Vergeet maar vir eers van daardie uitskakelspeletjie wat senuweeagtige deelnemers, ʼn paar stoele en musiek behels; dit is veel interessanter om die avonture van Formule Een se spanbase dop te hou.
Alles vir die sleutelwoord "F1"
Fred moet nou Ferrari se vuur stook
As die nuwe spanhoof het Fred Vasseur gʼn maklike taak wat op hom wag nie: Hy sal moet toesien dat Red Bull se vlerkies geknip word en dat die perd van Ferrari weer op die groot verhoog pronk.
Super Max gee sy spaarvarkie ook vlerke
Lewis Hamilton swaai sedert 2013 die septer op Forbes se lys van hoogsbetaalde F1-renjaers, maar Max Verstappen het hom vanjaar ook in dié resies verbygesteek.
Lewis se ‘annus horribilis’ op die renbaan
Die Britse renjaer kon vir die eerste keer in sy loopbaan nie daarin slaag om heel voor op die wegspringrooster te staan, of ʼn wedren te wen nie.
Rosberg besing Verstappen se lof
“Max het 146 punte meer as enigiemand anders op die jaerspunteleer en dit is beslis een van die beste individuele pogings wat ons waarskynlik ooit sal sien.”
Max eerste in Seb se laaste ren
“Ek gaan F1 baie mis, maar ek weet ook dat daar baie belangriker dinge in die lewe is as om in sirkels rond te jaag,” het Sebastian Vettel ná sy finale wedren gesê.
Haas en Mick se paadjies skei
“Mick het gereeld in sy vennootskap met Haas bewys dat hy oor die nodige potensiaal beskik, maar dit het nie eintlik saak gemaak wat hy doen nie; die span en Guenther Steiner was net nooit tevrede nie.”
Max en Sergio sorg vir renbaansepie
“Dink net – die wêreldkampioen wat vir sy spanmaat opsy staan sodat hy ʼn beter kans het om tweede op die punteleer te eindig. Het Red Bull dinge vooraf bespreek soos wat Max aangevoer het?”
Russell glimlag breed in Brasilië
Sy Mercedes-spanmaat, Lewis Hamilton, het tweede oor die wenstreep gejaag en die span is nou binne trefafstand van Ferrari op die vervaardigerspunteleer.
Lewis: ‘Max kan trots wees’
“Hy het alles gedoen wat van hom verwag word. Hy kan selfs nou die rekords in meer permanente ink langs sy naam skryf as ons of Ferrari hom nie kan keer nie.”
Nóg rekords wink vir Max
Max Verstappen spog reeds vanjaar met die meeste wedrenseges (14) én die meeste punte (416) in ʼn enkele F1-seisoen. Maar soos die Nederlanders sou sê, “nog is het einde niet in zicht”.
Vettel groet met unieke valhelm
Foto’s van F1-ondersteuners kan op Sebastian Vettel se valhelm pryk wanneer hy vir oulaas agter die stuur van sy renmotor in Abu Dhabi klim.
Max-ikaanse Grand Prix ongeëwenaar
Die geruite vlag het nou reeds 14 keer hierdie seisoen vir Max Verstappen geswaai – ʼn nuwe rekord.
Max se neus voor in Mexiko
“Mense het al vir my gesê dat Lewis nie my naam in gesprekke wil gebruik nie. Persoonlik het ek geen probleem met dít wat hy alles al bereik het nie; hy is ongetwyfeld een van die bestes ooit.”
Lewis se spoglopie kan in slag bly
Lewis Hamilton spog met die unieke rekord dat hy sedert sy F1-buiging in 2007 nog elke jaar ten minste een wedren gewen het, maar dit lyk nie of die geskiedenis homself nou weer gaan herhaal nie.
Red Bull net té goed en té vinnig
Max Verstappen het sy 13de wedren van die seisoen gewen toe die geruite vlag vir hom in Austin geswaai is, terwyl Red Bull nou ook die vervaardigerstitel in die sakkie het.
Haas-baas kla oor Mick
“Ek dink Mick Schumacher beskik oor baie potensiaal, maar hy kos ons ʼn fortuin. Hy het al ʼn paar renmotors afgeskryf en ons moet geld uithaal wat ons nie het nie.”
Vettel praat oor uittrede, taaiste teenstanders
“Ek is glad nie opgewonde oor ʼn tiende plek nie omdat ek weet hoe dit voel om eerste te eindig.”
Verstappen gekroon ná drama in Japan
Die uiteindelike wedren het net minder as 40 minute geduur want dis al tyd wat oor was nadat die wedren aanvanklik gestop is oor waterpoele op die Suzuka-baan.
Perez pronk in Singapoer
“Dit was die beste wedren van jou loopbaan,” het ʼn opgewonde Christian Horner oor die Red Bull-spanradio gesê.