“As minister Gordhan of enige lid van hierdie administrasie enige antwoorde op iets moet verskaf, moet hulle verantwoordbaar gehou word.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Die president se ekonomiese A-span
In die binnekringe van die ANC word gegons dat president Cyril Ramaphosa ʼn gedugte ekonomiese span om homself vergader het.
Ramaphosa steun Gordhan se aansoek teen OB
Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn ondersteunende beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Pretoria ingedien met betrekking tot die minister van openbare ondernemings se hofaansoek teen die openbare beskermer.
Bou aan ons land se jeug, hulle is ons toekoms
Ons moet meer kreatief wees om die ekonomiese waarde van al ons inheemse tale te ontsluit en daarmee meer werksgeleenthede en rykdom in die proses te skep. Laat ons almal saamwerk in die beste belang van ons jeug.
Ramaphosa steek stokkie voor stryery op Twitter
Volgens Ramaphosa is die kabinet die geskikte platform om verskille uit te sorteer; nié sosiale media nie.
DA sê Ramaphosa kan nie OB se verslag ignoreer
Ten spyte van die party se standpunt oor Mkhwebane se bevoegdheid om die amp as openbare beskermer te beklee, is die DA egter steeds verplig om die integriteit van die openbare beskermer se kantoor as hoofstuk 9-instansie te respekteer.
Maimane sê Ramaphosa moet ‘self opdok’ vir regskoste in Bosasa-saak
“Geen burger is verhewe bo die reg nie, ook nie die president nie. Die DA gaan nie toekyk hoe politici staatsmag misbruik nie en sal verseker dat verkose verteenwoordigers aanspreeklik gehou word.”
Ramaphosa gooi wal oor stappe teen Gordhan
Mkhwebane het gesê Ramaphosa moet dissiplinêre stappe teen Gordhan doen omdat hy nie die beginsels van behoorlike staatsadministrasie, soos in die Grondwet vervat, gehandhaaf het nie.
Foto’s: Ramaphosa oor ‘suksesvolle’ G20-beraad
Ramaphosa het ook gedurende hierdie tyd vergaderings bygewoon om bande met Rusland, China, Japan, Saoedi-Arabië asook die president van die Wêreldbank te smee.
Waarom Wakanda fiksie gaan bly
Indien Ramaphosa sy slimstad wil hê, sal hy die brawe ding moet doen en sones moet skep waar vryemarkbeginsels heers. Hy sal sy eie ANC-party se beleid moet opsyskuif, en sy ‘comrades’ moet verraai. Anders sal ‘n Suid-Afrikaanse Wakanda net fiksie bly, skryf Anton Meijer.
Ramaphosa antwoord op OB se verslag
Die president is twee keer uitstel toegestaan om sy verslag in te dien.
Dankie vir die droom maar…
Vir die gewone Suid-Afrikaner is dit sekerlik nie moontlik om China se boumanie te verstaan nie. Die meeste Chinese glo egter dat hulle hulself die beste help deur vooruitgang aan te gryp, want daar is ʼn sterk patriotisme in die land ná die vernederings van die 19de eeu en die politieke katastrofes van die 20ste eeu. Almal bou aan die ideaal om China die sterkste land ter wêreld te maak.
Ramaphosa praat bietjie oor misdaad en grond
Oor grond het hy gesê herverdeling is noodsaaklik.
OB het nie mandaat om Ramaphosa te ondersoek, sê VF Plus
“Die openbare beskermer se werkswyse is sedert die aanvang van haar ampstermyn deurspek met foute wat ’n vraagteken laat ontstaan oor haar bevoegdheid om die amp te beklee.”
Baie van Ramaphosa verwag in repliek op staatsrede-debat
Veel minder retoriek en baie meer inhoud sal van pres. Cyril Ramaphosa verwag word wanneer hy vanmiddag tydens ʼn gesamentlike sitting van die parlement sy repliek lewer op die debat oor sy staatsrede.
Jeug teleurgesteld deur skisofreniese staatsrede
Maar dit verhoed nie die jeug om die toekoms in hul eie hande te neem nie. Ons het nie die regering se toestemming nodig om vir onsself ʼn toekoms in die land te bou nie. Wie weet, dalk sal daar eendag ʼn slim stad in Suid-Afrika wees. As jongmense sal ons egter nie ons geld op Ramaphosa sit om dit ʼn realiteit te maak nie.
Regstelling of teregstelling?
Die oplossing is eenvoudig: skaf raswette af en vervang dit met meriete. Dit sal lei tot ekonomiese groei en meer werkgeleenthede vir almal. Die bevolkingsamestelling sal meebring dat die oorgrote meerderheid nuwe poste steeds vir swart mense sal wees. Maar ’n stygende gety lig alle skepe.
Staatsrede: Ramaphosa se planne beïndruk partye nié
“Die man wou die afgelope 30 jaar al president wees en weet nog steeds nie wat hy vir Suid-Afrika wil doen nie,” meen die EFF.
Cyril se superstad en droom van 2 miljoen werkgeleenthede
Pres. Cyril Ramaphosa het ‘n droom dat 2 miljoen werkgeleenthede binne die volgende tien jaar en ‘n hele nuwe superstad in Suid-Afrika gaan verrys – en hy wil hê Suid-Afrikaners moet saam met hom daaraan bou.
Staatsrede: Ramaphosa praat oor ekonomie, Eskom, die Reserwebank en grond
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag die eerste staatsrede van die sesde parlement gelewer en verskeie kwessies, waaronder die ekonomie, Eskom, die Reserwebank en grondhervorming, aangeraak.