Volgens die studie is 38% van Suid-Afrikaners fisiek onaktief, met ʼn vetsugkoers van 28,3%. Suid-Afrika het ook die hoogste aantal gevalle van seksueel oordraagbare siektes per kapita aangeteken.
Alles vir die sleutelwoord "grafika"
Konsultante kos munisipaliteite miljarde
Terwyl miljarde rande aan konsultante betaal is, het die ouditeur-generaal bevind dat die meeste munisipaliteite nie eens hul krediteure betyds kan betaal nie.
Helfte van SA se drinkwater van ‘swak gehalte’
Die departement van water en sanitasie het sy blou- en groendruppel en geen water-verslag bekend gemaak en dit skets ʼn kommerwekkende prentjie van die land se watersituasie.
Motorverkope: Toyota, VW kraai koning
Kyk hier watter voertuie was die topverkopers in Mei.
Comrades: Húlle hou drawwers in veilige hande
Die wêreld se grootste en oudste ultramarathon het ʼn mediese span nodig wat aan die uiteenlopende mediese behoeftes van duisende atlete wat hul fiksheid en uithouvermoë op die proef stel, kan voldoen.
Te veel maand, te min geld: Dís wat SA’ners prysgee
Vir luukses is daar al hoe minder plek in die meeste Suid-Afrikaners se begrotings, maar selfs uitgawes wat eintlik as noodsaaklik beskou word, duik toenemend in die hek. Om sake te vererger, vreet beurtkrag verder aan mense se sakke.
Solidariteit vra groot maatskappye se steun teen omstrede ‘raswet’
Volgens dié vakbond maak maatskappye wat die nuwe Wet op Diensbillikheid gehoorsaam hulle nie net aandadig aan die onreg wat met dié wetgewing gepaard gaan nie, maar ook aan die groeiende krisis in die land.
‘Privatiseer Eskom, of laat ander krag opwek’
Suid-Afrikaners het onlangs hul terugvoer oor Eskom, die stand van die kragkrisis en die regering se aandeel in die voortslepende kragonderbrekings gegee.
Uie, wortels maak kosmandjie steeds duurder
Die gemiddelde prys van ʼn kosmandjie sou inwoners van Johannesburg, Durban, Springbok en Mtubatuba in Mei vanjaar meer as gewoonlik kos, terwyl die prys van ʼn gemiddelde kosmandjie in Kaapstad en Pietermaritzburg gedaal het.
Reserwebank waarsku oor ‘sekondêre sanksies’, beurtkrag
Die Reserwebank voorspel dat die bruto binnelandse produk (BBP) in 2023 met slegs 0,3% gaan groei. Beurtkrag kry hierdie keer die skuld.
Misdaadsyfers: ‘Oorlog in SA en misdadigers wen’
“Verlede jaar is 27 066 mense vermoor. Dit is 2 256 per maand of 76 elke dag. Daar is meer as drie moorde elke uur van die dag en nag in Suid-Afrika.”
Misdaadstatistieke skets wéér donker prentjie
Altesaam 6 289 mense is tussen Januarie en Maart 2023 in die land vermoor, waarvan 1 214 vroue en kinders was.
Wes-Kaap het meeste luukse eiendom; Vrystaat bekostigbaarste
Die jongste statistiek oor Suid-Afrika se eiendomsmark beklemtoon presies hoe groot die verskille tussen provinsies is wanneer dit kom by formele en informele huishoudings en die bekostigbaarheid daarvan.
Meeste beroepslui ten gunste van vierdag-werkweek
Daar is dalk groot steun vir ʼn korter werkweek, maar kenners waarsku dat dit moontlik nie die enigste of beste oplossing vir verbeterde werkerswelstand is nie.
Talle natuurreservate bestaan dalk gou net op papier
Die verslag deur die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) het bevind dat reservate in KwaZulu-Natal dié met die grootste probleme is.
Inflasie op laagste vlak in byna ʼn jaar
Inflasie daal dalk, maar die prys van sommige kosprodukte beteken dit word steeds al hoe moeiliker om ʼn ordentlike bord kos op die tafel te sit.
Kos- en drankverkope in SA vorder fluks
Die bedryf het in Maart vanjaar altesame R6,8 miljard ingevorder, luidens Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers.
77 plaasaanvalle in 90 dae
Luidens die verslag het die meeste aanvalle in Gauteng plaasgevind (19 aanvalle), gevolg deur Noordwes (tien aanvalle), KwaZulu-Natal (tien aanvalle) en die Wes-Kaap (nege aanvalle).
Platsak, maar reg vir beurtkrag
Hoewel beurtkrag in die meeste gevalle nie heeltemal omseil kan word nie, is daar wel ʼn paar items wat Suid-Afrikaners kan aanskaf om die beurtkragpenarie so effe draagliker te maak.
Bevindings oor lees ‘katastrofies’
Die meeste gr. 4-leerders in Suid-Afrika kan nie met begrip lees nie, en dít in ʼn land wat 7% van sy begroting aan onderwys bestee. Wat is dus die plan om dié situasie, wat sommige kenners as katastrofies bestempel, om te keer?