Sal voedseletikette wat uitroep ʼn produk bevat te veel sout of suiker of kunsmatige versoeters jou keer om hierdie produkte van die rak af te haal? Ons sal nog moet sien. Ina Opperman het gaan kyk na die konsepveranderinge.
Mense hardloop vir borskankerbewustheid
Flukse drawwers – oud, jonk, man en vrou – het vroeër vandeesmaand byeengekom om bewustheid oor borskanker en borsprosteses te skep.
Luister: ‘Genade, gebede dra my’ sê Candy Benson ná gesondheidstryd
Soos die blondekop sangeres Candy Benson nou borrelend voor ʼn mens sit en gesels, sal jy skaars kan glo dat sy twee jaar tevore by die dood omgedraai het en sedertdien verskeie storms moes trotseer.
Foto’s: Dié gouejariges nou kannabissnoeiers
’n Handjievol afgetredenes het vandag opnuut die werksmag betree – dié keer om die waters van kannabissnoeiwerk te toets.
Kiara (18) verloor gesondheidstryd
Kiara Rossouw, die Fanconi se sindroom-lyer wat harte landwyd aangegryp het met haar merkwaardige gesondheidsverhaal, is Woensdag oorlede.
Verbruikersake: Keer dat stygende koste van gesondheidsorg jou kelder
As jy een van die 16 uit elke 100 Suid-Afrikaners is wat aan ʼn mediese fonds behoort, sal jy weet dat die koste van private gesondheidsorg vinnig styg. Daarom is dit van kritieke belang om die voordele waarop jy geregtig is te verstaan, sodat jy die meeste uit jou mediese fonds kan put.
Só raak orgaanoorplasings pasiënte se geld én gemoed
“Ten spyte van al die kostes, beteken die lewensgehalte wat orgaanoorplanting bied, dat pasiënte bereid is om enigiets te doen om ʼn skenker te vind. Daar is geen koste groter as die koste van jou lewe nie.”
Vrugbaarheid ʼn stille stryd ná kankerdiagnose
“Teen alle verwagtinge in, is ons gebede beantwoord en word ons geseën met die kosbaarste geskenk.”
Hoe kies ouers die korrekte tipe koordbloedstamselbank?
Die keuses wat ouers moet maak voor en ná geboorte van hul baba kan langtermyn gevolge inhou vir hul toekomstige gesondheid. Deesdae is een van die besluite die storing van koordbloed en -weefsel van hul pasgebore baba by geboorte.
Gesondheidsorgstelsel laat ma’s, babas in steek
Altesaam 909 babas is die afgelope drie jaar in Gauteng weens ʼn tekort aan neonatale waakeenhede (NICU), onvoldoende infeksiebeheer, wanbestuur en hipotermie dood.
Wys winterallergieë wie is baas
Jy mag dalk dink dat somerhooikoors iets van die verlede is, maar winterallergieë is beslis ʼn ongesiene werklikheid wat talle mense in die koue wintermaande in die gesig staar.
Wat kos dit om koordbloedstamselle te bank?
Baie mense dink dat die berging van koordbloedstamselle duur is. As mens egter die langtermyn koste oorweeg teenoor die ongelooflike voordele wat stamselle in die toekoms mag inhou, is dit ʼn bekostigbare oefening.
Van teater na tennistriomf met hartoorplanting vir 18-jarige
Pedro se hele lewensuitkyk het ná die oorplanting verander. “Dié tweede kans was vir my ʼn bevestiging dat die Here ʼn besliste en bepaalde doel met my lewe het.”
Eerste staatshospitaal in Afrika met steeklose klepvervanging
Charlotte Maxeke- Akademiese Hospitaal in Johannesburg het mediese geskiedenis gemaak.
10 redes om koordbloed en -weefselstamselle vir jou baba te stoor
Hier is 10 redes om stamselstoring van jul baba se stamselle te oorweeg.
Hoe bou ’n mens jou immuniteit?
Toegegee, vitamines is belangrik vir ʼn gesonde immuniteit, maar om slegs te fokus op aanvullings, is soos om jou motorenjin vol olie te hou terwyl die res agterweë gelaat word.
Die roumelk-risiko: Vra die regte vrae
Roumelk mag slegs verkoop word in munisipale distrikte waar die owerhede by die departement van gesondheid aansoek gedoen het en oor die vermoëns beskik om roumelkfasiliteite gereeld te inspekteer.
Voordele om baba se koordbloed en weefselstamselle te ‘bank’
[promosie] Meer as 4 miljoen gesinne wêreldwyd het al gekies om hul baba se toekomstige gesondheid te beskerm deur koordbloed en -weefsel te stoor.
Lessenaar-oefeninge kan jou gesond hou
Mense wat in ʼn kantoor werk, sit soms 14 uur lank per dag. Eenvoudige oefeninge elke uur kan jou gesondheid beduidend verbeter.
Kansa-tee vanjaar gevier met denim, diamante
“Ons is so opgewonde om vir individue die geleentheid te bied om saam te kom kuier vir ʼn betekenisvolle doel.”