Die uitsig is iets vir jou fotoalbum. Toe ek die eerste keer daar gestaan het, was Ponta do Ouro vir my die mooiste stranddorpie wat ek al ooit gesien het.
SANParke bied gratis toegang tot hierdie parke
Besoekers kry van 22 tot 26 November heeldag gratis toegang tot uitgesoekte nasionale parke.
Bietjie De Hoop vir almal wat dit nodig het
Wat is dan nou lekkerder as om weg te breek na ʼn plek waar die bokke, volstruise en bergkwaggas vry rondloop, kinders kan hardloop en lag en jy met ʼn skemerkelkie die sonsondergang kan dophou? Kom loer in by De Hoop.
Gr. 11’s en 12’s, hier is ’n eksklusiewe bosveldkamp net vir julle
Berchtesgaden Game Ranch and Lifestyle Farm bied twee afsonderlike, unieke kampe gedurende die komende Desembervakansie vir gr. 11- en 12-leerders aan.
‘Squid Game’ se gewildheid lei tot reistoename na Suid-Korea
Sedert die reeks op 17 September in Suid-Afrika sy debuut gemaak het, het soektogte vir vlugte na Suid-Korea met sowat 40% toegeneem.
Tafelberg wen gesogte toerismetoekenning
“Hierdie toekenning kon nie op ʼn beter tyd aangekondig word nie.”
Stanford: ’n Buitelugavontuur in die ‘vallei van drome’
Die hoogtepunt van enige besoek aan Stanford is die enkelspoor wat flink en vrolik deur die fynbos kerjakker. Saal dus daai ysterperd op en begin trap, want die magiese enkelspoor wag.
Op die Vergete Grootpad met ʼn wa en ses perde
Vier mans hoop om die honderde kilometer tussen Hopetown en Ceres op die sogenaamde Vergete Grootpad saam met hul ses perde en wa aan te pak.
Staan opsy Covid, SA’ners wil trou, vakansie hou
Lekkeslaap het in September ’n rekordtal besprekings ontvang terwyl lodges al navrae van oorsee begin kry.
Stellenbosch Wynroetes ’n bestemming op sigself
Dis vandeesmaand nog lekkerder om in Stellenbosch te kuier: die akkerbome is oortrek met nuwe, amper-te-groen blare; die Stellenbosch Wynroetes vier vanjaar sy 50ste verjaardag – die land se eerste en oudste – en op 9 Oktober word Internasionale Pinotagedag gevier, skryf Maryke Roberts.
Kom kuier saam op Long Beach Mauritius
Op soek na ʼn vakansie wat vir jou die perfekte balans tussen opwindende avontuur en salige ontspanning bied?
SA eindelik van Britse rooilys verwyder
Dit is amptelik, Suid-Afrika word van Brittanje se reisrooilys verwyder.
Kaapsehoop se perde: Bewaar dié bergdorp se kleinood
Sal daar oor honderd jaar van nou af steeds perde rondom Kaapsehoop wees? Sal ʼn mens steeds die manjifieke diere iewers oor die grasvlaktes op die Blouswaelvlakte sien galop?
SA glo binnekort van Britse rooilys
’n Regeringsbron het aan ’n Britse publikasie gesê Brittanje se lang rooilys van 54 lande sal glo in die komende week tot slegs nege lande verkort word.
Klipdorpie Clarens: Oermooi en outentiek
Clarens word dikwels “die Juweel van die Vrystaat” genoem – ʼn dorpie gebou uit die pragtige klip van die omgewing.
Welkom in Mauritius… idilliese eiland gooi grense weer oop
Sowat ʼn kwart van die land se mense werk in die toerisme- en gasvryheidsbedryf, ʼn sektor wat deur die Covid-19-pandemie tot stilstand gedwing is.
Woede oor SA steeds op Britse rooilys bly
Ten spyte van ʼn daling in Suid-Afrika se infeksiekoers, is Suid-Afrika steeds op Brittanje se rooilys, ʼn besluit wat groot gevolge vir veral die toerismebedryf inhou.
Nuwe dinosouruspark open binnekort
SANParke is vol vertroue dat die sentrum eindelik ʼn platform sal wees vir veral jong besoekers om hulle oor dinosourusse – en die talle ander aantreklikhede in die park – in te lig.
God’s Window kry eie lugbrug
Die God’s Window-lugbrug sal na raming hoër wees as die Grand Canyon-lugbrug en die Zhangjiajie-glasbrug in China, wat 260 m op sy hoogste punt is.
Foto’s: Trap-trap deur Thongaland
Met uitstaande bergfietsroetes, grootwild oral waar jy kyk en somer die grootste deel van die jaar, kan jy gerus maar opsaal en in iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal gaan kuier.