Dominee Tienie begin speel. Binne tien minute het ons almal vergeet van looprame, van pyne en skete, van pilletjies wat gedrink moes gewees het, van die gesukkel met trappe en hysbakke en looprame…
Julius Caesar, Cyril Ramaphosa en grondhervorming
Ondanks die intensiewe aandag wat grondhervorming in Suid-Afrika tans geniet, is daar een feit waarop ons gerus meer gereeld kan let: grondhervorming is allermins ʼn nuwe verskynsel.
Mag jy ook met eer dien soos Mabel Jansen
Hoe dien mens met eer? Dit is om dalk ʼn entjie verder te ry om ʼn Afrikaanse onderneming te ondersteun. Dit is om jou kinders na ʼn Afrikaanse skool te stuur, maar om terselfdertyd ander kulture in ons land te respekteer en saam te sorg dat dinge in ons geliefde land vir ons werk. Dit is om in jou gemeenskap betrokke te wees.
Podlitiek: Facebook geskok, DA se onderrok en by Coligny gejok
Hierdie week bespreek Podlitiek vier van die gebeure in hierdie kontrasterende tye, naamlik die skokkende Facebook-video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny-moordsaak, asook gebeure in Zimbabwe.
Liberale demokrasie is op die agtervoet
Verskeie studies toon tans dat die opkoms van Westerse liberale demokrasie wat die wêreld in die 1990’s beleef het, tot ’n groot mate tot stilstand geruk is en in baie wêrelddele selfs agteruit boer.
Die ANC se beproefde resep om dorpe te laat ontplof
Die afgelope jare se politieke ontploffings op dorpe soos Coligny, Schweizer-Reneke en talle ander, het nie vanself gebeur nie. Dit het dekade lange toegewyde wanbestuur en harde nikswerk gekos om die klimaat te skep om eens vreedsame dorpe te laat ontplof, skryf Flip Buys.
Inderdaad tevergeefs sonder die Here
Ons benadering by AfriForum is dus om ons aksies en standpunte op Christelike beginsels te skoei, maar om nie die rol van die kerk te betree nie. Ons streef daarna om ons Christelike beginsels uit te leef in die besluite wat ons neem en die aksies wat ons uitvoer en om in ons persoonlike hoedanighede betrokke te wees waar ons kan.
Lesse wat ek by ta’ Miem geleer het
Vandag het ons gemeenskap opnuut weer uitdagings. Soortgelyke uitdagings, maar in ʼn ander tyd. In tant Miem se storie het ek opvallende leerpunte my eie maak, skryf Henk Schalekamp.
Lesse te leer uit die Schweizer-sage
Die politieke debat en sosialemedia-oproer oor die eerste skooldag by Laerskool Schweizer-Reneke het nog nie bedaar nie. Die vraag is: Wat het hierdie gebeure veroorsaak en wat kan almal hieruit leer?
Hoe vergelyk Zondo-kommissie met eertydse Erasmus-kommissie en Inligtingskandaal?
Vanjaar, 41 jaar gelede, het PW Botha eerste minister geword en van John Vorster en Connie Mulder ontslae geraak, ongeag die waarheid. Hiervoor het hy die Erasmus-kommissie en die Inligtingskandaal gebruik. Hoe het die Erasmus-kommissie dit gedoen en kan ons daaruit leer om seker te maak die Zondo-kommissie word nie só misbruik nie?
Al weer die falende staat
TLU SA het aangedui dat hy stappe teen die regering oorweeg en die moontlikheid van ’n klasaksie ondersoek waardeur boere dalk skadevergoeding kan eis.
Wat maak mens gelukkig?
Ons situasie in Suid-Afrika bied aan elkeen die geleentheid om met dankbaarheid en diensbaarheid goeie deugde in en deur ons gemeenskap te beoefen.
Migrasie – ʼn wêreldwye verskynsel met diepsnydende implikasies
Ons moet ernstig kennis neem van die belangrikheid van migrasie as ʼn faktor wat die internasionale en plaaslike politiek beïnvloed en as ʼn saak wat toenemende eise aan politieke rolspelers stel, skryf prof. Theo Neethling.
Podlitiek: ANC-manifes, Schweizer-protes en Denel-moles
Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019-manifes, die Schweizer-Reneke-protes, die Denel-moles en Gillette wat geslaan word vir ’n ses.
Namibië skrap SEB, maar SA vra meer
Pres. Hage Geingob van Namibië het die land se 25%-SEB verlede jaar afgeskaf, maar Suid-Afrika wil dit nóg strenger toepas om die ekonomie te laat groei.
Frankryk se geelbaadjies en die rewolusie van die werkers
Wat ook al in Frankryk gaan gebeur, wil dit voorkom of die Europese bevolkings toenemend in opstand kom teen hul eie verkose leiers se selfsug en hul ignorering van hul kiesers se wense.
Verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo
Die Demokratiese Republiek van die Kongo verteenwoordig alle probleme van Afrika in sy ergste graad en is ʼn gevallestudie van ʼn land met geweldige potensiaal vir wie egter alles sedert onafhanklikheid in 1960 verkeerd geloop het.
Medici in krisis
As Suid-Afrika werklik op pad wil wees na eerstewêreldstatus, behoort ons alles in ons vermoë te doen om hooggekwalifiseerdes van die begin af welkom en gewaardeerd te laat voel – en dit is nie wat tans gebeur nie!
Tien verlore jare: ’n Ver-dom-de land weens verdommende beleid
“Vir elke professionele persoon wat na Suid-Afrika immigreer het agt professionele mense geëmigreer.”
ANC het nog nooit getransformeer
Die ANC het pas sy stigting – 8 Januarie 1912 – gevier. Een van die dae vier die party sy eerste kwarteeu aan die bewind. Dis ’n goeie tyd vir ’n bestekopname.