ʼn 37-jarige man, Ruan Hechter, is Sondagaand op ʼn plaas by Saasveld naby George vermoor.
Soekresultate vir: knysna
Knysna se oesterfees is 40 jaar jonk
Dié fees word in die wintervakansie gehou, sodat jy heeldag kan kuier sonder om bekommerd te wees oor skooltye, sportsmiddae of ander verpligtinge, skryf Maryke Roberts.
Grootse poging om beseerde hengelaar uit getypoel te red
Noodreddingsdienste het ure lank gespook om die man uit die gevaarlike, rotsagtige gebied te kry sonder om ook die lewens van reddingswerkers in gevaar te stel.
Dolfynroete: Stap deur die romantiese hart van Tsitsikamma
Ek en Gerrit was nog altyd lief daarvoor om ons stapskoene aan te trek en ons dink die Dolfynroete se mooiheid en moeilikheidsgraad is vergelykbaar met enige dag op die Otter. Wat luuksheid betref, is die Dolfynroete egter enig in sy soort en ʼn ideale manier om ons twintigste huweliksherdenking te vier.
Sonskynreeks goed vir Da Silva
Rudolph Lake gee ʼn samevatting van sommige van die week se groot gholfnuus.
Simola se Saterdag-superhelde …
Saterdag het gesorg vir enorme pret op die Simola-heuwel.
Simola-heuwelren betower
André Bezuidenhout is ʼn naam wat alle Simola-heuwelren-toeskouers al goed ken.
Simola-heuwelren skop af
ʼn Menigte motors sak hierdie naweek weer op Knysna toe in die hoop om as die koning van die Simola-heuwel gekroon te word.
Veldkosversamelaar identifiseer medisinale sampioenspesie
Breyten van der Merwe, tans ʼn BSc-honneursstudent, het in Januarie 2021 tydens ’n staptog in die Knysnabosse op dié sampioen afgekom.
Drywer beboet oor skade aan historiese brug
Die vragmotorbestuurder het in Maart verlede jaar teen ʼn hoekpilaar van die Silwerrivier-brug op die Sewe Passe-pad gebots, maar versuim om dit aan te meld.
Geen ‘doodloopspore’ vir dié raaiseljagter
Wouter Botes is op die spoor van sommige van Suid-Afrika se tergendste geheime. En as ʼn raaisel nie vandag opgelos word nie, glo hy, sal dit môre of oormôre opgelos wees.
Orkas wat 18 haaie dood verken nuwe weivelde
Die laaste bevestigde waarneming van die orka-paar was in Mosselbaai.
Dié SA bestemmings is van die wêreld se gunstelinge
“Ek is hoopvol dat selfs meer besoekers na ons kus gelok sal word.”
Twee vas ná aanval op polisiehoë in Knysna
Die luitenant-kolonel is ernstig beseer in die voorval en is deur ʼn lid van die publiek na ʼn hospitaal geneem. ʼn Video van die voorval is versprei op verskeie sosialemediaplatforms.
Valskermswewer in Buffelsbaai gered
ʼn Valskermswewer is Saterdag in Buffelsbaai naby Knysna in die Wes-Kaap gered.
Kom kuier hier met jou volgende sloertoer deur die Kaap
Hier is ʼn emmerskoplys van die plekke wat jy moet besoek met jou volgende reis deur die Wes-Kaap.
Kom besoek Kaapsehoop
As jy binnekort weer wegbreek uit die stad kan jy gerus die N4-deurpad vat en by Kaapsehoop kom inloer. Jy gaan vir seker jou hart verloor.
Foto’s: Musiek en fietsry in Grootvadersbosch
Grootvadersbosch is los-los die beste woud wes van Knysna se groot boom, vertel Jacques Marais. Hy het onlangs lekker daar gekuier tydens die jaarlikse Silver Mountain-musiekfees en natuurlik het hy oudergewoonte ook sy fiets saamgevat.
Klagte teen burgemeester oor ‘politieke aanstellings’ op Knysna
Die klagte hou verband met agt politieke aanstellings by die munisipaliteit kort nadat die DA in Augustus onttroon is.
Vermiste fietsryer opgespoor
Sy gesin het hom Saterdag omstreeks 14:00 terugverwag, maar hy het nie by die huis opgedaag nie.