Harrismith se Burgermonument was reg van die begin af erg omstrede. Harrismith se eie geskiedenisdelwer en -skrywer Leon Strachan vertel hoekom dié monument se storie vir hom die interessantste in die land is.
Alles vir die sleutelwoord "geskiedenis"
So van monumente, standbeelde en gedenktekens gepraat
Nooit gedink skryf kan sulke harde werk wees nie. En hopelik sal die monument- en standbeeldplunderaars besef dat dié mooi dorp se naam beslis nie ’n steen des aanstoots is nie.
Die puin en pyn van ons verskroeide land
Dit is op 16 Junie ’n 120 jaar gelede dat die verskroeideaardebeleid aangekondig is, wat tot die dood van duisende vroue en kinders gelei het. Petronel Fourie gee ‘n blik op die tydperk in geskiedenis wat Suid-Afrika onherroeplik verander het.
Die Slag van Donkerhoek 120 jaar later gedenk
Kraal Uitgewers het Vrydag die Donkerhoek-gedenkterrein en -begraafplaas besoek om dié slag te gedenk. Barend Uys, ’n nasaat van die Skotse regimentsersant-majoor van die 9th Lancers, Walter Grant, wat ook aan dié slag deelgeneem het, het die besoek meegemaak.
Wolkskool op radio: Ons geskiedenis
Rudi de Beer, die departementshoof van Laerskool Du Preez Van Wyk op Bronkhorstspruit, verduidelik hoekom hierdie vakrigting steeds vandag noodsaaklik en relevant is.
Loop maar lig vir beoefening van eietydse geskiedenis
Ons dink so maklik ons kan eietydse ontwikkelings akkuraat vertolk. Maar dikwels – meestal eintlik – het jy ’n bepaalde tydsverloop daarvoor nodig, en dis maar die beste om altyd ʼn bietjie beskeie te wees.
1961: Die son verrys oor die Republiek van Suid-Afrika
Op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika ʼn republiek geword, met die Vrystater Charles Robberts Swart as eerste president. Ook die Britse geldstelsel het verdwyn.
1910: Die ‘Groot Avontuur’ van Uniewording
Op 31 Mei is nie net die Vrede van Vereeniging in 1902 gesluit nie, maar die Unie van Suid-Afrika is ook op daardie datum in 1910 gevorm en die Republiek van Suid-Afrika 51 jaar later, in 1961. Petronel Fourie skryf oor die Uniewording van Suid-Afrika.
Boek: Die verdriet van België
“Die verdriet van België” is deur Daniël Hugo uit Nederlands vertaal. Die boek is deur Hugo Claus geskryf. Dit bied ʼn blik op die Vlaamse lewenswyse gedurende die tyd van oorlog, samewerking en oorlewing.
1902: ’n Bittere vrede word voltrek
Milner het vas geglo dat die Boere se eiendom vir hulle belangriker is as hul liefde vir die republieke. As die Boere die stryd in Junie 1900 laat vaar het, sou hierdie oordeel korrek gewees het. Die moed en deursettingsvermoë van die bittereinders het die verskil gemaak, soos wat Kitchener self erken het.
Boek: Terugblik
“Terugblik” is ʼn versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van vóór Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap tot die jongste gebeure.
‘Groot Griep-geskiedenis bevat riglyne vir Covid-19-plan’
Voeding is ʼn groot probleem, sê Ligthelm. In 1918 was sopkombuise en voedingstreine die redding, in 2020 kan iets soos aanlynaankope en aflewering deur groot kruidenierswinkels dalk die oplossing wees, meen hy.
Daar is lesse te leer uit die Spaanse griep van 1918
Die departemente van gesondheid en verdediging moet ag slaan op die lesse van 1918 wat insluit dat voorsorgmaatreëls streng en tot die laaste letter toegepas word.
Boek: Die grootpad is ’n grondpad
Lesers wat van kontreistories en geskiedenis hou of wat lief is vir die Karoo en sy mense sal by dié stories aanklank vind.
Boek: Die SAW en Cuito Cuanavale
Was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dít is die vraag wat Leopold Scholtz in sy jongste boek ondersoek.
Majuba: Skitterende oorwinning vir die Boer
Die Slag van Majuba, toe die skote op 27 Februarie 1881 tussen Boer en Brit geklap het, bly ʼn pluim in die Afrikaner se historiese hoed.
Op reis na die toekoms
Die hardehoutkole van ons voorouers en geskiedenis gloei in ons. Ons moet onthou hoe die vlam in die verlede telkens uit die as van vernietiging opgevlam het en dan met ywer bou aan ’n mooi toekoms vir ons – hier in Afrika!
FAK hou geskiedenis-olimpiade
Stel jy belang in geskiedenis of het jy dit as vak op skool? Dan het die FAK die ideale geleentheid om jou kennis te toets en uit te brei.
Gerekende genealoog nou deel van FAK-familie
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het besluit om vanjaar ’n nuwe genealogiese navorsingslessenaar in Pretoria vir hul lede, maar ook vir die wyer publiek, te vestig.
Paardekraal: ’n Plek van onthou en opbou
Paardekraal bly ʼn belangrike monument, en een van slegs twee (saam met Majuba) wat totaal privaat bestuur word. ʼn Goeie 2 500 mense kom jaarliks met Geloftedag hier byeen. By Paardekraal word daar gehandhaaf, opgebou en vir die komende geslag behou.