Dit beteken allermins dat die ANC skielik gaan oorslaan na sinvolle ekonomiese beleid in Gauteng – maar dit is ‘n saadjie wat, met politieke stabiliteit en versigtige sorg, dalk mettertyd kan groei en vrugte dra.
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
2 bedank as LP
Dié bedanking met onmiddellike effek kom te midde van versoeke dat dié LP as president van die regerende party se Jeugliga moet uittree om plek te maak vir ’n jonger generasie.
Oudraadslede skuld glo miljoene aan Tshwane‑metro
Verskeie oud‑ANC‑raadslede en senior werknemers van die Tshwane‑metro betaal na bewering al vir jare nie huurgeld vir die munisipale huise wat hulle bewoon nie.
Staat, nasie en kulturele identiteit
’n Uiteenlopende nasie kan nie in ’n eenvormige staat ingedwing word nie. Die staat moet immers die nasie dien, in plaas daarvan dat die nasie die staat moet dien, skryf Flip Buys.
ANC-LP word geïmpliseer in Bosasa-skandaal
Cedric Frolick, Grace Boroto en Madala Mtombela is Donderdag amptelik as voorsitters in die nasionale vergadering verkies, maar nie voor die DA sy eie kandidaat genomineer het nie.
Vrou sterf gedurende gewelddadige protesaksie
Sy was ʼn enkelma en aktief by die ANC se vroue- en jeugliga betrokke.
ANC misbruik munisipale busse, sê DA
Die ANC gebruik gereeld munisipale busse om mense rond te rits nes dit hulle pas, beweer die DA.
ANC gaan voort met aanklag teen Steve
Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, sê ʼn aanklag van crimen injuria sal vandag om 13:00 by die Johannesburg-polisiestasie aanhangig gemaak word.
Is Mabuza ʼn kat of ʼn vlermuis?
Suid-Afrika kan nie bekostig dat die Zuma-geskiedenis herhaal word nie. Wat is Mabuza? ’n Kat, ’n vlermuis of dalk ’n wolf in skaapsklere?
Vrye mark of staat? Die oneindige debat
Die vraag of die vrye mark, die staat of ’n kombinasie van albei die beste is om ekonomiese ewewig en vooruitgang vir almal te verseker, is al eeue oud. Die laaste woord is nog nooit gespreek nie.
Steve: ‘Ek het gereageer soos ʼn burger moet’
Steve Hofmeyr sê sy twiet wat daartoe gelei het dat die ANC klagte teen hom aanhangig gaan maak, was ʼn aanspraak op selfverdediging.
Breinknoper: Hoe groot was die Ramaphosa-faktor in die verkiesing?
Om te probeer vasstel hoe groot die Ramaphoria/Ramaphosa-faktor in verlede maand se verkiesing was, en hoeveel stemme die president dus van opposisiepartye weggeneem het, is ‘n moeilike en dalk onmoontlike breinknoper, maar kom ons probeer – as die begin van ‘n gesprek, skryf Jan-Jan Joubert.
Dít maak plaasaanvalle anders
Ek wens dikwels politieke kommentators en die veiligheidsministers, of die president self, wil net één maal saamgaan na so ’n plaasmoordtoneel. Hulle moet dit ruik en sien. Eers dán is hulle gekwalifiseerd om oor die ooreenkomste en verskille tussen plaasmoorde en ander misdaad te praat.
Stryd in ANC vertraag werksaamhede in parlement
Binnegevegte in die ANC vertraag tans die aanstelling van parlementêre portefeuljekomitee-voorsitters en as sulks die behoorlike funksionering van die parlement.
Nuwe LP’s aangekondig om vakante poste te vul
Die lede sal op 18 Junie om 15:00 in die parlement beëdig word.
Dlamini se bedankingsbrief gee blik op ANC-skeuringe
Dlamini se galbraak het ons net herinner met watter ANC-monsters ons hier te doen het; een wat die ekonomie stelselmatig wil vernietig; die ander een wat nie skroom om dit met opset en groot skouspelagtigheid te doen nie.
Wie se plig is dit?
Die werklikheid is, terwyl ons vir “hulle” sit en wag om die omstandighede te verander, wag die omstandighede vir “ons” om dit te verander.
Inkatha vat ANC-wyk af in tussenverkiesing
Die Inkatha Vryheidsparty het ‘n ANC-wyk, wat die duikoord St Lucia insluit, net-net in ‘n naelbytstryd by die ANC afgeneem nadat die DA nie ‘n kandidaat gestel het nie.
Rand nou uiters kwesbaar vir negatiewe nuus
Die rand is onder druk weens verskeie faktore en die kanse is goed dat die geldeenheid verder ontwrig kan word.
Die ANC se magstryd en minderhede
Ramaphosa se geveg om die onbetwiste baas in die ANC te word, is steeds nie verby is nie.Wat beteken dit vir die minderhede? Leopold Scholtz skryf meer hieroor.