“Die grootste daad van protes bly om jou eie ding te doen. Ons wil dit nie sê nie, maar versoek mense om voor te berei vir selfs ʼn hoër fase beurtkrag.”
Alles vir die sleutelwoord "beurtkrag"
Landbou soek daadwerklike optrede ná begrotingsrede
“Die land se boere het werklike en praktiese begroting- en fiskale maatreëls nodig om in hul nood gehelp te word.”
Kragsentrales steier terwyl Eskom skarrel om ligte aan te hou
Dit is die vierde keer die afgelope twee maande dat Eskom gedwing word om fase 6-beurtkrag in te stel, maar volgens die Eskom-hoof is die algehele ineenstorting van die netwerk egter nie op hande nie.
R145 miljoen vir vier ministers wat oor Eskom kibbel
Salarisse, BBP-beskerming, amptelike wonings (en gratis krag en water). Die DA sê die vier ministers wat Eskom moet regruk, kos die land miljoene – en Suid-Afrikaners sit steeds in die donker.
Nog fase 6-beurtkrag vandag op pad
Drie kragstasies het oor die afgelope 24 uur onklaar geraak.
Fase 6 geld nou
Fase 6-beurtkrag sal Saterdag om 20:00 ingestel word en tot Sondag om 05:00 voortduur.
Fase 4-beurtkrag ingestel
Opwekkingseenhede het by elk van die Koeberg-, Medupi-, Kriel-, Arnot- en Lethabo-kragstasies onklaar geraak.
Ramptoestand kan sneuwel in hof
Regskenners het min hoop dat die pas afgekondigde ramptoestand oor die kragkrisis ʼn regsgeding sal kan deurstaan. Dit is omdat bestaande wetgewing reeds voorsiening maak vir dít wat die regering met die ramptoestand wil bereik.
Luister: ‘Rampdemokrasie in SA moet gestuit word’
“Die verklaring is ʼn ongelooflike slag vir die oppergesag van die reg, die beginsel van wetlikheid en die skeiding van magte,” lui Solidariteit se hofstukke oor die nasionale ramptoestand.
Regstryd teen Eskom, regering gou aangehoor
Die organisasies voer aan as dit moontlik is om die gebiede waar ministers woon van beurtkrag kwyt te skeld, is dit moontlik om dieselfde vir die land se armes te doen.
Los eers hofsake oor kragkrisis – presidensie
“Die president verwag dat selfs diegene met voorbehoude oor die benadering wat hy volg, skouer aan die wiel sal sit omdat ons uiteindelik almal na dieselfde doelwit werk.”
Nóg planne om vinniger krag te koop
ʼn Raamwerk om huishoudings en klein ondernemings aan te spoor om volledig of gedeeltelik van die kragnetwerk af te kom, is reeds ontwikkel en teen volgende week behoort meer besonderhede oor finansiële aansporings hiervoor bekend te wees.
Landboukomitee versaak boere tydens kragkrisis
“Daar is tot dusver nog geen plan op die tafel om boere en voedselveiligheid te red nie.”
Só lyk beurtkrag vir die naweek
Hoewel die vraag na krag oor naweke afneem, is Eskom steeds genoodsaak om fase 3-beurtkrag vir die grootste gedeelte van die naweek te handhaaf.
Regstappe kom, sou ramptoestand afgekondig word
“ʼn Ramptoestand is bedoel vir ʼn ramp; nie vir swak bestuur nie.”
Landbou moet lei in beurtkragkrisis
“As ek iemand probeer lok om vir my te kom werk, maar die dorp waarin hulle sou woon het nie water nie, want daar is nie krag om die pompe aan te skakel nie, gaan ek nie daarin slaag nie.”
Só lyk beurtkragskedule tot Woensdag
Fase 3- en fase 4-beurtkrag sal hoofsaaklik tot Woensdag toegepas word met verskeie opwekkingseenhede wat nie beskikbaar is nie weens herstelwerk.
ActionSA nou ook deel van regstryd teen Eskom
Verskeie organisasies sleep Eskom en die regering hof toe oor voortgesette beurtkrag en die regering se oënskynlike gebrek aan ʼn behoorlike plan om ʼn oplossing vir die kragkrisis te vind.
‘Beëindig beurtkrag voor einde vanjaar’ – ANC
Die ANC sê alles moontlik moet gedoen word om Eskom te red, maar drukgroepe en opposisiepartye maan die proses om die kragkrisis op te los, moet met ʼn valkoog dopgehou word.
Eskom weer terug op fase 6
Die kragvoorsiener moes beurtkrag verskerp nadat ses opwekkingseenhede in die afgelope 24 uur onklaar geraak het.