“Ek is oortuig daarvan dat die minister van polisie, sowel as die nasionale polisiekommissaris bevoeg is om die land se samewerkende benadering tot die bou van ʼn veilige Suid-Afrika te lei.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
OB genader met nuwe inligting oor Phala Phala
“Dit is van kardinale belang dat ons uitpluis wat werklik op 9 Februarie 2020 by Phala Phala gebeur het, en dit alles saamvoeg om te verseker dat president Ramaphosa, soos enige ander Suid-Afrikaner, nie bo die reg verhewe is nie en volle aanspreeklikheid aanvaar.”
Lojaliteit ‘enigste vereiste’ vir kabinetpos
“Die doel was om ʼn kabinet saam te stel wat nie net uit ANC-sikofante bestaan nie, maar eerder mense wat werklik die werk sou kon doen.”
Inkomstediens bevestig ‘omvattende soektog’ lewer geen rekord
Die SAID sê indien die rekord van die verklaring oor die buitelandse valuta wat in Suid-Afrika ingebring is wel later opgespoor word, sal hy dit verskaf indien hy by magte is om dit te doen.
Geen rekord van verklaring van Phala Phala se ‘vuil dollars’
“Die SAID se antwoord beteken dat ons nou weet dat die president van Suid-Afrika vuil dollars, wat onwettig in die land ingebring is, in ʼn rusbank op sy wildplaas weggesteek het,” sê DA-leier John Steenhuisen.
Ramaphosa nou ‘regstreeks betrek’ by ‘verdoesel’ van Eskom-korrupsie
“Dit is duidelik dat die president ʼn volle agt maande lank van die identiteite van die korrupte ministers in sy kabinet geweet het, en dat hy dus nie net vir die nasie gelieg en hul in die steek gelaat het nie, maar homself ernstig benadeel het.”
Ramaphosa kry bloedneus in hoogste hof
“Ramaphosa is nou grondwetlik en polities diep in die moeilikheid.”
Ramaphosa ‘teleurgesteld’ in De Ruyter
Pres. Cyril Ramaphosa sê De Ruyter moes die land se wetstoepassingsowerhede genader het met inligting oor beweerde korrupsie, want dié is “onafhanklik” en “betroubaar”.
Ramaphosa se woorde oor beurtkrag ‘verdraai’
Dís wat pres. Cyril Ramaphosa glo bedoel het toe hy gesê het die regering is nie grondwetlik verplig om Suid-Afrikaners van elektrisiteit te voorsien nie:
Ramaphosa nie té bekommerd oor gryslys
“Ons weet wat ons moet doen om van die gryslys af te kom,” paai pres. Cyril Ramaphosa.
Ramaphosa-termyn ‘rampspoedig’, ‘net rassekaart’ kan ANC red
Opposisiepartye het Dinsdag tydens die debat oor die staatsrede behoorlik onder Ramaphosa ingeklim.
Kabinetskommeling, kragminister ‘kom taamlik gou’
“Suid-Afrika staar ʼn reusekrisis in die gesig, wat beide ekonomiese en maatskaplike stabiliteit bedreig.”
Ramaphosa fokus op krag, water en vervoer
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens sy staatsrede gesê die regering se mees onmiddellike prioriteit is om energiesekerheid te herstel.
Kyk die staatsrede hier
Opposisiepartye het belowe om die aflewering van die staatsrede, wat regstreeks uitgesaai word, te ontwrig.
Steenkoolkragstasies bly vir eers – Ramaphosa
“Daar is geen manier waarop ons kragstasies sommer net so gaan sluit nie.”
Ramaphosa kanselleer Davos-besoek midde kragkrisis
Suid-Afrikaners gaan sedert verlede week onder deurlopende fase 6-beurtkrag gebuk en verbruikersopstand en regsgedinge oor die kragkrisis is aan die broei.
Ramaphosa ‘steeds van plan’ om energiekrisis op te los
Pres. Cyril Ramaphosa betreur die huidige energiesituasie wat die land in fase 6-beurtkrag gedompel het.
Ramaphosa hoor later oor vervolging
Zuma se regspan het aangevoer die nolle prosequi-sertifikaat is van toepassing op “enigiemand wat in die dossier genoem word” en dat die president se naam wel verskeie kere daarin verskyn.
Volbank regters sal Ramaphosa-aansoek aanhoor
Die Jacob Zuma-stigting het oudergewoonte ʼn eier hieroor gelê en op Twitter gesê geen partye het gevra vir ʼn volbank regters nie.
‘Ons soek nie rassiste in SA,’ sê Ramaphosa
Ramaphosa is intussen gekap oor ‘n uitlating wat hy oor wit mense gemaak het.