beurtkrag kwyt te skeld, sou slaag.
Eskom mik vir fase 3 dié week
Beurtkrag sal deur die loop van die week geleidelik tot fase 3 verminder word. Só lyk die week se vooruitsig:
ANC verwelkom ‘regse’ De Ruyter se vertrek
Die regerende party dreig met regstappe teen André de Ruyter en sê hy probeer die skuld vir sy eie klaaglike mislukkings nou op die ANC pak.
‘Dapper’ De Ruyter geloof
André de Ruyter, voormalige hoof van Eskom, is uit verskeie oorde geloof vir sy bydrae die afgelope drie jaar en is onder meer as ʼn “ware patriot” bestempel.
Eskom-raad skop De Ruyter dadelik uit
“Die raad het besluit dat daar nie van De Ruyter verwag sal word om die res van sy kennistydperk te werk nie en dat hy dadelik uit sy posisie vrygestel word.”
Begroting 2023: Reuse-reddingsboei vir Eskom
Die R254 miljard-skuldverligting aan Eskom sal groot druk van die kragvoorsiener afhaal en hom toelaat om die skuld wat hom lamlê, terug te betaal en te verseker hy voeg dringend meer krag tot die stelsel.
Kragkrisis vererger; meer druk op waterstelsel
Suid-Afrikaners moet besef daar is nie net ʼn kragkrisis nie, die situasie is besig om toenemend te vererger, met daadwerklike gevolge vir watervoorsiening in die land.