Ná agt albums en jare as aanbiddingsleier, sing op kampe en ook in kerke, het Franna Benadé ’n nuwe lied in sy hart én album op die rak. ʼn Splinternuwe seisoen op die randjie van sestig waarin God se goeie nuus gehoor móét word.
Alles deur die skrywer Dawid Brand
Video: Kragtige kykers vir kiekies én klets
Danksy die brilhandelsmerk Ray-Ban en Facebook is die dae binnekort verby wat jy vir jou foon moet vroetel om ’n vinnige foto te kan neem.
Wat blom in Apple se boord?
Die iPhone 13 sal na verwagting die ster van die dag wees en kom minder as ’n jaar nadat die iPhone 12 in Oktober verlede jaar bekendgestel is en in Desember in Suid-Afrika geland het.
Niere is vuisgrootte verbete vegters
Hulle is dalk net vuisgrootte, maar die niere is die fantastiese filters wat verseker dat afvalstowwe uit ons bloed verwyder en uitgeskei word.
Sigaretsluikhandel geen twakstorie
Dié studie het bevind dat tot 90% van alle onwettige sigarette in Suid-Afrika vervaardig word en dat jy ’n pakkie sigarette vir so min soos R6 kan opraap.
Apple gee (bietjie) bes oor apps
Ná ’n jarelange struweling tussen app-ontwikkelaars en Apple oor die tegnologiereus se kommissieheffing vir in-app-aankope, het Apple die afgelope week ’n klein bietjie skiet gegee.
Video: Vlieënde verligting vir verkeersknope
Is dit ’n kar of ’n komeet? Nee, dis ’n kapsule, oftewel uSky Transport se vlieënde vervoermiddel wat beloof om binnekort verligting vir vlugflouheid én verkeerskopsere in verskeie lande te bring.
Volk(sie)besit: 70 jaar later
Daar is min motorvervaardigers wat daarmee kan spog dat hulle enersyds volksbesit geword en andersyds midde-in ’n wêreldwye pandemie woema opgetel het.
Pyn by pomp duur voort
Boere en bestuurders van dieselvoertuie sal tussen 14c en 15c per liter minder opdok, maar petrolkoppe is nie so gelukkig nie en gaan ’n nuwe rekordbedrag betaal.
Perdfris met pynappels
Ofskoon dié stekelrige vrug ’n pyn is om te skil, is dit propvol vitamiene en vesel, en bevat geen vet nie.
Drie grotes binnekort terug in die lug
Daar lê ongetwyfeld ’n opwindende tydperk vir die sektor voor soos die ander lugdienste van die krukkelys af terugkeer. Maar die speelveld is allermins gelyk.
Apple kóók in Cook-dekade
Die 61-jarige Cook het onlangs gesê hy beplan nie noodwendig om nog tien jaar by Apple te wees nie, maar opwindende dinge lê voor. Dit sluit in ’n Apple-motor, ’n versterkterealiteit-bril (augmented reality) wat binne ’n jaar of twee sy verskyning kan maak, sy eie mikroskyfie en die mikpunt om teen 2030 koolstofneutraal sake te doen.
Jou gesondheid het ’n appeltjie te skil
Hier is sewe sappige argumente vir die voordele daarvan om appels te eet.
Huurdeposito: Betaal met bitcoin
Bitcoin se waarde het die afgelope jaar drasties gestyg. ’n Bitcoin het op 17 Augustus 2020 sowat $12 000 gekos en het teen publikasie rondom die vlak van $46 000 verhandel. Ethereum het in dieselfde tydperk ook blink vertoon en van sowat $400 tot meer as $3 100 opgeskiet.
Dié smulpaap behoorlik ingeburger
Nie net bêre hy elke burger se boksie nie, maar hou noukeurig op ’n kalender rekord van hoeveel burgers hy op watter dag geëet het, kompleet met vyf dekades se kasregisterstrokies.
Slaaphigiëne: Skakel af en slaap
’n Kommerwekkende aantal mense sukkel sedert die eerste inperking in 2020 met slaapversteurings. Toenemende isolasie verhoog die voorkoms van depressie en angs, en voorskrifte vir slaapmedikasie het volgens navorsing met soveel as 20% toegeneem.
Hou dié selfoon-Dawid dop
Hy’s allermins ’n nuwe speler in die selfoonspan, maar die Chinese groep Xiaomi, wys nou hakskene vir markgoliats Samsung en Apple.
Charles en Diana: Dít vat die koek!
Hoewel dié sny troukoek dalk vir 40 jaar bewaar gebly het, het die koninklike egpaar se paadjies ná net 11 jaar in 1992 geskei en hulle is in 1996, ’n jaar voor Diana se tragiese dood in ’n Paryse tonnel, amptelik geskei.
App-gedrewe bank open digitale deure
Jy kan egter nie vir krediet by Bank Zero aanklop nie. Volgens die bank is daar ’n ooraanbod van krediet in Suid-Afrika en wil hy deur innovering eerder die kredietlas van sy kliënte verminder.
Gaan gerus generies
Generiese medisyne kom dalk in ander kleure, vorms en verpakking, maar wees gerus: dit voldoen aan streng standaarde en toetse wat verseker dat dit net so veilig en doeltreffend as hul handelsnaamgelyke is.