Seekoeie is die daaglikse voetgangers in St. Lucia en van die plaaslike mense vertel dat daar soms ’n luiperd sy gesig op hul voorstoepe kom wys. Die blouapies steel graag sigarette – ons het eerstehandse ervaring.
Buskruit en Laventel: ’n Kultuurspens van gister
Sewe maande later as wat ons aanvanklik wou, vanweë Covid-19-inperkings, draai ons by die plaashekke in waar Nico Moolman sy museum Buskruit en Laventel net buite Utrecht, in KwaZulu-Natal, ingerig het. Die opwinding en verwagting is groot, want dis my eerste besoek aan dié unieke plek waaroor ek al soveel gehoor en gelees het.
Pak jou tas vir ’n vakansie soos min by Winterton
Om aan die voete van die Drakensberge in KwaZulu-Natal te kuier terwyl die pieke hoog bo jou uittroon, is ’n ware voorreg, glo Maryke Roberts.
Ervaar Heidelberg, en SA, se erfenis só
Heidelberg se leuse is Spero Meliora – om hoër te strewe. Wanneer ons weer voor die ou stasiegebou stop en ek gekarwei word na die mikrobrouery wat Heidelberg se eie boetiekbier met ʼn erfenistema brou, weet ek – Heidelberg se geskiedenis getuig daarvan dat hierdie strewe bereik is.
Foto’s: Daardie pad Kaap toe
Op ’n tyd kon ek die dorpe en stede langs die N1 vanaf Pretoria tot Kaapstad soos ’n rympie opsê: Kroonstad, Bloemfontein, Colesberg, Beaufort-Wes, Laingsburg. Wat sou ek nie opgee vir daardie ure in die kar as kleinsus ingeprop tussen drie ander nie? Dit is ʼn reis wat ek enige iemand gun.
Tosca de Villiers reis deur Parys, Frankryk
Die geleentheid om die stad van lig en liefde op ʼn rustiger, ondersoekende manier te verken, laat jy nie deur jou vingers glip nie. Hierdie kans kry ek toe my niggie met ʼn Fransman trou en ek hul woonstel in Parys vir bietjie meer as twee weke oppas, skryf Tosca de Villiers.
Dié beeldhoutuin bring ons terug na die tuin wat ons verloor het
Dylan Lewis se beeldhoutuin op Mulberryplaas, buite Stellenbosch, is ’n plek van harde werk, maar ook ongelooflike vrede.
Berlynse paleis ná jare en talle struikelblokke voltooi
Daardeur het Berlyn weer sy historiese hart teruggekry.
Luister: Op die spoor van kuberkrakers in Turkye, Italië
“Omdat ek self daar was, in die stede gewandel en verskriklik baie foto’s geneem het, het ek besluit om dit op ʼn manier in ‘Donker Web’ te gebruik.”
Pak jou tas want Paternoster gaan jou pas
Paternoster is ’n ware wegbreek en die soort seevakansie waarna jy as kind heeljaar uitgesien het en nou as grootmens weer kan herleef. Wanneer die R399-pad van Vredenburg jou motor by die stopstraat laat halt, word die eerste arm met ’n allemintige kreef letterlik deur jou oop ruit gesteek met die uittand-groet: “Krief! Krief!” en die spanning in jou skouers gee skiet, skryf Maryke Roberts.
Interessante Nuwejaar-tradisies van reg oor die wêreld
Granate, gebreekte glas en druiwekorrels – kyk hier hoe wy ander lande die Nuwejaar in.
Die lief en leed van die oorspronklike Geloftekerk
In die hartjie van Pietermaritzburg staan ʼn stokou gebou waarin belangrike geskiedenis agter pragtige houtdeure opgesluit is. Dit is die eerste Geloftekerkie wat gebou is kort nadat die Slag van Bloedrivier plaasgevind het.
Departement waarsku Suid-Afrikaners wat Kerstyd oorsee reis
Meer as 30 000 Suid-Afrikaners wat op alle uithoeke van die wêreld gestrand was, is sedert Maart, nadat die land se afsonderingstydperk in werking gestel is, op 350 repatriasievlugte huis toe gebring.
Brandhout vir die oudag: Die keuses in Italië is eindeloos
Du Plooy sê Florence is nog ʼn moet met so ʼn besoek aan Italië. Gaan drink en eet iets by die Mercato Centrale en moenie die uitkykpunt by Piazzale Michelangelo misloop nie – dit is maar net ʼn paar hoogtepunte in die pragtige ou stad.
Plaassjiek by Keurboomstrand
Nog voordat ons die rooi voordeur oopstoot, verklap die rigtingwyser (ʼn reier van metaal op die spits sinkdak) dat hierdie ʼn annerlike soort plek is
ʼn Kindervriendelike wegbreek in elke provinsie
Daar is niks so lekker soos om die gesin met ’n wegbreek by die see, in die berge of op die plaas te bederf nie, maar dit is nie altyd maklik om die kroos besig te hou wanneer julle met vakansie is nie! Hier is ‘n paar van die lekkerste kindervriendelike wegbreke reg oor die land.
‘Lift’ vlieg Donderdag eerste keer
Bemanningslede word uitgedos in klere van Superbalist, terwyl Vida e Caffè die versnaperinge aan boord sal verskaf.
Brandhout vir die oudag: Kom ons kuier in die mooiste Turkye
In die jongste aflewering uit die reeks podsendings “Brandhout vir die oudag”, vertel toerleier Marius du Plooy vandag vir jou meer oor Turkye.
My gewone vakansiedorp is vol vir die somervakansie. Hoe nou?
Die besprekingskalenders van gewilde vakansiedorpe, veral dié naby die see, bars reeds uit hul nate, terwyl Jan Alleman spaander om verblyf te vind wat sy sak en smaak pas. Hoe dan gemaak as die vakansiedroom wat jy al sedert vlak 5 koester, nie lyk asof dit ’n realiteit gaan word nie? LekkeSlaap.co.za het ’n paar wenke wat kan help.
Carla’s Au Pairs: Die mooiste landskappe en soetste herinneringe met ondersteuning
Carla’s Au Pairs Noordwes gee jou nie net die geleentheid om jou drome te bewaarheid nie, maar ook ʼn belofte dat jy ten alle tye veilig sal wees en ondersteun sal word.