ʼn Nuwe politieke era lê voor waarin die politiek uiteindelik die fragmentering van Suid-Afrikaanse burgers op grondvlak weerspieël.
‘Ramaforie’ toe eintlik groot flop
Pres. Cyril Ramaphosa is meer gewild as sy politieke party. Maar dit is kwalik ʼn prestasie, sê politieke kenners oor die groot hoop wat miljoene Suid-Afrikaners aanvanklik in die president gehad het.
Kerkstraatbom: 40 jaar later talm die reuk van bloed steeds
“Ek onthou die rooi vuurbal en bol rook wat in die lug opgetrek het. Dit het gevoel asof alles in ʼn breukdeel van ʼn oomblik voor my afgespeel het, asof tyd stilgestaan het.”
Talle natuurreservate bestaan dalk gou net op papier
Die verslag deur die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) het bevind dat reservate in KwaZulu-Natal dié met die grootste probleme is.
Regering opnuut gekap oor omstrede kopieregwetgewing
“Dit kom neer op ʼn vorm van onteiening sonder vergoeding en dit kan die media- en verwante bedrywe vernietig.”
Raskwotas: 2 uit 3 wittes gaan moet waai
Twee uit drie wit werknemers in die boonste vier posvlakke gaan hul poste binne die volgende vyf jaar moet ontruim om die regering se sektorale rasteikens te haal, dui ‘n voorlopige verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) aan.
Hoër- én laerskole sukkel om damprook onder beheer te kry
Botha sê die jongste kind wat dissiplinêr vir damprook verhoor is, was maar in graad 2.
Truth to Power: Geheime skuil agter De Ruyter-boek
De Ruyter se boek is deur al die prosesse onder die skuilnaam ‘Moonlight’ voordat dit op die rak verskyn het. Die uitgewer Penguin Random House Suid-Afrika vertel hoe hulle dit reggekry het om dié onthullende boek geheim te hou tot dit winkelrakke getref het.
Hoe lyk Mej. SA se toekoms ná Mej. Wêreld-lisensie debakel?
Die Mej. SA-organisasie het onlangs bevestig dat hul paadjies gaan skei met die gesogte Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie omdat hul waardes nie meer met dié van Mej. Wêreld strook nie.
Rasteikens ‘onsinnig’ en ‘absurd’
Kenners waarsku dat die voorgestelde rasteikens ʼn poging is om verdere staatsbeheer oor die ekonomie te verkry en kan beteken dat kleiner ondernemings later weinig sê sal hê in wie hulle mag aanstel.
Verslag: Suid-Afrika vanaf ‘wonderkind na wrakstuk’
“Brigety wat verbatim aanhaal uit ANC-beleidskonferensiedokumente wat teen die VSA uitvaar, dui op ʼn besliste skuif in die VSA se hantering van Suid-Afrika se regering.”
Besit self Paul Krugerhuis vir (net) R214 miljoen
Die Krugerhuis in Switserland, waar oudpres. Paul Kruger gesterf het, soek ʼn nuwe koper. En benewens ʼn asemrowende uitsig en luuksheid, kom die villa ook met ʼn interessante geskiedenis.
Weste het ANC se ‘ideologiese hard(koppig)heid onderskat’
“Die Suid-Afrikaanse regering was eintlik vir die eerste keer in jare verplig om kant te kies en uiteindelik het ideologie die groter rol as ekonomie gespeel.”
Monargieë in ʼn moderne wêreld
Kenners is dit nie eens dat koning Charles III se bestyging van die troon baie vertroue inboesem vir die voortbestaan van die Britse monargie, en ander monargieë wêreldwyd, nie.
Lesufi se misdaadvegters ‘goeie gedagte’, maar waarskynlik gedoem
Polisieringskenners is nie oortuig daarvan dat Gauteng se 6 000 nuwe misdaadbestryders Gautengers se veiligheid kan verseker nie. Hulle is inteendeel bekommerd oor die bestryders se veiligheid.
Video: Sywurmplaas gedy in Laeveld
Dié plaas is sowat 23 km buite Graskop en word al die afgelope 20 jaar deur die eienaar, Ronel Swart, wat ʼn sywurmboer in murg en been is, bestuur.
Onthoring van renosters die geheim
Die tempo waarteen renosters in die Krugerwildtuin gestroop word, is beslis aan die afneem. Maroela Media het gaan uitvind wat die wenresep is.
Gemengde reaksie oor voorgestelde koalisie-pakt
John Steenhuisen, DA-leier, het aangekondig dat dié party ʼn proses van stapel gestuur het om ʼn pakt te vorm met enersdenkende groepe om die ANC te ontsetel en die EFF uit die regering te hou. Só reageer sommige politieke partye op dié uitnodiging.
Dieselfde psalmboek nodig om opposisie te verenig
Wanneer kiesers nie “een van hul eie” in ʼn politieke party se leierskapstruktuur sien nie, kan dit hulle dalk afskrik om hul steun aan ʼn party te gee. Veel meer kwessies speel egter ʼn rol as net die gesigte op ʼn verkiesingsplakkaat, sê kenners.
‘Die regering se krag is op, maar ons sʼn nie’
“Die privaatsektor is gereed om die probleem op te los, die regering moet nou net bykom óf opsystaan.”