Daar móét en sál weer voluit gelééf word nadat die Covid-19-virus sy tol in 2020-2021 in ons dorpe, stede en landelike gebiede geëis het. Ons moet doen wat ons moet doen, skryf Johan Oosthuizen.
Betowerende Baviaanskloof: ’n Reis deur onherbergsame berge
“Hulle moet die volgende Mandalorian hier verfilm!” roep my seuns toe ons die Baviaanskloof binnery. Die landskap lyk werklik onwerklik, soos iets uit ’n wetenskapfiksie-cowboyfliek.
Uitkruip by 2020 en inkruip by 2021
Dis asof ek dit vir die eerste keer raaksien: Al die vere is verskillend. Nie een is perfek nie, maar saam vorm dit die twee perfekte engelvlerke. Ek lees weer die woorde bokant die vlerke. “God sal jou oppas soos ‘n mamma-voël haar kuikentjies beskerm. Psalm 91:4” …Ek dink weer oor my klaskinders wat ek daardie week moes groet en my onstuimige hart word rustig.
Chris Chameleon: Avonture op die langpad
My nuuskierigheid noop my toe tot ʼn oproep na een van Suid-Afrika se groot vragmotorvervoermaatskappye, met die versoek om twee dae saam te ry vir lewenservaring, skryf Chris Chameleon.
Só skep jy ʼn positiewe toekoms danksy lesse uit 2020
Skep uit ervaring en lesse wat geleer is – hou aan om op die positiewe dinge te fokus. Jy sal dalk nou tereg jouself die vraag afvra watter positiewe ervarings of lesse ons uit 2020 kan neem. Hier is ʼn paar wat opvallend was.
Verbruikersake: Wanneer ’n skuldinvorderaar aan jou deur klop
Kredietverskaffers begin nou die skroewe aandraai, maar verbruikers weet maar min van die proses van skuldinvordering en wat hul regte is. Ina Opperman verduidelik wat jou regte as verbruiker is en wat die invorderaar se regte is.
Ouers en leerders, skop jul jaar met gesondheid af
Jy as ouer kan hierdie gewoontes sommer vir jou hele gesin aanleer sodat jou kinders van jongs af ’n gesonde leefstyl handhaaf. As jy dalk ’n onderwyser is, verstaan ek hoe besig jou rooster mag wees en hierdie gesonde leefstyl sal jou net meer energie gee om die jaar met al sy uitdagings aan te pak.
Ons Franse kasteel: Om aanpasbaar te wees
Die wêreld verander elke paar jaar, maar wees stil en fokus op dit wat standvastig is en onveranderd sal bly, skryf Sunita McDonald uit Frankryk.
Op ʼn plek ver hiervandaan
Daar’s huil in my keel terwyl ek jou help skeer voordat ek jou rolstoel tot onder die wilger stoot en langs jou gaan sit.
Lank gelede was daar ʼn pastorie in Skeerpoort…
“Vroeg in 1912 was daar groot konsternasie toe een van die gemeentelede ʼn konsert in die tydelike kerk, waarskynlik Scrooby se skuur, gehou het.”
Wat het ons geleer uit 2020? Spaar!
Suid-Afrikaanse verbruikers het verlede jaar baie lesse geleer en een van die belangrikste lesse was dat spaargeld handig te pas kom in ’n krisis soos die pandemie. Ina Opperman gee raad hoe om te spaar.
Die eerste wankelrige treë
Verlies het ’n onwelkome en dikvellige huisgas geword.
Vergeet om te onthou
Van dié siekte verstaan ek min omdat ek so min weet – selfs jare ná my eie pa se dood en sy vergeetsiekte.
Hoe pak ek as gelowige vrou ’n onbekende 2021 aan?
God het jou in die verlede deur moeilike tye gedra, Hy sal dit weer doen.
Om te kajak tussen krokodille, seekoeie en haaie
Seekoeie is die daaglikse voetgangers in St. Lucia en van die plaaslike mense vertel dat daar soms ’n luiperd sy gesig op hul voorstoepe kom wys. Die blouapies steel graag sigarette – ons het eerstehandse ervaring.
Buskruit en Laventel: ’n Kultuurspens van gister
Sewe maande later as wat ons aanvanklik wou, vanweë Covid-19-inperkings, draai ons by die plaashekke in waar Nico Moolman sy museum Buskruit en Laventel net buite Utrecht, in KwaZulu-Natal, ingerig het. Die opwinding en verwagting is groot, want dis my eerste besoek aan dié unieke plek waaroor ek al soveel gehoor en gelees het.
Werk slim met jou finansies in 2021
Die jaar 2020 was ’n moeilike jaar en ekonome voorspel dat 2021 selfs moeiliker kan wees. Om ’n effektiewe begroting te gebruik om jou finansies doeltreffend te bestuur, verskaf ’n sterk fondasie vir jou finansiële welstand, skryf Ronel Jooste.
Rubriek: Komaan, Suster, bly by of bly agter!
Gaan was jou masker, drink jou gesondheid-smoothie, trek jou skirt hoog op en kom help trek, Suster! Januarie 2021 is hier!
Ervaar Heidelberg, en SA, se erfenis só
Heidelberg se leuse is Spero Meliora – om hoër te strewe. Wanneer ons weer voor die ou stasiegebou stop en ek gekarwei word na die mikrobrouery wat Heidelberg se eie boetiekbier met ʼn erfenistema brou, weet ek – Heidelberg se geskiedenis getuig daarvan dat hierdie strewe bereik is.
Só word drome waar
Het jy geweet dat jy jou drome kan waar maak deur jou oë toe te maak en te begin visualiseer?