Die vraag bly, hoe berei ʼn mens jou voor op die reis deur 2019 wat voorlê?
2019 ʼn silwer randjie aan 2018 se donker wolk
Dit is so dat die donker wolke van 2018 nog swaar oor die land hang, maar daar is wel ʼn groeiende silwer randjie sigbaar aan die begin van 2019.
2018 se belangrikste nuus
Hier is van die talle internasionale nuusgebeure wat in 2018 die wêreld laat regop sit het.
Historiese blik op Jesus van Nasaret
Geloof is iets waaroor ’n mens moeilik wetenskaplik kan redeneer. Jy glo, of jy glo nie. Maar as ’n mens dieper grawe, kan jy jou wel afvra waarop daardie geloof berus. Is daar verifieerbare feite wat die geloof objektief gesproke aanneemlik maak, of is dit ’n blinde geloof, vra Leopold Scholtz.
Die krag van my mense
Ons kan 2018 afsluit en 2019 ingaan met die krag van ons mense. Ek glo in saam, ek glo in ons. Ek glo in gemeenskapskrag. Ek glo aan ’n gemeenskap wat saamwerk. Ek het hierdie jaar die krag van my mense gesien. Ek sien uit na 2019 om met die krag van my mense te werk.
Podlitiek: Wat het Kersfees te doen met die Suid-Afrikaanse gemeenskap?
Wat het Kersfees te doen met die Suid-Afrikaanse gemeenskap, ons regstelsel en ons geskiedenis? Luister en lees gerus om uit te vind!
Die einde van die steenkoolera in Duitsland
ʼn Lang hoofstuk van die nywerheidsgeskiedenis in Duitsland, die ekonomiese reus van Europa, is afgesluit.
Ou politieke orde in Europa verloor nog meer veld
Met die Europese verkiesing oor drie maande, lê ’n interessante tydperk vir Europa voor. Dat die ou liberale politieke orde toenemend aan die verloorkant is, is nou ’n uitgemaakte saak.
Die syferspeletjie van die omstrede wetsontwerp
Volgens die verslag van die 2017-’18-Kommissie is die swart Suid-Afrikaner-bevolkingsgroep se verteenwoordiging op die “professioneel gekwalifiseerde vlak” in die privaat sektor hoër as dié van die wit bevolkingsgroep.
Geloftedag: ‘Ons toekoms is in ons eie hande’
“Hoewel ons dit nie graag wil erken nie, moet ons besef dat ons vandag weer in ’n oorlewingstryd is.”
Geloftedag: ’n Eksklusiewe geleentheid?
16 Desember 1838. Die slag van Bloedrivier. Geloftedag. Afrikaner-volksfees. Perdekommando’s, tradisionele drag, skyngevegte en goeie Boere-vermaak. Dit is waarskynlik hoe die gemiddelde Afrikaner oor Geloftedag dink.
1838 en 2018 – Twee dramatiese jare oor grond
Hierdie artikel is ’n opsomming van die toespraak wat dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, op Geloftedag by die Brits Geloftefees gelewer het:
Podlitiek oor Geloftedag: Ons eie erfenis en die plek van die Afrikaner in Afrika
Hierdie episode is bedoel om die luisteraar te laat dink, te laat saamstem, of te laat verskil. Luister gerus na hierdie spesiale Geloftedag-episode van Podlitiek!
Suid-Afrika se korrupsie kom nie van gister af nie
Staatskaping en korrupsie oorheers lank reeds ons nuusgebeure. Maar dit het begin nog voordat Jacob Zuma in die saal beland het.
Daar is nie ‘Suid-Afrikaners’ nie
Laat ons eerder ʼn gemeenskap van wedersyds respekterende gemeenskappe wees, as individuele lede van ʼn nasie van Suid-Afrikaners wat nie werklik bestaan nie.
Maroela se geskenk aan jou is ʼn Kerstyd propvol goeie nuus
Ons geskenk aan jou vanjaar is ‘n goeienuus-feestyd. Gedurende die vakansietyd rondom Kersfees en Nuwejaar gaan ons dít wat ons kies om te publiseer, só kies dat dit jou opbeur, inspireer, moed gee en nuwe hoop laat kry. Lees Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, se brief om seker te maak jy is op hoogte met wat jy rondom Kersfees en Nuwejaar op Maroela Media te wagte kan wees.
Wat sit agter Frankryk se geelbaadjie- protes?
Die massabeweging van die “gilets jaunes” (geel baadjies) hou Frankryk nou al vir meer as drie weke aan ʼn lyntjie. Wie is die Geelbaadjies?
Noord-Sentineleiland: ʼn Ander perspektief op sendelingmoord
Strydom het hierdie Facebook-inskrywing gemaak ná ʼn leser hom gevra het oor sy mening oor die onlangs gebeure op die Noord-Sentineleiland waarin ʼn sendeling vermoor is.
Weste moet optrede van Saoedi’s in Jemen veroordeel
Dit is hoogtyd dat Amerika en ander Westerse lande hard en duidelik die optrede van Saoedi-Arabië in Jemen veroordeel.
Bly of gly?
Ek besef hierdie onderwerp is al baie gedebatteer en dat almal hul eie opinies het, maar hier is my storie.