Ons herlaai ons battery in die Riebeek-vallei en geniet so kuier-kuier bo-oor Kasteelberg die ware Swartlandse gasvryheid waarvan mens deesdae net in tydskrifte lees, skryf Maryke Roberts.
Regulasies vir sakereis: Kenner gee antwoorde
Oz Desai, algemene bestuurder vir sakereise by Flight Centre, gee antwoorde op sommige van die sakereisigers se kwelvrae oor hul komende vlug:
Boek: Reise met Schoeman
Karel Schoeman was bekend vir reisverhale wat uit sy eie ervarings geskryf is. Het jy geweet dat hy in verskillende dele van Europa gewoon het en onder meer as verpleër in Glasgow, Skotland, gewerk het? Lees meer oor Reise met Schoeman.
GT Camper-wenner is trots Afrikaans!
“As ons kon, het ons dadelik die Kgalagadi-oorgrenspark en daarna Namibië besoek.”
Ses van die bestes: Multidag-staproetes vir jou wenslys
Wink solank jou mense nader en besluit op ʼn stapavontuur waarmee julle jul vryheid kan vier: beplan nou en bespreek sodra besprekings open.
Vlugte tydens vlak 3: Hier’s wat sakereisigers kan verwag
Lees hiér alles oor vliegtuigkaartjies, veiligheidsmaatreëls in vliegtuie en hoe gereeld vlugte by lugrederye beskikbaar sal wees.
Kgalagadi: Die plek van avontuur, eensaamheid en vryheid
As jy soos die meeste Suid-Afrikaners al smag na ʼn tikkie vryheid en enige verskoning om die lang pad te vat, sal ʼn week onder die helder sterreruim en tussen die rooi duine van die Kgalagadi-oorgrenspark vir jou soos ʼn stukkie hemel op aarde klink.
Ontdek die reis in en om jou huis
“Dit drup-drup nog so effens, toe gaan ek al buitentoe. Ek kan nie meer wag vir die son nie. Dit is jammer dat dit reën – veral nóú in die afsonderingstydperk. Ek wil so graag buite braai en kuier saam met my huismense.”
Namakwaland se blomme in die tuin van die Skepper
Elke jaar gedurende die lentemaande ontwaak die sluimerende westelike dorsland van Suid-Afrika in ʼn dankbare skouspel van golwende kleure. Selfs onder die plaaslike gemeenskappe bestaan die legende wat lui dat toe God die aarde gemaak het, Hy die beste vir laaste gelos het en sy tyd geneem het om die asemrowende Namakwaland …
Wen ʼn R230 000 ‘Hotel-in-die-bos’ met Virseker
Wen ʼn vernuftige kampsleepwa ter waarde van R230 000! Skryf nou in
10 lekker feite oor SA vir die gemakstoelreisiger
Ons land is propvol interessante feite en jy hoef nie eens jou gemakstoel te verlaat om die land te verken nie!
’n Bootreis: Die Kanariese Eilande
Las Palmas de Gran Canaria waar die reis begin en geëindig het, is die grootste stad van die Kanariese Eilande met 380 000 inwoners en is ook die setel van die outonome regering.
’n Bootreis: Madeira
Ek was bevoorreg om saam met my pa op ’n bootreis te gaan. In die tyd van die koronavirus was dit die laaste reis van dié aard – vir eers.
Covid-19: Só lyk SA se reisbeperkings
Dis beslis nie ʼn goeie tyd om vakansie te hou nie. Suid-Afrika se streng reisbeperkings tree Woensdag in werking.
11 romantiese wegbreke in die berge
’n Romantiese wegbreek in die berge omring deur vars lug en onvergeetlike natuurskoon kan wonders vir enige verhouding verrig en ons dink dis tyd dat jy en jou geliefde na die berge ontsnap!
Knokke – as jy moeg word vir die lewe in ’n Belgiese stad
Halfvyf die middag vertrek die laaste trein uit Knokke. Ek is tevrede ná ʼn dag langs die strand. Ek weet nou: as jy moeg word vir die lewe in ʼn Belgiese stad, gaan bietjie see toe.
Covid-19: Wat van my reisplanne?
Sekere groot lugrederye kom hul passasiers in dié stadium tegemoet.
Uiteet met ʼn uitsig en ikoniese dagstappe in die Tuinroete
Dis amper weer herfsvakansie, die tyd van die jaar wanneer Suid-Afrikaners van heinde en ver na die Tuinroete stroom vir ʼn kort en kragtige breek. Carina Stander deel ‘n paar reiswenke vir jou vakansie.
Spaar só vir daardie droomvakansie
Droom jy ook van vakansie hou in eksotiese plekke en om kleurvolle mengeldrankies op die strand te drink, maar jou bankbalans wil dit net nie toelaat nie? Hier is raad!
Staptoere nooi jongmense uit om Afrikanergeskiedenis te leer
Al drie toere is deel van AfriForum Jeug se veldtog om jongmense se leierskap, kennis en vaardighede te ontwikkel en hulle aan te moedig om ’n verskil in hul gemeenskap te maak.