Die polisie het ’n byl, twee renosterkarkasse en drie renosterhorings op die plaas aangetref.
Alles vir die sleutelwoord "Renosterstropery"
Stroper skuldig bevind op tientalle aanklagte
Die misdade is in 2018 in die Sandveld-natuurreservaat by Hoopstad gepleeg.
Renosterstropery neem verder af in 2019
Die meeste renosters is weer in die Krugerwildtuin gestroop.
Vermeende renosterstropers in KZN vas
Die polisie het die voertuig deursoek en ʼn geweer, verkyker, ammunisie, ʼn tuisgemaakte knaldemper en selfone gevind.
Twee renosters op wildsplaas gestroop
Twee renosterkarkasse is op ʼn wildsplaas buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo gevind.
Vermeende renosterstroper aangekeer
Vier persone se planne is gefnuik toe hulle vermoedelik renosters by ʼn wildsplaas in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes wou stroop.
Renosterstropers in wildtuin doodgeskiet
Daar was Donderdag twee afsonderlike voorvalle waar veldwagters vermeende renosterstropers voorgekeer het.
‘Stroop’ skenk jongste kontantprys aan honde-eenheid
Bonné de Bod en Susan Scott, die filmmakers van die bekroonde wildlewe‑dokumentêr “Stroop: Journey into the Rhino Horn War”, het besluit om die kontantprys van hulle jongste toekenning aan die veldwagters en honde-eenheid van die Krugerwildtuin te skenk.
Wiesenhof-koffieliefhebbers skenk indirek R1 m. aan renosters
Vir elke cappuccino wat dié kettingwinkels verkoop het, is 60 c in ʼn fonds geplaas.
Nóg ʼn prys vir ‘STROOP’, omgewingsbewuste in dié dokumentêr
Een van die karakters in die film, Karen Trendler, is vereer met die Nick Steele-gedenkprys vir omgewingsbewuste van die jaar. Dit is ook die hoogtepunt van die jaarlikse prysuitdeling.
Gesoekte ‘renosterstropers’ vas
Die mans word betrek by voorvalle wat verlede jaar in Ntambanana en Esikhaleni in KwaZulu-Natal aangemeld is.
Kunstenaar maak werke vir renosterbewaring
Volgens hom is al hierdie werk onkonvensioneel. “Dis rou en sny tot op die been. Hierdie is die verhaal van die werklikheid wat hom daagliks afspeel in die bestaan van hierdie skepsels, en die mense wat hul lewens daaraan wy om hierdie oorlog namens hulle te baklei. Net ons kan hulle help en hul bestaan en oorlewing verseker.”
Wêreldrenosterdag gevier
Die negende Wêreldrenosterdag word Sondag gevier.
Drie vas oor renosterstropery
Drie verdagtes, tussen 31 en 37 jaar oud, is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Peperduur landgoed opgeveil om witrenosters te help red
Behalwe vir groot uitbreidingsmoontlikhede as ʼn nasionale en internasionale toerismebestemming, gaan die koper van Mauricedale-natuurlandgoed ook ʼn sleutelrol speel om die toekoms van die ikoniese witrenoster te verseker – ʼn nalatenskap waarop enige natuurliefhebber trots kan wees.
Foto’s: Voortrekkers sê dankie aan renosterbeskermers
Wildbewaarders van die K9-eenheid in die Krugerwildtuin en die renosterwesietoevlugsoord Care for Wild is onlangs op ’n unieke manier bedank vir die noodsaaklike werk wat hulle doen in die stryd om renosters van algehele uitwissing te red.
Bekroonde renosterdokumentêr op die kleinkassie te sien
Terwyl die Suid-Afrikaanse dokumentêr die wêreld behoorlik stormgeloop het en reeds 23 toekennings op 30 internasionale filmfeeste ontvang het, is STROOP ook boonop nou in twee afdelings van die Jackson Wild Media-toekennings genomineer.
Getal gestroopte renosters neem af
Tegnologie, teenstropery-optrede en die bestuur van renosterbevolkings dra onder meer tot die matige sukses by, het Creecy gesê.
Nuwe tegnologie kan help in stryd teen stropery
As sy bydrae tot hierdie stryd, het Le Roux ’n outomatiese gedragsklassifikasiestelsel wat op die dier gedra word ontwikkel om intydse inligting oor renostergedrag te verskaf en sodoende met teenstropingspogings te help.
Lente Roode: Vir die liefde van diere
Lente Roode is sekerlik een van die bekendste name in dierebewaringskringe, maar sê dié lewe was nooit deel van haar planne nie. “Dit het net oor my pad gekom. En ek is slegs ʼn instrument in die Here se hande.”