Volgens Statistieke Suid-Afrika het 16,7 miljoen mense in Suid-Afrika tans werk. Die indiensnemingsyfer is nou weer op dieselfde vlak as voor die verwoestende Covid-19-pandemie.
Finansieskomitee vir voorstel om BTW op sekere kos te skrap
Sou BTW op nog kossoorte geskrap word, sal dit die finansiële druk op huishoudings verlig wat reeds sukkel om kos op die tafel te sit.
Verbruikersake: Soet, suur van tweepot-aftreestelsel
Verbruikers wat ekstra geld nodig het, kon nie wag vir die tweepot-aftreestelsel om in te skop in Maart volgende jaar nie, maar dit is nou met ʼn jaar uitgestel.
Ligloop vir dié slenters op Swart Vrydag
Kenners waarsku verbruikers moet op hul hoede wees en deeglik beplan voordat hulle vanjaar se Swart Vrydag aanpak.
Dis-Chem erken ‘daai brief’ kom hom duur te staan
Die apteekgroep Dis-Chem het vir die eerste keer erken dat die gewraakte brief – waarin ʼn moratorium op die aanstelling en bevordering van wit werkers geplaas word – hom duur te staan gekom het.
Verbruikersake: Vodacom beboet vir oortreding op verbruikerswet
Verbruikers beweer dat Vodacom hul reg ontken het om hulle vaste termynkontrakte te kanselleer deur ʼn kansellasieboete van 75% te hef.
Die tesourie se balanseertoertjie
In ʼn toespraak gekenmerk deur terme soos herprioritisering, aanpassing, identifisering van ondoeltreffendheid en vermorsing, en prioritisering van hervormings, het die ernstige erkenning van die land se fiskale verknorsing soos ʼn paal bo water gestaan.
Boer winsgewend en volhoubaar
Landbouers sukkel ook om binne hul inkomste te leef. Dis onwaarskynlik dat negatiewe ekonomiese omstandighede binnekort gaan verbeter, maar ʼn boer moet ʼn plan maak.
‘Local is lekker’ by nuwe Pta-sentrum
Die aktrise en sakevrou Leandie du Randt is een van vele plaaslike entrepreneurs wat spog met ʼn winkel by dié ontwikkeling in die ooste van Pretoria.
Uiterste klimaat pootjie Italianers se olyfoes
Die verlaging in produksie het egter nie net Sabina geraak nie. Die meeste van die sentrale en noordelike streke van Italië se produksie het afgeneem – die wêreld se naasgrootste produsent van olyfolie.
Kommer oor moontlike afskaf van korting op mediesefondskrediete
Daar is ook sprake dat die belastingkorting voortaan gebruik sal word om die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te help finansier.
Geen plan om Reserwebank se mandaat te wysig – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die parlement verdedig nadat dit tydens die president se laaste parlementêre vraag-en-antwoordsessie van die jaar in twyfel getrek is.
Almal wil ’n huisie in Dubai hê
Seeff se kantoor in Dubai het tydens ʼn onlangse besoek aan Durban verskeie transaksies gesluit en aansienlike belangstelling van Suid-Afrikaanse kopers gelok.
Verval van SA se staatsondernemings blootgelê in verslag aan VN
“In baie gevalle is hierdie ondernemings tans nie in staat om die land se noodsaaklike dienste te lewer nie, maar belastingbetalers moet steeds die swaarste dra aan hierdie mislukte entiteite.”
Minister sê niks van reddingsboei aan Transnet
Godongwana het vanmiddag bevestig dat Eskom R254 miljard se skuldverligting van 2023 ’24 tot 2025 ’26 aan byna 30 munisipaliteite toegestaan het.
Al meer geld uit, al minder in – minister
Minister Enoch Godongwana sê stygende jaarlikse begrotingstekorte het nou ’n vlak bereik waar die regering gemiddeld R553 miljard per jaar oor die mediumtermyn wil leen.
Aartappels, eiers jaag prys van kosmandjie op
Die jongste Household Affordability Index-verslag deur die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group (PMBEJD) wys dat aartappels maand op maand steeds duurder word, terwyl die onlangse tekort aan eiers ook die prys van dié produk laat opskiet het.
Swart Vrydag vanjaar ‘vir noodsaaklikhede, nie luukshede’
Luidens die navorsing gaan vanjaar se omset ná Swart Vrydag altesaam R26,6 miljard wees, met verbruikers wat na verwagting winskopies vir basiese noodsaaklikhede gaan uitsoek.
Ramaphosa: ‘Ons ekonomiese uitdagings is ernstig’
“Soos die minister van finansies opgemerk het, gaan 18c vir elke rand wat die regering aan inkomste invorder om ons nasionale skuld te diens. Dit beteken dat ons nou meer rente op ons nasionale skuld betaal as wat ons vir die polisiemag begroot.”
SA kan nié nog ʼn vakansiedag bekostig
Everest Wealth sê ʼn bykomende openbare vakansiedag sal uiteraard van groot betekenis wees, maar sal die reeds sukkelende ekonomie duur te staan kom.