“Daarmee kan ons 1 200 jong mense help om by geakkrediteerde tersiêre instellings met ʼn rentevrye studielening te gaan studeer.”
Alles vir die sleutelwoord "opleiding"
Foto’s: Ambagstudente betree nuwe Sol-Tech-kampus
“Vir elkeen van die studente wat ons vandag verwelkom is dit die begin van ʼn wonderlike studentelewe.”
Covid-19 stuit nie studie by Akademia
Ondanks die ontwrigtende tydperk waarin die wêreld tans verkeer, is Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia reeds goed op dreef om hierdie akademiese jaar op ʼn hoë noot af te skop.
Vryspraak: Naskoolse opleiding met die oog op ’n selfstandige gemeenskap
Betekenisvolle naskoolse opleiding is dalk die belangrikste bymekaarkompunt van al ons ander inisiatiewe en ondernemings. Dit is ‘n uitdaging waarvoor ons nie durf terugdeins nie, ‘n roeping waarvoor ons nie durf doof wees nie.
Studiefonds gedenk seuntjie se lewe
Die Christo Engelbrecht-studiefonds is beskikbaar vir ’n passievolle jong mens wat met deernis tot alle uithoeke sal gaan om vir die lewe van ’n kind te veg. Dié kandidaat moet opgelei word as pediater, pediatriese ISE-spesialis of pediatriese neuroloog.
Wêreldgehalte onderrig, wêreldwyd in Afrikaans
Vanaf 2021 sal Afrikaanssprekendes in die buiteland die geleentheid hê om ook ʼn kwalifikasie deur dié private hoëronderwysinstelling te voltooi. Dit is net nóg ʼn manier hoe Akademia Afrikaans op tersiêre vlak bevorder.
NSFAS-studiehulp: Hoe doen ek aansoek vir 2021?
“Suid-Afrikaners betaal baie belastinggeld. Daarom wil ons elke student en matrikulant wat kwalifiseer vir studiehulp by NSFAS aanmoedig om dit te doen.”
Virseker Trust bring hoop vir studente
“Die ondersteuning wat die Virseker Trust en Helpende Hand se Studiefondssentrum vir my gegee het, beteken werklik die wêreld vir my. Hulle het vir my ʼn kans gegee om my drome uit te leef en om iets van myself te kan maak.”
Foto’s: Só vorder bouwerk aan Sol-Tech-kampus
“Die bouers is vinnig besig om tyd in te haal en ons behoort steeds teen Desember op die nuwe kampus te kan intrek. Die grootste bouwerk en konstruksie is amper klaar waarna die fynere afwerkings en binnewerk aan die gebou op die kampus kan begin.”
Klasse by Akademia gaan ononderbroke voort
Studente gaan ononderbroke met die akademiese jaar voort – hoewel hulle dit nou net effens anders doen.
Van goeie gebaar tot studiebeurs danksy FroueVonds
Claudia is een van die 12 FroueVonds-studente wat in 2020 die geleentheid tot ’n tersiêre kwalifikasie ontvang het. Sy is tans besig met haar diploma in besigheidsadministrasie aan Susca Watts Akademie op Middelburg.
Akademia bied eerste nagraadse kwalifikasies aan in finansies, opvoedkunde
Die Afrikaanse private hoëronderwysinstelling Akademia het Woensdag drie nuwe nagraadse kwalifikasies vir 2021 bekendgemaak.
Aros brei uit met nuwe opleidingsgeleenthede in die onderwys
Aros het onlangs akkreditasie by die departement van hoër onderwys en opleiding ontvang om vanaf 2021 twee nuwe onderwyskwalifikasies aan te bied.
Perde help met leierskapsopleiding
Derdejaarstudente by die Militêre Akademie in Saldanha is dit eens dat vyf dae van perd-gesteunde leierskapsopleiding hulle geleer het om meer geduldig te wees, kalm te bly en ’n situasie eers op te som voordat daar opgetree word.
Akademia bied nou ook LLB aan
Akademia het pas bekendgemaak dat die Afrikaanse hoëronderwysinstelling van 2020 die graad BCom (Ekonomie en Regte) aanvul met Baccalaureus Legum (LLB).
Akademia steek kers op by opvoedingsuniversiteite in VSA
Akademia wil die beste uit die wêreld na die Afrikaanse gemeenskap bring en die beste uit Afrikaans na die wêreld neem. Dié hoëronderwysinstelling bereik hierdie doelstelling onder andere deur akademiese bande met veral internasionale universiteite te smee.
Solidariteit Beweging: Groot planne vir ʼn veiliger toekoms
“Die Beweging se suksesresep is dat daar nie tyd is om te wag tot almal soos ʼn hegte eenheid saamstem nie, maar dat vordering vinnig tot ʼn samebindende eenheid lei.”
Só skep die Beweging ʼn toekoms vir Afrikaanse onderwys
“Panyaza Lesufi, die Gautengs LUR vir onderwys, het stuipe gekry oor die kampus van Sol-Tech ter waarde van R300 miljoen wat nou gebou word. As Lesufi van Akademia se nuwe kampus hoor is ek bevrees die man gaan ʼn beroerte kry.”
65 maniere om jou vaardighede in 2020 uit te brei
“Dit help nie om net te staak soos wat die bankvakbonde wil doen met die verandering wat nou lei tot afleggings in die banksektor nie. Veerkragtigheid is die nuwe gonswoord en dit is Solidariteit se verantwoordelikheid om werknemers met die nodige kennis toe te rus om te verhoed dat hulle uit die nuwe ekonomie uitfaseer word.”
Lesufi se dinges, man!
Hy sal gehalteonderwys offer op die brandstapel van sogenaamde nierassigheid. Hy kon in sy hele Sol-Tech-tirade homself nie een keer sover kry om te sê dat ’n privaat instelling ’n waardevolle bydrae kan lewer aan die breër Suid-Afrikaanse samelewing nie.