“As jy droom, moet jy dit nie net daar laat nie. Jy moet jou droom najaag, hard werk, doelwitte stel, in jouself glo en vashou aan die wete dat jy daardie droom ʼn werklikheid kan maak.”
Verskillende skole beskikbaar vir dowe kinders
Die sleutel tot sukses vir jou kind met gehoorverlies, ongeag in watter skool hy of sy is, is die ouers se toewyding en betrokkenheid. As ouer moet jy aktief deelneem in jou kind se onderrig.
Juffrou wil egskeiding-kinderboek in Afrikaans laat vertaal
“Boeke wat hierdie persoonlike en sensitiewe kwessies behandel, is toegankliker en doeltreffender vir ʼn jong leser as dit in sy of haar moedertaal is. Ek dink hierdie kan ʼn handige handboek wees vir Afrikaanse kinders wat egskeiding ervaar het, en ʼn uitstekende toevoeging tot die Afrikaanse kinderliteratuur.”
Hoe gemaak met kreatiewe angs?
Studies toon dat ons kreatief gebore word. Dis as’t ware ʼn ingebore talent, maar soos die jare aanstap én as gevolg van verskeie eksterne faktore gaan hierdie talent mettertyd verlore.
Therese Bam slaggereed vir moederskap
“Dit voel asof ek op die oomblik in ʼn kokon is en as ek aan die anderkant uitkom is ek ʼn ma.”
Tienerselfdood: Trauma, tekens en terapie
Maroela Media het met ’n paar kenners oor die kommerwekkende toename in tienerselfdood gesels.
Kinders moet gekoester voel om pandemie te kan deursien
Wat dryf ’n kinderberader om 100 konsultasies gratis te bespreek, al weet sy vyf maande vooruit dat sy duisende rande se onbetaalde werk gaan doen?
Sanger vra hulp om honger te stop
Dié video maak mense van die hongersnood in Afrikaanse gemeenskappe bewus.
Luister: Die Kinderwet, gesinshereniging en pleegsorg
Henda van der Merwe van die CMR Gauteng-Oos het ʼn paar vrae beantwoord oor die verwydering van kinders uit ouerhuise, asook die gesinsherenigingsproses. Sy het meer oor die Kinderwet vertel en die rol van pleegsorgouers bespreek.
Hoe gemaak met my dowe kind se taalvaardigheid?
Verder het meer gespesialiseerde studies gewys dowe kinders met kogleêre inplantings wie se eerste taal ’n gebaretaal is, vaar veel beter in geletterdheidstake as dowe kinders met kogleêre inplantings wie se enigste taal ’n gesproke taal is. Die studies se resultate wys weer vir ons hoe belangrik dit is om so gou as moontlik taal beskikbaar te maak aan kinders met gehoorverlies.
Taksvoordeel vir ouers van gestremde kinders in gedrang
Ouers van kinders met gestremdhede dok soms tot vyf keer meer op as wat die skoolgeld vir kinders in gewone hoofstroomskole beloop.
Speel ons kinders nog?
Ouers moet besef dat “jagentjies” op die grasperk speel net so opvoedkundig soos die wiskundespeelgroep kan wees. Hierdie aktiwiteite kan ook nie in ’n kwaliteittyd-oomblik ingepas word nie. Kinders het genoeg tyd nodig om net te wees en ongestruktureerd te speel en hul verbeelding te ontwikkel.
Gehoorverlies in die eerste jaar ná geboorte
Op die ou end wil mens net weet of jou baba op gepaste klanke reageer. Baie dowe kinders kan slegs harde geluide hoor. Daarom moet jy kyk of hy of sy op al die normale geluide wat jy kan hoor, reageer. Die beste aanduiding is altyd jou sesde sintuig.
Breinvirus laat dogter gestrem, ma vertel
“Maar later het ek net besef as ek vir Anneke moet wag om gesond te word voor ek weer gelukkig is, gaan ek vir ewig wag en ek kan nie. Ek wíl gelukkig wees. Ek het ʼn keuse gemaak.”
Leerstyle is só laasjaar!
“Die aanbieder beweer dat leerstyle ’n mite is en dat daar geen wetenskaplike bewyse is wat die teorie ondersteun nie. Leerstyle is in die 1970’s laas werklik ernstig opgeneem en mense wat daarin glo, werklik te min lees.”
Kinderbeskermingsweek: Dit begin by ’n groen strikkie
Van ʼn eenvoudige aksie soos om ʼn groen strikkie te dra tot ʼn groot internasionale projek om kinders se veiligheid aanlyn te bevorder.
Stygende werkloosheid en die prys wat gesinne betaal
“Ons hoef maar net om ons rond te kyk en sien hoeveel hotelle toegemaak het – in ʼn 5 km-radius in Centurion tel ons drie – om te weet die prentjie gaan nie gou verander nie. Ons maatskaplike werkers sien reeds lankal die impak van werkloosheid op gesinne – en dit gaan oor veel meer as kospakkies uitdeel.”
Nóg ʼn kind in hospitaal oor Tiktok-uitdaging
’n Jonger kind is verlede week onder soortgelyke omstandighede in die hospitaal opgeneem weens dié nuwe uitdaging op Tiktok.
SA kan nie ʼn leerverlore generasie bekostig nie
Leerverlies vind plaas as ʼn leerder om een of ander rede ʼn onderrig-agterstand ondergaan.
Studente, leerders baat by ‘Ek KAN lees’-projek
Die projek het die afgelope vier jaar in ’n belangrike inisiatief vir maatskaplike opheffing ontwikkel waarby menige jong leerder en onderwysstudent baat vind.