Dit kom nadat die Valke einde verlede maand ʼn negende verdagte in hegtenis geneem het vir beweerde betrokkenheid by die VBS-bankskandaal.
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
ANC-raadslid doodgeskiet in KZN
Dit is die tweede ANC-raadslid wat binne die afgelope twee maande in KZN vermoor is.
Watter soort ‘Black Lives Matter’-druk kan SA uit VSA verwag?
Suid-Afrikaners, wit en swart, moet leer dat onewehandigheid self rassisties is, en dit laat die land verder sink in die moeras as die regering self die ongelykheid amptelik steun. Wat die kroon span, is uiteraard dat ons eie Menseregtekommissie die voorbok is, skryf Herman Toerien.
ANC-spanning: Het Ramaphosa dalk ’n plan?
Nadat Ramaphosa op nasionale media aangekondig het dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte opgehef sal word, het Dlamini-Zuma later die week daardie besluit teruggetrek. ’n Besluit wat Dlamini-Zuma later duur sou kos.
Die ANC het raad vir Amerika – maar wie het raad vir ons?
Dit is nie duidelik watter raad die ANC in gedagte het nie – en waarom die ANC sover versuim het om daarmee Suid-Afrikaanse rassespanning op te klaar nie, skryf Daniël du Plessis.
ANC-burgemeester in sop oor ‘nasionalisering-twiet’
“Geen siening of idee wat die ineenstorting van die ekonomie steun, is ʼn beleidsposisie van die ANC nie.”
Sprake van korrupsie by staatsdrukker
Die waarnemende uitvoerende hoof van die staatsdrukker word in korrupsie en wanadministrasie geïmpliseer.
‘Covid-19 gaan einde van ANC beteken’ – SAIRV
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) voorspel dat die regerende party binne die volgende dekade onttroon sal word.
Die ANC en die koronasepter
Ramaphosa sal moet fyn trap as hy president van die land en leier van die ANC wil bly, skryf Leopold Scholtz.
ANC-raadslid geskors ná verkragtingsklag
ʼn Aanklag van statutêre verkragting is verlede week by die polisie in Klerksdorp aanhangig gemaak.
Covid-19: Raskriteria-saak Dinsdag in hof aangehoor
Solidariteit en AfriForum sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof bymekaar kom oor die departement van toerisme se besluit om ras as kriterium vir die toekenning van hulp, tydens die Covid-19-krisis, te gebruik.
ANC, MRK bekommerd oor Afrikane in China
Die ANC doen ’n beroep op die Kommunistiese Party van China om ondersoek in te stel na berigte van beweerde diskriminasie en mishandeling van Afrikane in China.
ANC-raadslid in hof ná sy glo partytjie hou
Tebogo Mamorobela het intussen versoek om verlof te neem van haar pligte as lid van Brand South Africa se raad van trustees.
ANC-raadslid in sop oor sy glo partytjie hou
Die betrokke raadslid is ook ʼn lid van die raad van trustees van Brand South Africa, wat deur die regering befonds word en ten doel het om die land se beeld te bevorder.
Oud-hoofbestuurder van die ANC sterf
Die ANC het Woensdag die afsterwe van Ignatius Jacobs, die voormalige algemene bestuurder van die party by Luthuli-huis, betreur.
Klerksdorp dok miljoene op vir ANC-raadslede se tydelike verblyf
Die Matlosana-munisipaliteit in Klerksdorp, Noordwes, huisves dié raadslede al langer as ses maande.
Tshwane-magspel: Hier’s wat voorlê vir die metro
Indien die partye nie tot ʼn vergelyk kan kom nie, sal die stadsraad ontbind word.
ANC-LP gekaap, gyselaar geneem
Judith Shabalala is veilig tuis nadat haar voertuig Saterdagaand gekaap is.
ANC moet Kaapstad derduisende betaal oor plakkate
Die regerende party is die enigste party wat nié hul plakkate ná die verkiesing verwyder het nie.
’n Volk red homself
Terwyl pres. Cyril Ramaphosa nóg ’n onbesielende staatsrede vol gemeenplase en niksseggende maatreëls vir swart armoede gelewer het, en die staat as oplossing vir werkloosheid en armoede voorgehou het, het ek begin nadink oor wat Afrikaners en hul politieke en sakeleiers in die 20ste eeu gesê en gedoen het.