Henry Knouwds (16) is op 26 Mei op slag dood nadat ’n motor hom op die N5-hoofweg in Senekal in die Vrystaat getref het. Dit volg nadat hy sonder enige toesig van verpleegpersoneel uit die hospitaal geloop het.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Luister: Barto – van nuweling musikant tot Afrikaanse treffermaker
“Ek sit hier vandag, bevoorreg om te kan sê ek maak voltyds musiek. Dit is die beste gevoel in die wêreld.”
Luister: Liefde blom steeds vir akteur Francois en sy Nykie
“Ek was enkellopend en die vervaardigers het toe gevra of ek nie die sogenaamde ‘bachelor’ wil wees nie. Aanvanklik het ek nee gesê.”
Video: Regering skik met Solidariteit in historiese rasooreenkoms
Solidariteit het vandag ʼn historiese skikking met die regering onderteken wat ‘n streep trek deur die regering se rigiede toepassing van regstellendeaksiemaatreëls in die arbeidsomgewing.
Kyk: Klimaataktiviste ontwrig reeks om As
Engeland se paaltjiewagter Jonny Bairstow het ʼn betoger van die veld af gedra toe klimaataktiviste spel op die eerste dag van die tweede toets in die reeks om die As kortstondig onderbreek het.
Video: Hannes van Wyk steeds ‘net homself’ op Kwêla-bank
Hannes gesels oor “Kwêla” se Sondagaand-tydgleuf, ʼn blinknuwe stel en sy agt jaar lange pad met dié geselsprogram.
Musiekvideo: Augusta druk eie stempel af met haar musiek
“Ek hoop dat die klanke van hierdie album ʼn bietjie dieper by luisteraars sal gaan sit.”
Video: ‘Ons bid vir Hougaard’ – Rassie
“Ek weet nie heeltemal wat fout is nie, maar ek verstaan dit is ʼn moeilike situasie. Ons hoop net sy familie is oukei. Ons bid vir hulle.”
Video: Damian gou weer op die been
“Ons wil nie vir Handré [Pollard] en Damian [Willemse] in ʼn blik druk om reg te wees vir die eerste toets teen Australië nie. Hulle moet heeltemal gesond word sodat hulle gereed is vir die Wêreldbeker.”
Video: Ramaphosa, Europese leiers vergader oor krag, Rusland
“Ek sien jy reis deesdae baie,” het Mark Rutte van Nederland vanoggend aan sy gasheer Cyril Ramaphosa gesê.
Video: Herstel van vertroue tussen publiek en metropolisie
Na aanleiding van die Tshwane-metro se onderneming om korrupte metropolisiebeamptes wat hulle aan kriminele gedrag skuldig maak, vas te vat, is twee beamptes die afgelope naweek in hegtenis geneem terwyl sewe strafregtelik ondersoek word.
Luister: Kaap vanjaar ook in rocker Francois van Coke en vriende se visier
“Ek hoop die mense het al gesien hoe groot die vertoning in Gauteng is en kom ondersteun ons in Kaapstad.”
Luister: Jannie du Toit toer met kitaar
“Die oudste liedjie op die program het ek presies 50 jaar gelede geskryf.”
Video: Strand-gemeenskap snoer kragte saam vir vloedslagoffers
“Daar is nie tyd om te gryp nie. Water is soos vuur, as hy kom, kom hy.”
Oupa se pleidooi: ʼn Lang, gesonde lewe vir kleinseun met hartdefek
“Hy het my en sy pa geleer wat dit werklik beteken om sterk te wees en hoe om met genade en vreugde in jou hart deur die lewe te gaan. Hy is ʼn seën vir almal wat hom ken, veral vir ons. Die liefde wat ek vir hierdie seuntjie het, is onmeetbaar en ek kan nie wag vir al die avonture wat hy nog in sy lewe gaan hê nie.”
#JongStemme: Skep saam hoop vir die toekoms op Jeugdag
Leandry Smith, die junior burgemeester van Tshwane en ʼn leerder aan Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, het ʼn spesiale boodskap vir die jeug opgeneem om Jeugdag te vier.
Video: Willie Spies, skoolhoofde agter tralies vir ʼn dag
ʼn Omroeper, ʼn prokureur en verskeie skoolhoofde het Donderdag agter tralies deurgebring, maar om ál die regte redes.
Musiekvideo: Kragtige Tarryn Lamb-ballade roer hartsnare
“Ek dink die vreesaanjaendste gevoel is wanneer ons iets ervaar wat ons laat voel asof niemand ons kan hoor of verstaan nie.”
Video: TiNo sing liefdeslied by Voortrekkermonument
TiNo het die akkerbome van Stellenbosch vir die Jakarandabome van Pretoria verruil, maar darem net vir een musiekvideo.
Video: Geordin Hill-Wie? Kaapstadse burgemeester vaar strate in
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het die strate van die Moederstad onlangs te voet ingevaar vir ʼn ter plaatse ondersoek om vas te stel presies hoe Kapenaars oor die metro se dienslewering voel.