Baloyi se moord het gelei tot gewelddadige opstande deur taxibestuurders wat buitelanders, wat hulle glo vir die stad se dwelmprobleem verantwoordelik is, geteiken het.
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Ramaphosa vra nuwe aanslag in stryd teen geweld
Ingevolge die Grondwet en parlementêre reëls is die president by magte om te vra vir ʼn buitengewone sitting van die twee huise van die parlement om spesiale sake te bespreek.
SAUK skors werkers oor ‘sabotasie’ van Ramaphosa-toespraak
Die voorval het Donderdagaand plaasgevind toe die openbare uitsaaier die verkeerde weergawe van Ramaphosa se voorafopgeneemde toespraak op die program The Full View uitgesaai het.
Belydenis, offergawe en politiek
Hierdie hipotese dra duidelik nie meer water nie, aangesien die ANC nou ineenstort en die land daarmee saam aftrek. Dien die land en sy mense eerste, en pas dan u eie partypolitieke belange daarby aan. Dit is wat u posisie vereis.
Vermoorde se ma aan Ramaphosa: ‘Jy het belowe’
“Ek hoop net so, want die stelsel het haar reeds gefaal voor haar dood.”
Video: SAUK sê jammer oor Ramaphosa-blaps
Kykers kon in dié uitsending sien hoe Ramaphosa ʼn fout in sy toespraak maak en dan vra om van vooraf te begin.
Ramaphosa beloof swaarder strawwe vir misdaad teen vroue
Pres. Cyril Ramaphosa het swaarder strawwe vir diegene wat geweldsmisdade teen vroue pleeg beloof toe hy die land Donderdagaand in ‘n nasionale televisie-uitsending oor aanvalle teen vroue, kinders, buitelanders en die gay gemeenskap toegespreek het.
Kaapstad verenig teen vrouegeweld
Die middestad van Kaapstad het vanoggend ontplof in ʼn spontane en nierassige massa-optog van duisende mense wat teen geweld teen én moord op vroue betoog het.
Ramaphosa is reg oor ‘Die Stem’ in SA se nasionale lied
Krap die verbanning van die ou vlag en die moontlike verskuiwing van president Steyn se standbeeld vanaf die Kovsie-kampus aan ons? Natuurlik! Maar laat dit ons moedeloos? Nee!
Ramaphosa wil praat oor pensioenfondsbates en die ekonomie
“Ons finansiële bronne is uitgeput en Suid-Afrika se ontwikkelingsbehoeftes is enorm. Ons moet oor voorgeskrewe bates praat omdat ons moet kyk hoe ons verskillende hulpbronne in die land kan benut om doelgerigte groei te kry.”
Nasionale gesondheidsversekering: Geen omdraaikans, sê Ramaphosa
Die president het gister vrae beantwoord, onder meer oor die omstrede NVG, wat volgens die regering ongelyke toegang tot gesondheidsorg gaan beëindig. “Ons word gevra om ʼn stelsel te behou wat die meerderheid van Suid-Afrikaners ontneem van toegang tot dokters en spesialiste … ons moet eenparig nee sê daarvoor,” het Ramaphosa gesê.
Ramaphosa ondersteun Die Stem in die volkslied
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in die parlement sy steun uitgespreek vir die behoud van die deel uit Die Stem in die nasionale volkslied.
Taai vrae vir Ramaphosa vandag
Niemand het gesê dit gaan maklik wees om president te wees nie.
Twee van EFF bedank oor CR17-veldtog
Twee lede van die EFF het uit die party en parlement bedank nadat dit aan die lig gekom het dat hulle geld van pres. Cyril Ramaphosa se ANC-presidensiële veldtog in 2017 (CR17) ontvang het.
Vernietig die skyn van die kwaad, mnr. die President
President Cyril Ramaphosa het Donderdag in die parlement ’n vooruitbeplande vraetydsessie. Kom ons hoop hy gebruik dit om die skyn van die kwaad te vernietig, skryf dr. Theuns Eloff.
Die president hét die mag om die land reg te ruk
ʼn Gewilde verskoning vir die gebrek aan leierskap van pres. Cyril Ramaphosa is dat hy graag die land wíl regruk, maar ongelukkig nie kán nie. Hierdie verskoning hou nie water nie, skryf Flip Buys.
Podlitiek: Die NGV kort salf en Ramaphosa se eerste jaar en ʼn half
Hierdie week vier Podlitiek, of betreur, die 18 maande sedert Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president. Daar word ook gefokus op die betogings in Hongkong en wat dit in die breër geo-politiek vir die wêreld beteken.
Nóg ʼn oorwinning vir Ramaphosa in stryd met OB
Mkhwebane het beveel dat Ramaphosa al die finansierders van die veldtog aan die parlement bekend moet maak.
Ramaphosa beweer OB bekom CR17-bankstate onwettig
Pres. Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordigers het die hof versoek dat sekere inligting in die rekords van die Openbare Beskermer se ondersoek na hom nie openbaar gemaak word nie.
SA vroue, dogters ‘leef in vrees’, sê Ramaphosa
“Ten spyte van ons beste pogings en progressiewe wette leef die land se vroue en dogters in vrees. Op die strate, in skole en universiteite, in kerke en erger nog, in hulle huise.”