“Die president is nie gekant teen die tugstappe teen Gordhan nie, maar wil wag daarmee hangende die uitslag van die hersiening, wat ʼn rasionele besluit is.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Ramaphosa: Stilte is ook ʼn antwoord
Die nuuskonferensie waartydens die ANC sy steun sou uitspreek vir die manier waarop pres. Cyril Ramaphosa die geldelike bydraes vir sy veldtog om in 2017 ANC-leier te word bestuur het, is op die nippertjie gekanselleer.
Maak soustrein korter, beveel Cyril
Skaars twee maande nadat die nuwe ministeriële handboek met byvoordele vir kabinetslede en adjunkministers van krag geword het, het pres. Cyril Ramaphosa opdrag gegee dat dit opnuut hersien moet word omdat dit te rojaal is.
Ramaphosa voor grootste toets tot dusver
Pres. Cyril Ramaphosa staan voor die grootste toets van sy presidentskap ná die onthullings oor sy kennis aangaande die skenkings vir sy suksesvolle CR17-veldtog om in 2017 tot leier van die ANC verkies te word.
OB-saak: ‘Ramaphosa het grondwetlike plig misluk’
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag gehoor pres. Cyril Ramaphosa gebruik vertragingstaktiek om nie stappe teen Pravin Gordhan te doen nie en dat hy die kantoor van die Openbare Beskermer ondermyn.
Hof hoor Ramaphosa, Gordhan begin neiging om OB te beledig
Ramaphosa se aansoek handel oor óf hy verplig is om op te tree ná die OB se opdrag dat stappe teen Gordhan gedoen moet word oor ʼn vroeë pensioenuitbetaling aan die voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Maimane skryf aan Ramaphosa oor ekonomie se ‘donker dag’
Maimane wil dit aan Ramaphosa duidelik maak dat daar oplossings beskikbaar is om die land se ekonomie te red. Dié oplossings is gegrond op ingrypings wat reeds vantevore onder DA-bewind gewerk het.
Wat is Suid-Afrika se voorland?
Die groot vraag is dus: Waarheen is Suid-Afrika op pad? Is Ghana of Suid-Korea ons voorland?
ANC-leierstryd al vuiler en openliker
Die magstryd in die ANC het ‘n openlike oorlog geword wat waarskynlik minstens die volgende jaar lank gaan voortwoed, en dit is niks minder nie as ‘n stryd om beheer van die land se regering, die veiligheidsmagte en die land se belastinggeld.
Ramaphosa se Zondo-verklaring bekendgemaak
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, het Vrydag pres. Cyril Ramaphosa se beëdigde verklaring bekendgemaak waarin hy sy kant van die saak stel oor staatskaping en ongebreidelde korrupsie in Suid-Afrika.
OB reageer op Ramaphosa se toespraak
Mkhwebane is vol vertroue dat haar bevindinge die rasionaliteitstoets sal slaag en wel met die wet strook.
EFF sê Ramaphosa moet verlof neem
“Ramaphosa het bewys, ná skaars twee maande in sy amp, dat hy geen belangstelling het om die Grondwet en wetgewing te eerbiedig nie. Hy moet verlof neem en ander met integriteit toelaat om die land te lei.”
OB se verslag is ‘gebrekkig, irrasioneel’, sê Ramaphosa
“Alle Suid-Afrikaners behoort bekommerd te wees dat ʼn kantoor soos dié van die Openbare Beskermer bevindinge van so ʼn aard teen die staatshoof moet maak.”
Ramaphosa sê vanaand oor OB-verslag
Mkhwebane het Vrydag bevind dat pres. Cyril Ramaphosa die parlement opsetlik mislei en die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het.
Veroordeling van plaasmoorde verwelkom, maar …
Ramaphosa het tydens sy repliek op die presidensie se begrotingsdebat in die parlement die aankondiging gemaak.
Só bevind OB teen Ramaphosa
Dit is ʼn omvattende en ingewikkelde regsdokument van 106 bladsye wat ernstige bevindings teen onder andere Ramaphosa bevat.
OB-verslag: Ramaphosa, opposisiepartye reageer
Die DA het intussen te kenne gegee dat hy strafregtelike klagte teen Ramaphosa aanhangig sal maak.
OB bevind Ramaphosa ‘mislei parlement doelbewus’
Deur die parlement te mislei, het die president ook die Grondwet geskend, het die openbare beskermer bevind.
Hoe lyk die telkaart vir die omkeer van ons geknelde land?
Die telkaart is dus ’n mengsel van negatiewes, positiewes en eie doele. Die uitslag van die stryd is daarom nog lank nie seker nie. En soos voorheen gesê, gaan dit nie ’n kort stryd wees nie. Wat wel mettertyd aan die Ramaphosa-kant meer punte sal gee is sy eie aanstellingsmagte as president van die land.
VF Plus verwelkom Ramaphosa se veroordeling van plaasmoorde
Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het gesê die party stem saam met Ramaphosa dat élke moord in Suid-Afrika veroordeel moet word.