Tereza Troskie-Herbst, die skoonheid wat ’n goeie fee vir ander is

Glans en drama. Dis waarmee mense die skone Tereza Troskie-Herbst (53), wat in 2000 as Mev. Suid-Afrika en in 2002 as Mev. Wêreld (Internasionaal) gekroon is, assosieer. Dit gebeur so dikwels dat mooi vroue op hul baadjies getakseer word. Maar vir hierdie Bloemfonteiner oor wie al jare lank geskryf, geskinder en gegis word, gaan dit oor veel meer as haar voorkoms.