Sewe mense is in Noordwes in hegtenis geneem vir beweerde intimidasie en afpersing nadat provinsiale staatamptenare glo met die dood gedreig is oor die toekenning van tenders.
Ramaphosa sê SA ‘moeg vir staatsamptenare wat nie werk doen’
“Ons is moeg vir parmantige houdings en staatsamptenare wat arrogant is wanneer mense eis dat hul regte gerespekteer word, dan die vermetelheid het om te sê: ‘As jy nie daarvan hou nie, sleep ons hof toe’,” het Ramaphosa gesê.
Honderde onderwysers skuldig oor lyfstraf
Hoewel lyfstraf jare lank al verbode is in Suid-Afrikaanse skole word dit steeds wederregtelik deur sommige onderwysers toegepas, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, in die parlement gesê.
Jong man op kampus vermoor
Die polisie het gereageer op angsbevange oproepe van inwoners oor ʼn persoon wat deur ʼn skare aangeval word.
Cele: ‘Borgtog is ʼn onding’
“Ons het 57 mense wat op borgtog vrygelaat is wat betrokke was by transitorooftogte. Sodra hulle vrygelaat word, kom hulle bymekaar en beplan nóg ʼn rooftog.”
Afgedankte Jiba eis nie meer pos terug
Sy voer persoonlike redes vir dié besluit aan.
Senior hofamptenaar, vriend vas vir beweerde bedrog
Die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydag in die Mbombela-landdroshof verskyn nadat die Valke haar op verskeie aanklagte in hegtenis geneem het.
Verbod op ondersoekende seekatvangste opgehef
Die verbod sal heringestel word as daar binne die volgende twee maande twee of meer verstrengelingsvoorvalle van suidelike noorkappers of boggelwalvisse plaasvind.
Solidariteit veroordeel private hospitale vir GEMS-lede
Solidariteit sê dit is belaglik dat die staat die lewens en gesondheid van alle Suid-Afrikaanse burgers wil onderwerp aan ʼn stelsel wat hy nie met sy eie gesondheid vertrou nie.
EFF te staan voor groot keuses
Dit lyk asof daar mededinging vir die meeste van die leierskapposisies gaan wees en die stryd in sommige gevalle is reeds hewig en vuil.
Agri SA wys ‘Jongboer’ aan
Die finaliste in die Jongboer- en New Harvest-kompetisie is soos die Springbokke van landbou, het Agri SA dié dinamiese jong boere beskryf.
Ondersoek gevra na gedrag van Netbal SA-president
In ʼn prokureursbrief aan Netbal SA sê AfriForum die bewering teen Molokwane is uiters ernstig en, indien waar, bring dit die goeie naam wat netbal het in gedrang.
Moord op diereliefhebber: vriend in hof
Haar broer, Nardus Snyman, het gesê die gebeure het die familie diep geraak. “Ons vertrou dat geregtigheid sal seëvier.”
Pinetown-sakevrou ses maande ná ontvoering gevind
Sy is tans saam met haar geliefdes en het begin met haar pad na herstel.
Drie kamma-dokters vas
Die drie mense het hulself as mediese praktisyns voorgedoen en pasiënte behandel sonder enige vorm van registrasie.
N1 by De Doorns stééds gesluit
Die N1 by De Doorns in die Wes-Kaap bly gesluit nadat voertuie daar met klippe bestook is.
2 vas vir renosterhorings, leeubene
Twee mans is onderskeidelik in Germiston en Cullinan in Gauteng in hegtenis geneem vir die besit van renosterhorings en leeubene.
Beurtkrag dalk wél Vrydag ingestel
Eskom sê beurtkrag kan moontlik Vrydag ingestel word, maar net as daar geen ander uitweg is nie.
Gautrein hervat alle dienste
Talle gefrustreerde pendelaars het op sosiale media uitgevaar en Gautrein én Eskom voor stok gekry omdat hulle nie betyds by die werk of skool kon kom nie. Ander het hul vlugte verpas.
Senzo Meyiwa-dossier nié ‘vermis’
Die dossier in die Senzo Meyiwa-moordsaak word nie vermis nie en is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).